Vrydag 25 Mei 2018

Jesus is die beste voorbeeld van vriendskap

Jesus is die beste voorbeeld van vriendskap

Johannes 15:13

Die beste bewys van liefde is wanneer iemand vir sy vriende sterf sodat sy vriende kan lewe.

Ons sien dit altyd in die flieks – een persoon spring voor hulle vriend in net soos wat die koeël hulle sou tref. Dit word selfs in die media voorgehou as die beste manier om jou liefde vir iemand te wys: om jouself op te offer vir hulle lewe.

In die teks is Jesus besig om vir Sy dissipels te leer dat hulle mekaar moet liefhê – net soos wat Hy vir hulle liefhet. Hulle het dit nog nie geweet nie, maar Jesus sou Sy lewe vir hulle en vir ons op die ou end opgee. Jesus se dood aan die kruis beteken dat ons in die vryheid van God kan lewe.

Is dit vir ons moontlik om ons vriende so baie lief te hê? Ek dink nie ons almal sal daardie vraag eerlik met ‘ja’ kan antwoord nie. Jesus bewys Sy liefde vir ons sonder om enigiets terug te verwag. Kom ons leer van Sy liefde en wys dit aan die mense om ons – so word ons net beter vriende met ander.

Jesus is die beste voorbeeld van vriendskap.

Gebed: Here, dankie dat U vir my so lief is dat U Jesus gestuur het om met my U liefde te deel. Help my asseblief om die liefde wat U eerste aan my bewys het ook aan ander te wys en so ook ʼn goeie vriend vir ander te wees… Amen.

Uitdaging: Lees oor die naweek die hele deeltjie waar Jesus met sy dissipels praat oor liefde – Johannes 15:12-17

Woensdag 23 Mei 2018

Goeie vriendskappe is beter as populariteit

Goeie vriendskappe is beter as populariteit

Spreuke 18:24

Daar is party vriende wat net praat
maar wat niks help nie,
maar ’n vriend kan vir jou meer lief wees as ’n broer.

Hierdie week se padkos stukkies gaan oor vriendskap. Hoeveel vriende is daar in jou lewe wat jy regtig ‘n nabye vriend kan noem? Ons almal het verskillende vriendskappe, maar gaan net na jou sosiale media en jy kan verlore raak in ‘n see van gesigte wat jy nie regtig so goed ken nie.

Vandag se vers sê dat terwyl ons dalk baie vriende mag hê, is daar wel vriende daar buite wat nie die beste vir jou in gedagte het nie. Hulle sê dalk baie dat hulle hou van wie jy is, maar partykeer leef hulle dit nie uit in die manier wat hulle jou hanteer nie.

Terwyl daar baie vriendskappe is wat oppervlakkig is, is daar ook vriendskappe wat diep wortels het, die skrywer van hierdie sê-ding uit Spreuke vertel vir ons dat diep en betekenisvolle vriendskappe heelwat meer werd is as om populêr te wees en net oppervlakkige vriendskappe te bou.

Goeie vriendskappe is beter as populariteit.

Gebed: Here, dankie dat U vir my vriende in my lewe gee wat net so naby voel soos familie. Here help my asseblief om nie net honderde vriende te hê nie, maar ook vriendskappe wat goed is en gewortel is in U liefde. Dankie dat U ook vir my ʼn vriend noem… Amen.

Uitdaging: Maak die week ʼn punt daarvan om vir jou nabye vriende te wys wat hulle vir jou beteken – een van die maklikste maniere is om net goeie tyd saam met hulle te spandeer – en dit kos jou niks nie.

Ware vriende help mekaar op

Ware vriende help mekaar op

Prediker 4:9-10

Dit is beter wanneer twee mense saam is, dit is beter as om alleen te wees. Wanneer twee mense saam hard werk, dan kan hulle ’n groter beloning kry, want as een van hulle val, dan kan die ander een hom optel. Maar dit sal sleg gaan met iemand wanneer hy val en daar is niemand om hom op te tel nie.

Wie van julle het al deur ‘n moeilike tyd gegaan waardeur ‘n vriend jou gehelp het? Ons lewens is vol van tye wat dinge hier en daar skeefloop, maar ons hoef nie hierdie tye alleen aan te durf nie. Van die betekenisvolste tye in ons lewens is wanneer ons vriende uithelp en hulle ons uithelp.

Ons word in hierdie vers vertel dat goeie vriendskappe dinge is wat ons moet najaag. Dis soveel beter om te kan afpak by ʼn goeie vriend as om vriende te hê wat jou ignoreer sodra jy jou issues met hulle deel. Ons is gemaak om nie alleen te staan nie, maar om mekaar op te bou.

Ons moet dus konstant bereid wees om ware vriendskappe te kweek: vriendskappe wat beteken dat ons nooit alleen hoef te staan nie. Wanneer ons sukkel, help ons ons vriende en wanneer hulle sukkel, het ons geleentheid om Jesus se liefde te wys om hulle weer op te help.

Ware vriende help mekaar op.

Gebed: Here, dankie dat U altyd daar is vir my. Ek glo dat U soveel liefde aan my gegee het en daarom kan ek die liefde deel met ander. Wys vir my asseblief waar ek my vriende kan help en maak asseblief my goeie vriendskappe sterker sodat dit U liefde uitstraal aan ander… Amen.

Uitdaging: Praat met jou nabye vriende die week. Hoor by hulle of daar iets is waarmee jy hulle kan bystaan, of vra hulle om jou op te help as jy seergekry het.

Passie om te vertel, al hang ’n swaard

Passie om te vertel, al hang ’n swaard

Ek sien op Facebook ’n film van hoe al die dissipels dood is.

Petrus was onderstebo gekruisig.

Andrias en Filippus is ook gekruisig.

Tomas en Matteus is met ’n spies doodgesteek.

Lukas is gehang.

Markus is dood nadat hy deur perde deur die strate gesleep is.

Johannes is in olie gekook, maar het dit oorleef. Hy is die enigste dissipel wat in vrede gesterf het.

Jakobus is van die tempelmuur gegooi, maar het dit oorleef. Hy is egter met knuppels doodgeslaan.

Bartolomeus is gemartel en tot die dood gegesel.

Mattias is óf gestenig, gekruisig óf onthoof.

Paulus se kop is op ’n skinkbord vir Koning Nero se dogter gebring.

Om te sê dit was rof in daardie tye, is ligtelik gestel! Almal is gemartel. Almal behalwe Johannes het dit oorleef. Terwyl Andreas aan ’n kruis gehang het, het hy nog vir twee dae aangehou om die Evangelie te bring. Elkeen was bereid om alles, selfs hulle lewe, vir hulle roeping op te offer.

Hierdie passie kom keer op keer in Paulus se woorde na vore: 10In dieselfde asem bid ek nog die hele tyd baie ernstig dat God dit vir my moontlik sal maak om weer daar by julle uit te kom. Ek wil julle baie graag weer sien. Ek moet julle geloof nog sterker maak sodat daar niks in julle geestelike toerusting sal ontbreek nie.

Paulus weet dit is nie veilig daar buite nie. Hy sit mos in die tronk juis omdat hy nie wil stilbly nie, maar steeds smag hy daarna om weer by sy jong Christen-broers en -susters uit te kom. Hy móét na hulle toe gaan, want hy wil hulle nóg meer toerus sodat hulle nie deur die vyand van die pad gelok kan word nie. Niks sal hom keer nie. Nie eers die swaard wat die heeltyd langs die pad bo sy kop bly hang nie.

Watter groot voorbeeld is hy nie vir ons nie. Kom ons wees eerlik: Min van ons stap heeltemal in dié manne se skoene. Min van ons het ’n passie vir ander se geloof of selfs die feit dat hulle ’n gebrek aan geloof het. Dit skeel ons soms min hoe ’n ander man glo of nie glo nie…

Dit is vir ons so maklik om in ons karre te klim en te ry na iemand wat ons nodig het. Ag, ons hoef nie eens moeite te maak nie. Eintlik net daar waar ons elke dag met ander in aanraking kom, is daar die een geleentheid na die ander om iemand by die hand te neem en te help om hulle geloof te versterk.

Ek wonder wat sou gebeur het as die twaalf ouens te bang was om die Evangelie uit te dra. Wat sou gebeur het as hulle nie bereid was om vir hulle roeping te sterf nie? Sou God se Koninkryk vandag net so groot gewees het sodat ons ook daarin kon deel?

God, gee ons krag en moed om nie skaam te wees vir die Evangelie nie. Mag ons nageslag die vrugte van ons getuienis pluk.

Teks

1 Tessalonisense 3:6-11

Om oor na te dink

Hoe groot is jou passie?

Is jy bereid om alles op te gee?

Al kos dit jou lewe?

Gebed

Vader, gee vir ons die moed om mekaar te bemoedig en te help om geestelik sterk te word. Help ons om waardig te wees vir dit waartoe U ons geroep het. Amen.

Jou geloof versterk ook ander

Jou geloof versterk ook ander

Die lewe is nie maanskyn en rose nie. Dit ervaar ons almal amper elke dag aan ons lywe.

Waaraan hou die pa en ma vas terwyl hulle vier maande oue baba net nie meer daar in sy wiegie lê nie? Hulle huis het inmekaar geval.

Ek het lank daar aan die kombuistafel by hulle gesit en al die vrae gehoor. Die een na die ander het sommer so uitgerol sonder dat daar gedink is.

“Hoekom, God? Hoekom hy en nie my Ma wat al amper ’n dekade Alzheimer het en my glad nie meer herken nie? Hoekom, nadat ons opgegee het om nog ’n baba te kry, kom gee U en dan neem U weer 4 maande later? Het ek iets verkeerd gedoen? Straf U? Kon U nie eerder maar vir my kom haal het nie?”

Ja, Here! O, die pyn!

Met geen rus nie.

En ek besef dat ek geen antwoorde het op al hulle vrae nie. Ek besef dat niks wat enige iemand kan sê, hulle pyn gaan minder maak nie.

Al wat oorbly is geloof in God. Dit is al waaraan ’n mens kan bly vasklou. Niks anders nie. Selfs deur die nie verstaan van God se wandel en weë, is die geloof in die onverstaanbare God al waaraan ons kan vashou. Daarom sê ek, nee, skréé ek dit uit: Here, ek verstaan niks, maar ek hou vas aan my geloof in U. Here, ek sien nie nou ’n toekoms nie, maar ek hou vas aan my geloof dat U op een of ander manier rus, vrede, vertroosting en berusting gaan bring.

Dit is wat die jong Christene gedoen het in Tessalonika. Die mense rondom hulle het hulle gas gegee. Hulle lewe was in gevaar. Hulle is uit hulle families geskop. Dit het vir hulle ook gevoel asof hierdie nuwe Jesus se stories nie waar is nie, want kyk waar sit hulle nou.

Dit is nie maklik nie en eintlik was hulle nou baie slegter af as voorheen. Tog, op een of ander manier, bly hulle vasklou aan hulle geloof in God. Dit dra hulle deur elke dag se geswoeg en gesleep. Vrede en vreugde sal weer kom, maar vir nou glo hulle eers net aan God.

So hoor Paulus via Timoteus: 6Maar toe Timoteus daar van julle af terugkom, het hy goeie nuus vir my gehad. Hy het kom vertel dat julle vertroue in die Here sterk is en dat julle vir mekaar lief is.

Miskien moet ek en jy dit ook probeer as ons eers weer die grondpad geslaan het. Glo in God. Hou vas aan Sy beloftes.

En dan, op ’n manier, gebruik die Heilige Gees hierdie vasklou van ons om in ander mense se lewens ’n verskil te maak.

Weet jy dat God vir jou, ja, vir jou tussen al die seerkry wil gebruik om iets vir ander te beteken? Selfs daar waar jy swaarkry, daar waar jy net aan jou geloof in God vashou, selfs dit kan Hy gebruik om met ander mense te praat en só ’n verskil in hulle lewe maak.

Dit maak dalk nie nou vir jou sin nie, ek weet.

Dit is wat met Paulus gebeur het. Ons weet dat Paulus verseker swaar gekry het en dalk was hy juis op daardie oomblik alweer in die tronk. Hoor die effek wat hulle op sy lewe het: 7Tussen al die vervolging en swaarkry deur wat ek moet verduur, het die nuus dat julle steeds glo my sommer baie moed gegee. 8Nou leef ek weer met ’n glimlag omdat julle steeds op die Here se pad stap. 9Hoe kan ek ooit vir God genoeg dankie sê vir julle almal?

Watter effek het jou eie onwrikbare geloof in God op ander mense?

Ek wonder maar net.

Teks

1 Tessalonisense 3:6-11

 

Om oor na te dink

Waaraan hou jy vas?

Hoe lyk jou geloof?

Hoe lyk ander as gevolg van jou geloof?

Gebed

Onse Vader, die dinge maak nie altyd vir my sin nie. Ek verstaan nie die pad waarop ek moet loop nie. Eintlik is ek nou moeg vir swaarkry. Tog weet ek dat ek my hand in U hand moet sit en dat U my sal deurhelp. Amen.

dapper muis

dapper muis

Ek is ʼn dapper muis
 
Ons almal ken die storie van die dapper muis. Met bravade verkondig hy sy gewaande dapperheid totdat hy met die geringste gevaar gekonfronteer word. Skielik is die bravade iets van die verlede behalwe vir die goed waarmee hy nog nie gekonfronteer is nie.
Ons ken ook die kinderrympie “allenig moet ek bed toe gaan”. Die groot verrassing is dat die gewaande bedreiging geen gevaar inhou nie (my eie jas aan die kapstok).
 
Daar is soveel perspektiewe op vrees.
Enersyds se Job wat hy gevrees het, het ʼn werklikheid geword. JOB 3:25
Wat ek gevrees het, het oor my gekom; waarvoor ek bang was, het my getref.
Mens kan aan jou vrese soveel aandag skenk dat dit later in jou lewe begin manifesteer.
 
Aan die anderkant se mense niks van wat ek gevrees het het toe gebeur nie. Dit was energie wat vermors is op denkbeeldige gevare. Drogbeelde sonder enige inherente gevaar (soos my eie jas aan die kapstok)
 
Waarvoor is jy bang?
 
Iemand sê daar is 366 tekste in die Bybel wat ons maan om nie bang te wees nie. Een vir elke dag en een ekstra vir die skrikkeljaar. Ek het dit nie self getel nie maar dit is inderdaad so..die Bybel is vol van oproepe om nie te vrees nie.
 
Josua op die vooraand van die inbesitname van die beloofde land hoor duidelik, “moenie bang wees nie”. JOSUA 1:9
Ek self gee jou die opdrag. Wees sterk, wees vasberade. Moenie skrik nie, moenie bang wees nie, want Ek, die Here jou God, is by jou oral waar jy gaan.
 
Aan die anderkant is dit juis die vrees van die tien verspieders ( teenoor Josua en Kaleb se onwrikbare vertroue dat God by magte is om te doen wat Hy belowe het ) wat die volk in hul spore laat omdraai. Veertig verspilde jare, ʼn hele generasie moes uitsterf voordat God sy belofte kon uitvoer.
 
Watter rol speel vrees in jou lewe?
Staan jy bang op en gaan slaap jy bang?
Beskryf die woordjie bang jou lewenshouding?
 
Toemaar, dis van die meeste mense waar.
Ons verbloem ons vrese agter ʼn glimlag en ons maak asof ons in beheer is maar binne woel dit.
 
Die Bybel verseker ons van die teenwoordigheid van ʼn Almagtige en alomteenwoordige God vir Wie niks te moeilik is nie. Hy bemagtig ons met die Heilige Gees sodat ons uitdagings waarvan daar baie is die hoof kan bied. Sy Woord is verbysterend bemagtigend ..lees en dink daaroor na..
Jes. 41:13 13     
Ek is die Here jou God, Ek vat jou hand, Ek sê vir jou: Moenie bang wees nie, Ék help jou.
 
Wow!
Wat meer het ons nodig?
 
Dis asof die Here sê “as Ek dan met jou is ( Rom.8:31 God is vir ons) moet dit nie eers oorweeg om bang te wees nie” (Don`t you dare being afraid)
Dis hoe ek hierdie jaar wil lewe. Sonder vrees.
En jy?
 
Here dankie dat U alle vrees oorwin het. Die graf is leeg.
Amen


Dinsdag 22 Mei 2018

BETEKENIS IS BELANGRIKER AS PLESIER


Ek het grootgeword met die indruk dat die kerk teen alles is wat lekker is. Die kerk is téén sonde (jip, sonde kan lekker wees!), téén allerhande soorte plesier, téén rook, téén seks en nog teen menige ander dergelike dinge. As kind was ek so sondeverskrik dat ek selfs vandag nie maklik die term sonde gebruik nie. Maar alhoewel die kerk in die verlede ‘n relatief ongesonde klem op sulke dinge gelê het is dit nie asof hy hierdie lewenshouding uit die lig uit gegryp het nie. Die Bybel maak inderdaad ernstige uitsprake oor sonde: Indien jou regterhand jou laat struikel (sonde doen) moet jy hom afkap; jy mag nie steel nie; jy mag nie wraak neem nie; jy mag nie sondig wanneer jy kwaad word nie; jy mag nie wraaksugtig of geldgierig wees nie. So kan ons aangaan.

‘n Skeptiese (nie-gelowige) vriend het my eenkeer gevra:

Waarom het die Bybel hierdie beheptheid met sonde en waarom is ons so teen allerhande plesiertjies?

Wel, dis ‘n goeie vraag en ek dink deel van die antwoord kry ons in Jeremia waar die profeet vir Israel oor die vingers raps omdat hulle spiritualiteit gedryf was teen blote kortstondige impulse en begeertes. God sê die volgende (2:23-24):

Hoe kan jy dan sê: “Ek het my nie verontreinig nie, ek het nie die Baäls gedien nie”? Kyk hoe het jy jou gedra in die Hinnomdal. Besef tog wat jy gedoen het! Jy was soos ‘n kameelkoei wat bul soek, wat kruis en dwars hardloop, soos ‘n wildedonkie wat tuis is in die woestyn. Jy was soos ‘n bronstige kameelkoei wat die wind opsnuif, wat onkeerbaar is in haar hittigheid. Die bulle wat haar soek, hoef hulle nie moeg te hardloop agter haar aan nie; wanneer sy wil paar, kry hulle haar maklik.”

Dis interessant hoe dat die Here dikwels sonde – veral sondes wat aangespoor word deur blote impulse en begeertes – vergelyk met die instinkte van diere. Diere het geen werklike keuse nie. Hulle is uitgelewer aan hulle primitiewe instinkte. Hulle moet optree in lyn met hulle oorlewingsdrange en primitiewe dryfvere, soos ‘n kameelkoei. Hulle kan slegs optree in lyn met die veg, vlug en vries funksies van hulle basiese elke-dag-dier-wees.

Maar hier is juis – myns insiens – een van die belangrikste punte van die Bybel oor sonde: Dis nie dat God teen allerhande plesiertjies is as sulks nie. Inteendeel, God is die Gewer van plesier. God het egter ‘n hoër verwagting van mense as van diere. Hy het sy beeld in die mens ingeskep sodat laasgenoemde baie meer kan vermag as ons dierefamilie. Die mens kan sy vervulling vind deur hoër betekenis te heg aan sekere dinge en meer te kan sin vind in die lewe as diere. Diere leef slegs binne die sfeer van die materiële wêreld, en hulle beperkte diereverbeeldings kan slegs dink en reageer binne-in die beperkinge van die sigbare wêreld. Mense het egter die gawe van verbeelding wat op ‘n hoër vlak van abstraksie kan dink. Ons beskik oor ‘n hoër orde van denke waarmee ons die dieper betekenis van die lewe en dinge kan beoordeel. Die mens het die vermoë om sin te vind in sekere handelinge en aksies wat uiteindelik ons, sowel as ander mense se lewenskwaliteit en lewensgeluk kan verhoog. Die mens het ‘n unieke kapasiteit om in ooreenstemming op te tree met dieper waardes as diere. Ons kan ‘n beter, meer ideale wêreld en beter lewens bedink en self streef daarna om beter mense te word. Mense vind gewoonlik dieper betekenis in byvoorbeeld die ontwikkeling van hulle eie karakter, die smee van sinvolle verhoudings of die skep van ‘n beter wêreld. Ons weet wanneer ons nie ons volle potensiaal bereik nie en dit kan ons ongelukkig stem. Ons weet ons kan beter wees want ons kan meer ideale moontlikhede optower in ons verbeeldingswêreld.

Wanneer ons dus bloot reageer op- en toegee tot die impuls, drang of begeerte van die oomblik sonder om intelligent te dink oor wat ons doen, tree ons nie op volgens ons menslike potensiaal nie. Ons gly dan terug na ‘n laer orde denke en dierlike instinkte. So iets sou bloot tragies wees. As Jesus-volgelinge word ons tot meer geroep as dit.

Ons word veel eerder deur God uitgenooi om te streef na ‘n lewensdroom groter as onsself. Wanneer ons Jesus volg dan streef ons na die koms van sy koninkryk. Ons streef dus intensioneel daarna om vir God en mense liewer te word en die skepping heel te maak, nie bloot om elke korttermynbegeerte onmiddellik te bevredig nie. Daarom sê ons soms tydelik “nee” vir sekere kortstondige plesiertjies. Ons doen dit nie omdat plesier noodwendig verkeerd is nie, maar omdat ons kies om betekenisvol te leef. Ons doen dit omdat ons Jesus ontdek het en omdat Hy betekenis toeken aan ons lewens. ‘n Betekenisvolle lewe is nie afhanklik van die onmiddellike vervulling van momentele impulse en begeertes nie. Ons is nie kameelkoeie nie. Ons is mense. Wanneer ons dus wel sekere Godgegewe plesiertjies geniet, doen ons dit in diens van ‘n betekenisvolle lewe. Wanneer ons ‘n bord kos sien, verslind en verorber ons nie soos ‘n dier alles wat voorkom asof ons God nie vertrou vir môre nie. Ons kan sinvol oordeel om so te eet dat ons gesond kan wees en lank kan leef saam met ons geliefdes en ook genoeg kan oor los vir ander.

Jesus moes self ook veg teen die versoeking om sy kortstondige honger te stil deur klippe in brood te verander. Ons vergeet soms dat Hy die duiwel geantwoord het met die woorde (Matteus 4:4):

‘n Mens leef nie net van brood nie maar van elke woord wat uit die mond van God kom.

Maandag 21 Mei 2018

Verras deur ʼn arm weduwee!

Verras deur ʼn arm weduwee!

Markus 12:41-44

… 42 Daar het toe ‘n arm weduwee gekom en twee muntstukkies ingegooi. Dit was baie min werd… 44 (en Jesus het gesê:) Hulle het almal uit hulle oorvloed iets ingegooi, maar sy het in haar gebrek alles ingegooi wat sy gehad het, alles waarvan sy moes lewe.”

Het jy geweet dat 30.4 miljoen mense in Suid-Afrika in armoede leef, en sowat 7.2 miljoen mense in ekstreme armoede leef? As jy ‘n huis het om in te bly, lopende water, elektrisiteit, en genoeg kos het, is jy deel van die 40% rykste mense in die land (Statistics South Africa Report).

Wanneer ons van die arm weduwee lees, vertel dit vir ons dat dit nie saak maak hoeveel jy het om te gee nie, maar wat jy het om te gee en hoekom jy dit gee. Hierdie teks herinner ons dat God elkeen van ons geseën het met gawes wat ons kan gee aan ander. Dit is uit liefde vir God dat ons dit so vrylik deel!

Gee jou alles!

Gebed: Here, dankie dat U ons so ryklik seen! Dankie vir liefde, tyd, en ‘n passie om ander lief te hê. Help ons om te onthou dat ons meer is as ons besittings. Herinner ons daaglik dat u ons stuur om ander lief te hê met ons gawes en menswees.

Uitdaging: Deel ‘n ete met iemand of skenk iets uit jou kas. Bonus uitdaging – spandeer tyd saam met iemand wie jy min sien of nie van hou nie!

Saterdag 19 Mei 2018

Did Jesus Forbid Remarriage?

Gospel of Mark, Pharisees come to Jesus and ask him: “Can a man divorce a woman?” (Mark 10:1-12) In summing up his answer, Jesus states: “Whoever divorces his wife and marries another commits adultery against her, and if she divorces her husband and marries another, she commits adultery.” (Mark 10:12) This seems to be a statement that completely denies any legitimacy to divorce and remarriage altogether. But the Gospel of Matthew clarifies that this was not exactlythe question asked.


Literally, no Israelite at the time of Jesus thought it possible that the Word of God given through Moses was completely wrong in permitting divorce at all (and they were right!). In fact, no one was debating if divorce was allowed, but rather how liberally (or not) it could be practiced. The Gospel of Mathew provides a fuller version of this question and therefore sets Jesus’ answer in its proper context. According to Mathew’s gospel, some Pharisees tested Jesus by asking him: “Can a man divorce a woman for any reason?” (Mathew 19:3-9)


The conservative Jewish approach understood “unfaithfulness”, “abuse”, or “abandonment” as the only valid grounds for divorce (Deut. 24:1-4; Exod. 21:10-11).This view was represented by the Pharisaic rabbi Shammai, while various more progressive Jewish interpreters argued that a man had the right to divorce his wife for any reason at all (Babylonian Talmud, Gittin 90a). The later view was represented by another Pharisaic rabbi named Hillel.


In other words, there were many illegitimate divorces granted in the Jewish community in the time of Jesus that were not consistent with God’s instructions in the Torah. It is in this divorce-for-any-reason environment Jesus is quoted as saying, “Everyone who divorces his wife and marries another commits adultery, and he who marries one who is divorced from a husband commits adultery.” (Luke 16:18, Mark 10:12)


If read in 21st century Christian context, it would seem that Jesus forbade all remarriage. If it is read in a first-century Jewish context, Jesus’ statement cannot be interpreted as a blanket statement condemning all remarriage, but only when illegitimate divorce was involved. When Jesus was faced with this question he rejected the idea taught by Pharisees of the house of Hillel (that divorce was permissible for any reason) and sided with both the Pharisees from the house of Shammai and the Essenes who taught the opposite. Join me and discover the practical simplicity of Hebrew Language. Understand how it speaks in through simple imagery, yet says so much


“SPREEK DEURBRAKE OOR JOUSELF”

“SPREEK DEURBRAKE OOR JOUSELF”
.
EK is ‘n BEGUNSTIGDE van die ALLERHOOGSTE. My GOD sal in al my BEHOEFTES VOORSIEN na die rykdom van Sy Genade (Fil 4:19). Ek is die KOP en nie die stert nie (Deut 28:13). Die HERE is my HERDER. Ek kom NIKS KORT nie. Net GOEDHEID en GUNS sal my AGTERVOLG, al die dae van my lewe (Psl 23). U GUNS volg my nie net nie. Dit HAAL MY in en STEEK my VERBY. Wanneer ek op ‘n plek aankom, WAG U GUNS alreeds daar vir my (Amos 9:13). ALLES sal vir My ten GOEDE MEEWERK tot my VOORDEEL. U swaai elke verleentheid tot ‘n GODDELIKE GELEENTHEID (Rom 8:28). Dankie HERE dat U vir die MOSSIES SORG, en ook vir MY.  Ek is tot alles IN STAAT deur CHRISTUS wat vir my die krag gee (Fil 4:13). Ook NOU, terwyl jy hier lees, VLOEI MY intense LIEFDE en KRAG deur JOU van kop tot tone. Dankie JESUS. Amen.

Vrydag 18 Mei 2018

Die blou of die rooi pil?

Die blou of die rooi pil?


 
Ek het nou die dag die bekende fliek “The Matrix” vir die eerste keer gesien. Die 1999 wetenskapsfiksie rolprent was sy tyd ver voor en het verskeie toekennings ontvang. Dis ʼn wakker wees fliek anders verloor jy die storielyn. Selfs na die tyd moes ek heelwat lees om beter te verstaan wat daar aangaan. 
 
Ek is seker ons lesers is baie slimmer as ek en het die storielyn sommer van die begin af verstaan en gevolg. Hoe dit ook al sy, daar is interessante ooreenkomste tussen die fliek en die Evangelie. Of die skrywers bedoel het om ʼn parodie op die Bybel te wees weet ek nie. Hulle sluit ook by Alice in Wonderland aan. Nee, dis nie ʼn musiekresensie nie, net ʼn bietjie geduld.
 
Tomas Anderson, later bekend as Neo, is intens bewus daarvan dat daar iets skort met die wêreld. Hy ontmoet vir Morpheus wat hom op ʼn geheim inlaat. Wat mense as die werklikheid beleef is alles skyn. Mense is heerlik op weg na nêrens. Hulle is slawe van ʼn sisteem wat hulle misbruik vir sy eie voordeel. 
 
Hulle is kragbronne ( human batteries)  wat ander sisteme aan die gang hou. Hulle gaan aan met die lewe en dink dat dit al is wat daar is. Dis dieselfde roetine van opstaan werk toe gaan sosialiseer en gaan slaap. More weer dieselfde patroon. Maar oënskynlik is dit al wat daar is en daarmee het hulle lank reeds vrede gemaak.
 
Hier en daar is daar ʼn rebel wat ernstige vrae begin vra. Eintlik sê hulle “as dit al is waaroor die lewe gaan is dit nie die moeite werd nie”. Is daar meer is die onrustige gedagte waarmee hulle voortdurend worstel. Dan kom Morpheus, die opper rebel, ʼn terroris,  op die toneel. Ja, sê hy, daar is inderdaad meer, baie meer, maar dit kom teen ʼn prys.
 
Hy bied vir Neo twee pilletjies (tablette)  aan, ʼn bloue en ʼn rooie. Die bloue hou jou in jou droomwêreld. Jy mis niks en vra niks. Die rooie laat jou in die werklikheid, die ware werklikheid wakker word. Daar is nie omdraai nie behalwe as jy verraad pleeg. 
 
Die taak van die rebelle groep waarvan jy nou deel word is om ander mense uit die skynwerklikheid te bevry na ʼn lewe van sin en betekenis.
 
Die werklikheid egter is ʼn ontstellende ervaring. 
Derhalwe moet jy baie mooi dink voordat jy die rooi pil sluk. Dit gaan jou iets kos, dalk jou lewe.
 
Toegepas op ons en ons verstaan van die Evangelie is daar baie raakvlakke. Ons kan gesus bly in die skynwerklikheid, virtuele werklikheid van ʼn roetine bestaan, salig onbewus dat ons die energie verskaf vir die sisteme wat hierdie pseudo werklikheid aan die gang hou. Ons is siende blind en horende doof. 
 
Dis die Koninkryk van die duisternis, die bose, die heersende kultuur. Die meeste mense bevind hulle op hierdie trajek. Hulle is ook dood tevrede. Die dominee vertel die gemeente Sondag na Sondag van hierdie werklikheid maar die mense ontdek of sien dit nie. Hulle is vir ʼn oomblik opgewonde maar die saad val op harde selftevrede en beleërde mense se grond.
 
Hier en daar vra iemand, is daar nie meer nie? Hulle drink die rooi pil, die Gos-pil as jy wil, wat jou opwek vir God se wêreld. Dis ʼn gebroke stukkende, hunkerende en smagtende wêreld. Dis die wêreld wat nie weet daar is meer nie. Hulle kry swaar maar aanvaar dit gelate. 
 
Die sisteme van die wêreld, die “agents” in die fliek verander voortdurend van voorkoms en beveg alles wat hul sinistere agenda teëstaan met brute geweld. God se agente betree die gebrokenheid van ander mense wat in die skyn lewe. Hulle is onverbiddelik toegewy aan die taak om mense daaruit te bevry. Hulle is rebelle by uitnemendheid. Hulle is vreesloos en gefokus. Hulle betaal ʼn prys. God se werklikheid is nie sonder gevare nie.
 
Hulle word dikwels belaster en vervolg deur die sisteme van die skyn werklikheid. Hulle het egter ʼn mentor, Jesus van Nasaret. Hy het die rooi pil gesluk. Hy het geweier om toe te kyk en niks te doen nie. Wie Hom drink trek God se wapenrusting aan en se die magte van Efesiërs 6 die stryd aan. 
 
Jesus het die rooi pil gesluk. Hy het ons wrede wêreld  betree en heling gebring. Hy ruk mense daagliks uit hul skynbestaan uit. Hy bring bevryding en roep hulle dan om ander te help om vry te kom.
 
“Ons land brand” sê gisteraand se TV nuusuitsending. In die vlees wil ek in ʼn skyn wêreld terugtrek.
Ek wil nie meer weet nie, ek wil nie meer hoor nie. 
 
Maar ek hoor die woorde van die bekende Halleluja in my gedagtes –
HL 287
 
1. EK KAN HOOR MY HEILAND ROEP MY,
   EK KAN HOOR MY HEILAND ROEP MY,
   EK KAN HOOR MY HEILAND ROEP MY;
   "NEEM U KRUIS EN VOLG MY, VOLG MY NA!" 
 
KOOR:
   WAAR HY LEI, DAAR SAL EK MEEGAAN,
   WAAR HY LEI, DAAR SAL EK MEEGAAN,
   WAAR HY LEI, DAAR SAL EK MEEGAAN,
   GAAN EK MET HOM, MET HOM TOT DIE END.


Het jy My waarlik lief?

Het jy My waarlik lief?


 
Ek het my wederhelfte baie lief. Ek kan my die lewe sonder haar nie indink nie. Sy is benewens God die grootste anker van my lewe.

Ons het ons manier van saampraat oor die liefde. Skertsend sal ek vra of sy my nog liefhet waarop sy onmiddellik “nee” antwoord. Natuurlik weet ek dat wat sy wil sê is, ja, met my hele hart.
Ander kere sê ek dat ek haar liefhet waarop sy antwoord “wanneer gaan jy dit begin wys” . Weereens, dis skertsend, moenie nou nie die telefoon nommer van die plaaslike huweliksberader aanstuur nie. Haar antwoord egter is ʼn goeie een – “as jy my liefhet, wys my dan”. 

Die vraag is uiteraard hoe wys ʼn mens jou liefde en lojaliteit vir ʼn ander mens. Ek is seker jy is bekend met die sg. liefdestale. Elkeen van ons het so ʼn taal of ʼn kombinasie daarvan. Dis daardie ding wat my hart vinniger laat klop, wat sê dat jy regtig vir my omgee, dat ek vir jou belangrik is, dat jy my belange op die hart dra, dat jy die pad saam met my stap ens. Ja, dit is ʼn bietjie “ekkerig” maar dit bly steeds waar. Elkeen van ons het ʼn behoefte aan liefde en waardeer dit wanneer mense dit aan ons bewys. 

My engel se liefdestaal is kommunikasie, om met haar te praat. Dis uitdagend vir iemand wat nie baie praat nie. Dis juis waar liefde inkom. Die bietjie ekstra wat van my gevra word is ʼn klinkklare bewys van my liefde. Sy word nie deur geskenke beïndruk nie. Sy hou nie van verrassings nie. Blomme doen dit ook nie. Praat wel.
So het ek my liefdestaal. Wanneer sy dit “praat” klop my hart sjokolade.

God se liefdestaal is gehoorsaamheid. “As jy my liefhet voer my opdragte uit, doen wat Ek van jou vra, wees bereidwillig en toegewyd aan die taak wat ek jou opgedra het. Gaan werk vandag in my wingerd”.
Dis een ding om iets te sê ( of te sing), dis ʼn ander om dit praktiese uit te leef.
Jy sê jy het die Here lief.
Wys dit dan!!

JOHANNES 14:15
“As julle My liefhet, sal julle my opdragte uitvoer.

JOHANNES 15:10
As julle my opdragte uitvoer, sal julle in my liefde bly, net soos Ek die opdragte van my Vader uitvoer en in sy liefde bly.
 


God sal vir môre voorsien

God sal vir môre voorsien

Matteus 6:34

En julle moenie vandag bekommerd wees oor wat môre sal gebeur nie. Môre sal sy eie probleme hê waaroor julle bekommerd sal wees. So sal elke dag sy eie probleme hê.

Hoeveel keer het jy al voor ʼn groot uitdaging gestaan wat op jou pad was en dan toegelaat dat dit jou gedagtes opneem? Dis asof wat ookal ons doen, daar ʼn taak/uitdaging is wat veroorsaak dat ons ons bekommer. En in die tussentyd spandeer ons nie aandag op die dinge wat baie nader is nie.

Jesus vertel vir ons dat ons nie moet konstant dink aan môre nie, want vandag het genoeg probleme van sy eie. Dit is belangrik vir ons om die tipe vertroue te hê wat glo dat God ons nie net vandag sal help nie, maar selfs in die toekoms ook. Ons vergeet soms net hoe asemrowend God se kwaliteite is. God was in beheer gister, Hy is beheer van vandag en Hy is in beheer van môre ook.

As God in beheer is van ons toekoms en as ons, soos ons in die vorige vers gelees het, Hom eerste soek, kan ons werklik vrede hê in die lewe. Hierdie vrede gee ons die geleentheid om God na te jaag en in die proses gevorm te word in Sy liefde en voorsiening.

God sal vir môre voorsien.

Gebed: Heer, U is soveel groter en meer fantasties as wat ek kan verstaan. Help my om my vertroue te plaas in die feit dat U ook oor môre beheer het net soos vandag. Ek wil U vandag beter leer ken, so vat asseblief my stres vir môre in U hande… Amen.

Uitdaging: Met die eksamens wat waarskynlik op pad is, maak vir jouself iets wat jy in jou kamer kan hou om jou te herinner dat God selfs die toekoms in Sy hande dra.

Donderdag 17 Mei 2018

Plaas God eerste

Plaas God eerste

Matteus 6:33

Nee, dit moet vir julle die belangrikste wees dat God julle Koning is. Julle moet gehoorsaam wees aan Hom en doen wat Hy wil hê. Dan sal Hy al hierdie ander dinge ook vir julle gee.

So ons verstaan nou dat ʼn koning beheer het oor ʼn groot gebied. God het beheer oor soveel meer as ʼn normale koning. God gee so baie vir ons om en somtyds mis ons net hoe baie goed God eintlik in Sy hande het. As kinders het ons ook geleer dat ons ouers baie keer reg is wanneer hulle ons waarsku – tog sukkel meeste van ons vandag nog om hulle te gehoorsaam.

Jesus vertel vir die mense wat na Hom luister dat hulle na God moet luister en Hom gehoorsaam. God se reëls is nie daar om ons pret te bederf nie, maar eerder om ons die beste te gee. Ons hardloop baie keer agter dinge aan wat nie vir God mooi is nie en sondig deur weg te draai van God.

Ons kan ook hieruit leer. Hoe meer ons begin besef dat God vir ons goeie dinge wil gee, hoe meer sal ons besef dat dit regtig die moeite werd is om God te soek voordat ons ander dinge soek. As ons God eerste soek, kom die dinge wat God vir ons wil gee natuurlik.

Plaas God eerste.

Gebed: Here, ek weet dat U soveel meer vir my omgee as wat ek regtig kan verstaan. Help my asseblief om U eerste te sit en nie altyd eers te hardloop na die dinge wat ek voel ek nodig het nie – ek weet U sal daardie dinge voorsien… Amen.

Uitdaging: Soms, deur gehoorsaam te wees aan God se opdrag om mense lief te hê, kan ons ook deel aan God se plan hê om aan ander mense te voorsien. Kyk in jou kas of daar enige klere is wat jy nie meer dra nie. Kan iemand anders dit gebruik? Daar is baie plekke wat ou klere inneem en versprei na die mense wat dit die nodigste het.

Woensdag 16 Mei 2018

Ons Koning sal voorsien

Ons Koning sal voorsien

Matteus 6:33

Nee, dit moet vir julle die belangrikste wees dat God julle Koning is. Julle moet gehoorsaam wees aan Hom en doen wat Hy wil hê. Dan sal Hy al hierdie ander dinge ook vir julle gee.

Ons almal se lewens raak besig, maar ons probeer gereeld ons aandag op tien duisend verkillende dinge plaas. Ons lewens raak so besig dat ons soms nie eers tyd kry om betekenisvolle tyd met God deur te bring nie. Voel dit vir jou ook soms asof God net nie inpas by jou skedule nie?

Die vers van vandag praat van God as ons Koning. Ons verstaan nie deesdae noodwendig wat dit beteken om koning te wees nie, maar in die tyd van Jesus het almal verstaan dat die koning ʼn groot area beheer het en kon sê wat gaan vir wat – die koning het meer geweet as die gewone mense en het strategies hulle gebied die beste probeer maak.

Die konings van daardie tyd het nie altyd die beste motiewe gehad nie. Maar God het ons beswil in gedagte. En God het nie net beheer oor plekke nie, maar ook oor die wêreld om ons en dinge wat ons nie eers kan verstaan nie. As God vir ons beswil uitkyk, hoekom sal ons Hom nie eerste wil plaas in ons lewens nie?

Ons Koning sal voorsien!

Gebed: Dankie, Here, dat ek U my Koning kan noem en dankie dat ek deur Jesus ook ʼn koningskind is. Here, ek wil U graag eerste plaas… Amen.

Uitdaging: Plaas God vir die res van die week letterlik eerste. Vind ʼn manier om jouself te herinner om sodra jy op is in die oggend met God te praat in gebed of om jou Bybel oop te maak en te lees van God se wonderlike storie. Hierdie is ʼn great gewoonte om aan te leer.

Waar is jou fokus?

Dink hieroor!!!!
‘n Vrou gaan sien haar Pastoor en sê vir hom die volgende:
“Pastoor, ek gaan nie meer kerk bywoning doen nie.”
Die Pastoor sê toe: “Mag ek vra hoekom nie?”
Sy antwoord, “Ek sien mense op hul selfone gedurende die diens, sommige skinder, ander leef net nie reg nie, hulle is hipokrate….

Die Pastoor word stil, en toe sê hy, goed…..Maar kan ek jou vra om iets te doen voordat jy jou finale besluit neem?
Sy vra, “wat is dit?”
Hy sê toe; “Vat ‘n glas met water en loop om die kerk twee keer sonder dat daar water uit die glas val.”
Sy antwoord toe die Pastoor; “Ja, ek sal dit kan doen.”
Sy kom na ‘n rukkie terug by die Pastoor en sê: “Dit is gedoen.”

Hy vra haar toe drie (3) vrae;
1. “Het jy enige iemand gesien doenig op hulle fone?”
2. “Het jy enige iemand gesien skinder?”
3. “Het enige iemand gesien verkeerd geleef?”
Sy antwoord toe; “Ek het niks gesien of opgemerk nie omrede ek so gefokus was op die glas water, sodat dit nie uit die glas val nie.”

Die Pastoor antwoord haar toe; “Wanneer jy kerk toe kom, moet jy netso gefokus wees op GOD, sodat jy nie val nie.”
DIT IS HOEKOM JESUS GESE HET; “VOLG MY.”!!!
HY het nie gesê “volg die Christene nie.”

Moenie dat jou verhouding met GOD beinvloed word, deur hoe dat ander met GOD betrokke is nie. Laat dit deurslaggewend wees deur hoe gefokus jy is, en hoe sterk jou verhouding met GOD is.

Dinsdag 15 Mei 2018

What Does It Mean to Fear the Lord?

“These are the commands, the decrees and laws the Lord your God directed me to teach you to observe in the land that you are crossing the Jordan to possess, so that you, your children and their children after them may fear the Lord your God as long as you live by keeping all his decrees and commands that I give you, and so that you may enjoy long life.” — Deuteronomy 6:1-2 

A frequent command given to God’s people in the OT is to “fear God” or “fear the Lord.” It is important that we understand what this command means for Christ’s followers today. Only as we truly fear the Lord will we be freed from all destructive and satanic fears. By fearing God, we can avoid being trapped by the natural pull toward going our own way, defying God and giving in to the inviting ways of immoral behavior.

What does it MEAN to FEAR God? The broad command to “fear the Lord” involves understanding several things about a believer’s relationship with God.

ONE: GOD IS LOVING & JUST

First of all, we must recognize that God is loving, merciful and forgiving; but he also is holy, just and righteous. Knowing God and understanding his character (cf. Pr 2:5) means accepting the fact that his justice and holiness (i.e., purity, perfection, completeness of character and separation from evil) cause him to judge sin.

TWO: FEAR CAN PRODUCE AWE

Fearing the Lord means to be in awe of his holiness, to give him complete reverence and to honor him as the God of great glory, majesty, purity and power. For example, when God revealed himself to the Israelites at Mount Sinai through “thunder and lightning, with a thick cloud over the mountain, and a very loud trumpet blast,” they all “trembled” in fear (Ex 19:16) because of his great power. They even begged Moses to deliver God’s message to them so they would not have to encounter God himself (Ex 20:18-19; Dt 5:22-27). Also, when the psalm writer reflects on God as Creator, he says: “Let all the earth fear the Lord; let all the people of the world revere him. For he spoke, and it came to be; he commanded, and it stood firm” (Ps 33:8-9).

THREE: FEAR CAN PRODUCE FAITH

True fear of the Lord causes believers to place their faith and trust in him alone for salvation. For example, after the Israelites crossed through the Red Sea on dry ground and saw how God destroyed the Egyptian army who came after them, they “feared the Lord and put their trust in him” (see Ex 14:31, note). The psalm writer encourages all who fear the Lord to “trust in the Lord–he is their help and shield” (Ps 115:11). In other words, fearing God produces confidence, hope and trust in him, which are necessary when we are looking to God for mercy, forgiveness (Lk 1:50; cf. Ps 103:11; 130:4) and spiritual salvation (Ps 85:9).

FOUR: GOD IS ANGRY ABOUT SIN

Finally, to fear God involves recognizing that he is angry about sin and has the power to punish those who stand arrogantly against him and break his laws (cf. Ps 76:7-8). When Adam and Eve sinned in the Garden of Eden, they were afraid and tried to hide from God’s presence (Ge 3:8-10). Moses experienced this aspect of the fear of God when he spent forty days and nights praying for the sinful Israelites: “I feared the anger and wrath of the Lord, for he was angry enough with you to destroy you” (Dt 9:19). In the NT, the author of the letter to the Hebrews acknowledges God’s coming vengeance and judgment, and then writes: “It is a dreadful thing to fall into the hands of the living God” (Heb 10:31).

WHY FEAR GOD?

The reasons for fearing God are found in the meaning of the “fear of the Lord,” as described above.

We should fear him because of his matchless power as the Creator of all things and all people (Ps 33:6-9; 96:4-5; Jnh 1:9).

In addition, the amazing power that he continues to exercise over his creation–including humankind–is cause for fearing God (Ex 20:18-20; Ecc 3:14; Jnh 1:11-16; Mk 4:39-41).

When we truly realize God’s holiness (i.e., his purity, perfection and separation from evil), the normal response of the human spirit is to fear him (Rev 15:4).

Anyone who sees or experiences a manifestation (i.e., a visible or physical sign or demonstration) of God’s glory cannot help but become afraid (Mt 17:1-8).

The continual blessings we receive from God, especially the forgiveness of our sins (Ps 130:4), should lead us to fear and love him (1Sa 12:24; Ps 34:9; 67:7).

Above all, the fact that the Lord is a God of justice who will judge the entire human race should be reason enough to produce a godly fear (Dt 17:12-13; Isa 59:18-19; Mal 3:5; Heb 10:26-31). It is a sobering and absolute truth that God is constantly aware of our actions and motives, both good and bad, and that we will be held accountable for those actions, both now and on the day of our personal judgment.

How will fearing God affect our lives? The fear of the Lord is far more than a Biblical teaching, principle or idea. It is relevant to our daily lives in many ways. Here are 6 to get started:

1. WE BECOME OBEDIENT

First, if we truly fear the Lord, we will obey his commands, live according to his Word and say “No” to sin. One reason why God inspired fear in the Israelites at Mount Sinai was so that they might learn to avoid and reject sin and to obey his law (Ex 20:20). In his final address to the Israelites, Moses repeatedly connected fearing God to serving and obeying him (e.g., Dt 5:29; 6:2, 24; 8:6; 10:12; 13:4; 17:19; 31:12).

According to the psalm writer, fearing God is equal to delighting in his commands (Ps 112:1) and following the principles of his law (Ps 119:63).

Solomon taught that “through the fear of the Lord a man avoids evil” (Pr 16:6; cf. 8:13). In Ecclesiastes, the whole duty of the human race is summarized by two simple requirements: “Fear God and keep his commandments” (Ecc 12:13). On the contrary, anyone who is content to live wickedly or defy God does so because “there is no fear of God before his eyes” (Ps 36:1-4).

2. WE TEACH OUR CHILDREN

Not only should the fear of the Lord affect individual lives, but it should also affect families. God instructs his followers to teach their children to fear him by training them to hate sin and to love God’s commands (Dt 4:10; 6:1-2, 6-9). The Bible often states that “the fear of the Lord is the beginning of wisdom” (Ps 111:10; Pr 9:10; cf. Job 28:28; Pr 1:7). A Christian’s basic goal for his or her children should be that they learn to live by God’s principles of wisdom (Pr 1:1-6). Teaching them to fear the Lord is a critical first step.

3. WE GROW IN SANCTIFICATION

The fear of the Lord has a sanctifying (i.e., purifying, separating from sin, spiritually maturing) effect on God’s people, just as applying the truth of God’s Word does (Jn 17:17). It compels us to hate sin and avoid evil (Pr 3:7; 8:13; 16:6). It causes us to be careful in what we say (Pr 10:19; Ecc 5:2, 6-7). It protects us from weakening our consciences and our moral sensitivity toward what is right. The fear of the Lord has a spiritually cleansing, purifying and restoring effect that can last forever (Ps 19:9).

4. WE WORSHIP WHOLE-HEARTEDLY

The holy and reverent fear of the Lord motivates God’s people to worship him with their whole being. People who truly fear God will praise and honor him as Lord of all (Ps 22:23). David said that a worshiping congregation is the same as “those who fear” God (Ps 22:25). At the end of history, when the angel who proclaims the eternal gospel–the “good news” about Jesus Christ–calls everyone on earth to fear God, he immediately adds, “and give him glory … Worship him who made the heavens, and earth, the sea and the springs of water” (Rev 14:6-7).

5. THERE IS A PROMISED REWARD

God has promised to reward all those who fear him. “Humility and the fear of the Lord bring wealth and honor and life” (Pr 22:4). Other promised rewards include security and protection from death (Pr 14:26-27), provisions for daily needs (Ps 34:9; 111:5) and a long life (Pr 10:27). Those who live in reverent awe of God know that “it will go better with God-fearing men,” regardless of what happens in the world around them (Ecc 8:12-13).

6. WE GAIN A HUMBLE CONFIDENCE

Finally, fearing God brings a humble confidence and overwhelming spiritual comfort. The NT directly links the fear of the Lord with the encouragement of the Holy Spirit (Ac 9:31). Those who do not fear God will have little or no sense of his presence and protection (see Dt 1:26, note). However, those who fear God and obey his Word will experience a deep sense of spiritual security and the anointing (i.e., empowering) of the Holy Spirit. They can be sure that God ultimately will “deliver them from death” (Ps 33:18-19).

Voorberei vir die swaar

Voorberei vir die swaar

Vanaf die begin van die skryfstukke oor 1 Tessalonisense is die woord “swaar” al meer as 21 keer gebruik. Swaarkry was ’n werklikheid in die nuwe Christene se lewens. En ons het dit al ’n paar keer gesê: As jy erns maak met die dinge van God, gaan daar opdraendes kom.

Dit gaan nie altyd voor die wind nie. Daar gaan tye kom wanneer jy net nie meer kan nie. Tye wanneer jy voel asof jy uit die bus wil klim, want te erg is darem te erg. Daarom weer die bevestiging van Paulus aan die mense van Tessalonika: 3Ek wil nie hê julle moet ophou glo nie, veral nie omdat julle nou begin ly vir julle geloof nie. Onthou, die Here het gesê dat ons vervolg sal word omdat ons glo.

Dit is deel van die pakket as jy in God glo. Jy sal ook jou kruis moet dra, soos Jesus. Wanneer jy dus verstaan dat die opdraendes soms oor jou pad gaan kom, kan jy mos maar regmaak daarvoor, of hoe? Die volwassenheid van ons Christenskap is duidelik wanneer ons nie elke keer onsself boeglam skrik wanneer ’n stuk swaar ons tref en ons nie al ons speelgoed uit die kot wil gooi nie.

Op ’n manier moet ons swaarkry verwag en wanneer dit dan die dag opdaag, moet ons dit tegemoet gaan met ’n wil om dit positief te hanteer. Tog is daar baie van die swaar wat aanvanklik te moeilik lyk om te hanteer, maar hier moet ons juis ons geloof in God behou en weet en glo dat ons met Sy hulp daardeur sal kom. So ’n houding haal nie die aanvanklike skrik en seer weg nie, maar plaas ’n mens net gouer op die pad van genesing.

Eintlik moet ons so voorbereid wees op die swaar wat kan kom, dat as dit die dag aan ons deur kom klop, ons sal sê ons is gereed om dit te hanteer.

Die realiteit is dat ’n mens maar bang bly vir swaar en dit is nooit maklik nie, maak nie saak hoe voorbereid jy daarop is nie. Wanneer die swaar kom, skop ons maar die meeste van die kere daarteen en vra heel waarskynlik: Waarom God? Waarom nou juis weer ek, Here? Maar selfs tussen die vrae deur is God steeds aan jou sy.

Dit is belangrik om nooit die groeigeleentheid binne elke swaar te mis nie. Dit is in die swaar tye en die moeilike opdraendes waar ons sterker word. Moenie die geleentheid laat verbyglip omdat jy te besig is om uit te vind hoekom jy nou weer die middelpunt van die swaar is nie. Partymaal sal sommige van die vrae onbeantwoord bly sodat jy kan leer en kan groei.

Swaar tye sal daar wees. Dit is deel van die pakkie, maar met behulp van God se Gees kan die negatiewe omgekeer word in ’n positiewe.

Ps. Min het ek geweet dat ek ’n paar uur nadat ek die stuk geskryf het deur ’n vriend gebel sou word om sy 4 maande oue baba wat gisteraand dood is, te begrawe. Hulle het ’n 12-jarige dogtertjie en na 4 miskrame het hulle alle hoop opgegee vir nog ’n kleintjie.

Dit was ’n groot verrassing toe hulle later agterkom sy is swanger. Die twee sonars het gewys dat Elizabeth op pad is, maar met die geboorte moes hulle sien dat dit Christiaan is. Die seun waarvoor hulle so lank gebid het. Hulle opgewondenheid het geen perke geken nie!

Vier maande later word Christiaan begrawe…

Mag die swaar in jou lewe nooit jou geloof steel nie…

Teks

1 Tessalonisense 3:1-5

Om oor na te dink

Sien jy kans vir die swaar in jou pad?

Waar is dit seer?

Hoe sterk is jou geloof?

Gebed

Vader, U sê in U woord dat die regverdige nooit sal wankel nie. Help my, Here, om nie te wankel wanneer dit swaar gaan nie. Amen.

God maak ons lewens mooi

God maak ons lewens mooi

Matteus 6:30

God maak al die plante in die veld mooi, maar hulle lewe nie lank nie. Hulle groei vandag, en môre gooi iemand die plante in die vuur. God sal julle baie mooier aantrek en Hy sal beter sorg vir julle as vir die plante, ook vir julle wat so min glo.

Het jy al ooit verby ‘n veld gery met ‘n klomp blommetjies of sonneblomme? Dit voel asof dit soveel vrede bring. Daar is iets omtrent blomme wat ons natuurlik nader trek: God het Sy tyd gevat om soveel kleur in ons wêreld in te sit.

As God soveel tyd neem om blomme te maak wat ons wêreld so mooi maak, imagine net gou hoe mooi hy vir ons ook geskep het. Jesus vertel vir mense dat God soveel meer vir hulle omgee as die blommetjies wat so mooi is.

Vir ons is dit so wonderlik want ons weet dat God vir ons omgee. En Hy sal aanhou om vir ons om te gee – al sien ons dalk nie raak hoe wonderlik Hy vir ons geskep het nie. Ons hoef nie bekommerd te wees oor hoe ons lyk of wat ons het nie, want God maak ons lewens mooi.

God maak ons lewens mooi.

Gebed: Here, ek weet dat ek soms sukkel om te glo dat U vir my mooier gemaak het as die blomme wat ek sien om my. Ek bid dat ek sal raaksien hoe U vir my sorg elke dag. Mag ek dit asseblief nie miskyk nie, want ek wil U mooiheid in my wêreld waardeer… Amen.

Uitdaging: Kyk of jy vandag ʼn blom kan opspoor, gaan soek vir die mooiste een wat jy kan vind. Jy is mooier en soveel meer waardevol vir God.

God vergeet nie van ons behoeftes nie

God vergeet nie van ons behoeftes nie

Matteus 6:31-32

31“Daarom moet julle nie bekommerd wees nie. Julle moenie vra: ‘Wat moet ons eet?’ of ‘Wat moet ons drink?’ of ‘Wat moet ons aantrek?’ nie. 32Want al hierdie dinge is belangrik vir die mense wat nie vir God ken nie. Julle Vader in die hemel weet dat julle al hierdie dinge nodig het.

Hoeveel keer het jy al ooit by die huis gekom na ʼn lang dag en jou ouers het net heeltemal vergeet om jou kos te gee? Daar is natuurlik situasies waar kos nie altyd beskikbaar is nie, maar dit gebeur nooit regtig dat ons van kos vergeet nie. Ons raak honger, ons moet eet.

Hoekom is ons dan soms so bang dat God gaan vergeet van die dinge wat ons nodig het? Is God nie soveel wyser en meer liefdevol as ons nie? Kan God nie dan soveel meer as ons onthou en verstaan nie? Jesus moet die mense herinner in ons vers dat God weet van ons behoeftes.

Dis vir ons regtig goeie nuus, maar ook nuus wat soortvan obvious is. God weet wat ons nodig het en Hy sal vir ons sorg. Ons hoef nie bekommerd te wees dat God ooit van ons of van ons behoeftes sal vergeet nie.

God vergeet nie van ons behoeftes nie.

Gebed: Dankie Here dat U weet wat my behoeftes is en my elke dag leer om op U te vertrou. Ek bid dat ek sal onthou dat U naby aan my is en dat as ek ʼn behoefte het ek ook met U daaroor kan praat… Amen.

Uitdaging: Het julle geweet dat die rede waarom ons drie dotjies aan die einde van die gebed (voor Amen) sit is dat ons hoop die gebed nie daar eindig nie? Soos jy kan, neem ekstra tyd om met God te praat na elke Padkos bybelstudie.

Sondag 13 Mei 2018

Life happens

Life happens( Gedeeltes geleen)

Life happens die heeltyd en dis nie altyd ligte musiek nie. As ons terugkyk oor ons lewe, het elkeen sy eie storie om te vertel. Stories waar dit soms rof gegaan het. Stories waar ons amper of dalk heeltemal die pad byster geraak het.

Life happens. Baie keer tref die swaar ons pad deur iemand anders wat ’n dom besluit geneem het. Soos my dogter se vriendin wat met haar splinternuwe motor wat nog nie eens nommerplate het nie, rustig ry om vir haar te kom kuier. ’n Ander ou besluit om voor haar in te ry en haar kar word afgeskryf. Die ou ontken dis sy skuld.

Life happens. Of dalk is dit jy wat in die spreekkamer wag vir die dokter om sy sê te kom sê oor die uitslag van die toetse en jy het net ’n voorgevoel dit gaan nie goed wees nie.

Life happens. ’n Vriend kom sit by my. Sy trane hou nie op met loop nie. Sy vrou het hom gedagvaar vir ’n egskeiding. Hy is stukkend. Hy was nie die een wat rondgeloop het nie. Nou word hy gedagvaar en moet die helfte van al die skuld dra. Sy lewe is verby en hy wonder kliphard of ’n boom of paal of brug nie die antwoord vir hom is nie.

Life happens ook vir Mari (skuilnaam):

Later vanoggend het ek ’n CCMA saak van ’n werker wat my kar gesteel het, die kar afgeskryf het en my nou maande later CCMA toe vat omdat ek nie sy werk vir hom wil teruggee nie. Ek is kwaad! Baie kwaad!

Hy het op my erf gebly saam met my en my gesin. Ek het hom vertrou. Hy het eendag probeer selfmoord pleeg. My man het hom na ’n privaat hospitaal geneem waar ons vir die beste sorg betaal het. Weke later steel hy my kar en nou vat hy my hof toe omdat ek nie sy werk vir hom wil teruggee nie. Ek sukkel met vergifnis.

Ek besef maar net weer dat ons nie op ons eie deur die lewe kan gaan nie. Selfs al glo ons, het ons iemand anders nodig om ons kop nou en dan bo die water te hou dat ons nie versuip nie. Of anders gestel: Om ons te help om nie ons geloof langs die pad te verloor nie. So maklik kom steel die realiteit van life happens ons geloof en eintlik is dit heeltemal verstaanbaar.

Daarom kan ons nie anders as om mense rondom ons te hê wat ons moet help om op die pad te bly nie. Vriende wat net weer ons kop optel om te wys dat God tog wel nog bestaan wanneer dit voel asof die storms van die lewe ons vasdruk. Soos Paulus gemaak het met die ouens van Tessalonika: 2… Ek het Timoteus na julle toe gestuur om julle geloof sterk te maak en om julle aan te moedig om voluit op die Here se pad te bly stap.

God plaas mense rondom ons om ons moed in te praat, om ons te help om deur die krisisse in ons lewe te beur. Dit bly egter ons verantwoordelikheid om hulle in ons lewe toe te laat. God het reeds planne in plek om ons deur die krisisse van die lewe te help. Die vraag is net of ons bereid is om hulle hand te neem?

Maar meer nog – God wil ook vir óns gebruik om ander te help om te bly glo en ander deur life happens te sleep. Jip, dis ons elkeen se roeping om êrens langs die pad ’n ander een se hand te neem en op te help. Ek hoop en bid dat God se plan B ingeskop het daar waar ek nie stilgestaan het by ’n ander se seer nie.

En ek bid vir krag en ek hou my oë oop sodat ek nooit weer die kans sal mis om ander te help om vas te byt in hulle geloof en aan te moedig om deur life happens onwrikbaar aan God vas te klou nie.

Teks

1 Tessalonisense 3:1-5

Om oor na te dink

Is jou geloof soms dun?

Is daar iemand wat jou kan deurtrek?

Is jy altyd daar vir ander?

Gebed

Vader, mag ek tog nooit my geloof in U verloor nie. Mag ek altyd ruimte maak vir die mense wat U in my pad sit en hulle toelaat om my deur die storms te sleep, maar ook dat ek dié wat ék moet sleep, nie sal mis nie. Amen.

Saterdag 12 Mei 2018

WIE BOU DIE HUIS?”

WIE BOU DIE HUIS?”

Daar is diegene wat sê: "Ek kan nie meer nie, ek het probeer, maar niks werk nie." 'n Ouer huil en sê: "Ek het als gedoen wat ek kon, ek weet nie meer wat om te doen met hierdie kind nie.'' ‘n Paartjie is op pad na die egskeidingshof. Albei sê: "Ons het probeer, maar nou het ek genoeg gehad." En met 'n tou om sy nek staan 'n man op 'n kroegstoeltjie. Hy het dit alles verloor; sy huis, sy motor, sy werk of besigheid en ook sy vrou selfs.

En te midde van al die hartseer en pyn, stewig geplant tussen skuld en skaamte, is die ewige weergalmde vraag: "Wat het fout gegaan?" Hierdie vraag is beide universeel (die meeste mense het dit gevra) en persoonlik (Ja, soos baie van julle, ek het dit gevra)

En terwyl ek hieroor nadink, word ek herinner aan Psalm 127: 1 wat lui: " As die HERE die huis nie bou nie, tevergeefs werk die wat daaraan bou." Baie Engelse vertalings sê dat die werk van die bouers nutteloos is as die Here nie die huis bou nie. Die ERV Weergawe sê dat die bouers hul tyd mors wanneer die Here nie toegelaat word om die huis te bou nie. Die frikaanse Boodskap vertaling sê dat die bouers ‘n bouval bou wat enige oomblik inmekaar kan val.

Wat het fout gegaan? Ek het ‘n fout begaan. Ek het nie toegelaat dat die Here die huis bou nie. Ek het Hom nie vrye teuels in my lewe gegee nie. Ek het nie gebid "nogtans nie my wil nie, maar U wil geskied." Ek het die planne opgestel, die huis afgemeet, die fondament gegooi, die mure gebou en die dak opgerig. En toe die huis klaar gebou is, het ek teruggestaan en gedink: “Wat 'n groot gemors. O God, as ek net toegelaat dat U hierdie huis bou.”

Daarom bid ek: "Here, kom bou hierdie huis. Ek kan dit nie bou nie! "

Ek weet nie wat jy vandag ervaar nie. Al wat ek weet, is dat jy en ek dit nie alleen gaan maak nie. Jy en ek kan dit nie op eie houtjie doen nie. Ons moet God toelaat om deur Jesus Christus in ons te werk deur Sy Heilige Gees om die huis te bou. Kom ons laat Hom toe in ons huis, ons huwelik, ons kinders en ons finansies. Dan sal ons ook kan uitroep; “ Kyk wat die Here kan doen!”

Ken die waarheid

Ken die waarheid

Het jy al ooit gewonder oor die teks in Johannes 8...

'En julle sal die waarheid ken, en die waarheid sal julle vrymaak. ' JOHANNES 8:32

Talle christene ken die teks en haal dit selfs aan, maar a.g.v omstandighede lyk hulle alles behalwe vry. Hulle lewe is meer soos die van slawe in Egipte as mense wat leef in die beloofde land. As jy vandag na jou lewe kyk, lewe jy as 'n slaaf van skuld en jy werk net om kop bo water te hou? Hoe pas ons dan die teks toe van jy sal die waarheid ken, en die waarheid sal jou vrymaak?

Die antwoord is in Johannes 8:31

'En Jesus sê vir die Jode wat in Hom geglo het: As julle in my woord bly, is julle waarlik my dissipels. En julle sal die waarheid ken, en die waarheid sal julle vrymaak. ' JOHANNES 8:31-32

Om Jesus se dissipel te wees gaan nie oor net een teks nie, maar om in Sy woord te bly. As jy vry wil wees moet jy die hele woord toepas. Soos Mat 6:33 wat sê ons verantwoordelikheid is om Sy Koninkryk te soek en in regte verhouding met Hom te leef, dan sal Hy alles byvoeg.

Vandag is die vraag maklik, is jy 'n slaaf in Egipte of leef jy in die beloofde land?

Dag 1: Maak vrede daarmee – Ons verskil!

Derde party versekering     Dag 1

Dag 1: Maak vrede daarmee – Ons verskil!

Daar is so ‘n klomp verwagtinge wat saam met jou kansel toe gaan en ek wil jou verseker mans, vrouens… Jy moet dit weet.. Jy trou nie met ‘n perfekte huweliksmaat nie. Dis dalk jou pot se deksel, maar enige paartjie wat al lank getroud is sal vir jou vertel dat dit nie altyd maanskyn en rose was nie. Sodra daai pot op die stoof staan en hy word warm, lyk dit sommer of daai deksel wil afspring.
‘n Welbekende skrywer, Dr Harley skryf dat vrouens en mans se behoeftes en verwagtinge van die huwelik verskil. Vrouens het ‘n behoefte aan:
Koestering – Mans, vrouens hou daarvan as jy hulle vashou en in die oë kyk en vir hulle sê hoe lief jy hulle het.
Kommunikasie – Verklaar jou liefde aan haar. Moenie net aanneem sy weet dit nie. Hierdie is gewoonlik mans se swakste eienskap en daarom moet hulle die hardste daaraan werk.
Eerlikheid - As sy jou vra of die rok aan haar mooi is, wees eerlik, maar kies jou woorde reg!
Finansiële stabiliteit – Hulle verwagting is nie miljoene in die bank nie, net stabiliteit.
‘n Gesinslewe – Hulle wil ‘n teenwoordige man en Pa vir die kinders hê wat deel is van familie aktiwiteite. Hulle wil hê jy moet daar wees. Mans, daar is 2 vorme van teenwoordig wees. Om by die huis te wees is ‘n vorm van teenwoordig wees, maar om voor die TV te sit en te maak asof jy luister is glad nie teenwoordig wees nie.
Dr Harley skryf dat mans het net een behoefte. Hulle het hierdie oordrewe verantwoordelikheidsin om seker te maak die menslike spesie sterf nie uit nie. Hulle is nogal “ok” met koestering!
Nee vrouens, Dr Harley skryf dat mans ‘n behoefte het dat hulle huweliksmaat iets saam met hulle sal doen. My vrou hou glad nie van visvang nie, maar terwille van ons as gesin het sy gesien dis belangrik vir my as ons iets saam doen. Nou maak ons ‘n uitstappie daarvan. Ek kan vir ‘n oomblik my foon afsit en hulle het my vir ‘n dag. Niemand anders kan ons tyd saam kom steel nie. Raai wat… Nou geniet sy die uitstappie want ons as gesin geniet dit.
Mans hou daarvan as sy vrou na haarself kyk en natuurlik hou ‘n man van komplimente. Mans het nie ‘n begeerte aan komplimente van ander mense nie. Hy blom as dit van sy vrou af kom!
Ongelukkig mis ons soveel keer hierdie behoeftes, want ons word ingetrek by goed wat ons as belangrik ag. Dit veroorsaak krapperigheid en sonder dat jy weet jy doen dit, is jy besig om ‘n “score sheet” op te trek tussen jou man en daai ou by die werk. Jy tref vergelykings tussen jou vrou en daai sekretaresse. “sy verstaan my...”
Luister mooi… sodra jy daai “score sheet” optrek, lê die probleem nie meer tussen jou en jou maat nie. Die probleem lê tussen jou ore. ‘n Mens noem dit “Stinking thinking!”
As dit gaan oor regte in jou huwelik wat jy heeltyd net wil afdwing, is jou huwelik in ‘n bootjie wat reguit oppad is na die rotse toe. “As jy net wil doen wat ek sê….” Voor jy jou oë uitvee is jy op ‘n plek wat nie lekker is nie.
GEBED:
Hemelse Vader. Dankie dat U ons nie dieselfde gemaak het nie. Ons verskil van mekaar. Nie een persoon se duimdruk is dieselfde nie. Dis juis hoekom ons vandag ons diepe afhanklikheid aan U bely om ons te help met ons verhoudings.
Help ons om mekaar eerste te stel en mekaar te dien soos U voorbeeld van U Seun, Jesus Christus. Ons bid dit in Sy Naam, Jesus alleen. AMEN!

Dag 2: Staan sterk teen die versoekings!

Derde party versekering    Dag 2

Dag 2: Staan sterk teen die versoekings!

Ek glo dat enige paartjie wat trou, trou nie met die intensie dat hulle gaan plek maak vir ‘n derde party in hulle huwelik nie. Nee… ons trou, want ons het ‘n diep begeerte om ons lewens te deel met iemand. Ek glo dat meeste mense wat voor die kansel staan en trou beloof aan mekaar doen dit met ‘n opregte hart.
Die pyn, seer, trauma en verwyte wat die betrokkenheid van ‘n derde party in ‘n huwelik te weeg bring, is enorm. Ons by Lofoord sal altyd eerder versoening en herstel promofeer as egskeiding. Ek verstaan daar is definitiewe gegronde Bybelse beginsels wanneer egskeiding “ok” is, maar ek glo u sal saam met my stem dat die letsels van ‘n egskeiding so diep is dat dit altyd die laaste opsie moet wees.
“Marriage is about giving – Adultery is about taking!”
Kan ‘n mens nie Derde Party Versekering uitneem vir jou huwelik nie?
“Virseker” – (Net ‘n grappie!)
God se gedagtes het nog nooit verander nie. Hy het die reëls bepaal van die huwelik. Dis Sy bloudrukplan waarin en waardeur Hy Sy liefde en harmonie en vrede kommunikeer. Dis binne ‘n huwelik waarin Hy vryheid van intimiteit seën.
Spreuke 6: 27-29 – “Kan jy kole vuur in ‘n voorskoot dra sonder dat jou klere aan die brand raak? Kan jy op brandende kole loop en nie jou voete skroei nie? Net so is dit met iemand wat by ‘n ander man se vrou gaan slaap. Niemand wat met haar lol, sal ongedeerd daarvan afkom nie.”
God sê: moenie oorgee aan hierdie goed nie. Ek het vir jou ‘n uitkoms. Dis nie net ‘n versekeringspolis met grys areas nie. Dis God se versekering wat Hy jou gee. Hy gee jou Sy Woord. Hier is die versekering wat Hy gee vir enige aanslae teen jou huwelik:
1 Kor. 10:13 – “Onthou, die versoekings wat oor julle pad kom, is nie uniek nie; ander ondervind dit ook. God is getrou. Hy sal keer dat die versoeking te sterk vir julle word. Midde-in die versoeking sal Hy vir ‘n uitweg sorg sodat julle dit kan verduur.”
Die klem is op “midde-in die versoeking sal Hy vir ‘n uitweg sorg!”
Net so terloops, as jy dalk voel: “Gelukkig is my huwelik gesond. Dit sal nie met my gebeur nie!” Die teksvers net voor hierdie een sê: “As julle dink julle staan sterk, oppas dat julle ook nie tot ‘n val kom nie.”

GEBED:

Hemelse Vader, dankie dat U getrou is en in die midde van ons storms die uitkoms gee. Maak asb ons ore oop sodat ons die stille influistering van U stem kan hoor en ag slaan op U waarskuwings. Dankie dat U nog nooit opgegee het op ons nie. Ons is so lief vir U Vader.
Dankie dat U ons huwelike beskerm. Ons eer U. In Jesus Naam.  AMEN!

Dag 3: Fases van ‘n “affair!”

Derde party versekering     Dag 3

Dag 3: Fases van ‘n “affair!”

Daar is 5 fases van ‘n “Affair:”

Gekyk
Matt. 5:27-29 – “Julle het gehoor dat daar gesê is: ‘Jy mag nie egbreuk pleeg nie.’ Maar Ek sê vir julle, elke man wat met ‘n wellustige oog na ‘n ander vrou kyk, het al klaar in sy hart egbreuk gepleeg. En as jou regteroog jou laat struikel, pluk dit liewer uit en gooi dit weg van jou af. Dit is vir jou beter dat een van jou liggaamsdele tot niet gaan as dat jou hele liggaam in die hel eindig.”
In die midde van die storm gee God die uitkoms. Kry klaar daarmee. Vat beheer oor die remote van die TV. Kanseleer daai plek wat jy op ingeteken het op die rekenaar.

Dit laat my dink aan die man wat saam met sy vrou Mall toe gegaan het en eweskielik loop daar ‘n “drop dead gorgeous” vrou verby. Die man kan homself nie keer nie en begin staar. Na so ‘n rukkie hoor die man ‘n stem: Dis sy vrou! Sy vra: “Was dit nou die moeite werd… die moeilikheid waarin jy nou is.”
Jy sien, voordat die vyand jou in die bed wil kry, wil hy eers in jou gedagtes kom. Maak toe daai deur!

Geklets – Pasop vir fb en whatsapp. Voor jy jou oë uitvee is jy in die moeilikheid. Die tye wanneer mense die aktiefste is op facebook is vanaf 9 uur in die aand. Dis die tyd wanneer jy in die bed lê en al die ligte af is. Wil ons rêrig met daai gedagtes aan die slap raak?
Watch your words – they become thoughts.
Watch your thoughts – they become actions.
Watch your actions – they become habits.
Watch your habits – they become character.
Watch your character – they determine your destiny!

Gekuier – “Pastoor, ek weet nie hoe werk dit nie, elke keer as ons by die werkspartytjies kom, eindig ons om met mekaar te gesels. Ons het dieselfde belangstellings!”

Gekonkel – Gaan gepaard met leuens!
Hebr.4:13 – “Voor God kan absoluut niks weggesteek word nie. Ons staan kaalgestroop en weerloos voor die Een aan Wie ons verantwoording moet doen.”

Gekroek – “Pastoor, jy sal dit nie glo nie, die een dag was ons nog vriende en die volgende dag het ons langs mekaar wakker geword.” My reaksie sal wees: “Jy lieg!”
Daar is soveel mense wat sê: “ Maar hoekom het God my versoek?” God sal nooit Sy bloudrukplan op die spel plaas sodat jou geloof getoets kan word nie. Jak. 1:13-15 – “Wanneer iemand iets verkeerds wil doen, moet hy nie sê: ‘God verlei my’ nie. Ons weet mos God kan nie verlei word om verkeerd te doen nie, en Hy verlei ook niemand nie. Ons eie sondige begeertes beproef ons, sleep ons saam en verlei ons. As ons sondige begeertes eers bevrug geraak het, is sonde die babatjie wat gebore word. En as hierdie babatjie kans kry om volwasse te word, gee dit geboorte aan die dood.”

GEBED:

Hemelse Vader, dankie dat U altyd te midde van die storm vir ‘n uitkoms sorg. Help ons om klaar te kry met hierdie sondige begeertes van ons. Die uiteinde daarvan is altyd die dood. Help ons om die gevaartekens van hierdie fases raak te kan sien en weg te draai daarvan. In Jesus Naam bid ons. AMEN!

Dag 4: Die 4 moeilikste sinne in ‘n huwelik

Derde party versekering Dag 4

Dag 4: Die 4 moeilikste sinne in ‘n huwelik.

Wat doen ek as ek klaar oortree het?
Jy gaan vir ‘n traumatiese amputasie. Hoe kap jy ‘n apie se stert af? Jy sê nie… Kom hier apie… Ek wil jou stertjie afkap nie. Jy vat hom vas, kap die stertjie net duskant sy boudjies af. Dit gaan bloei. Dit gaan seer wees, maar die genesingsproses kan begin.
Jy bel jou skelmpie voor jou vrou en maak klaar met daai verhouding. Toon berou! In Joh. 8 bring die Fariseers ‘n vrou wat op die daad van owerspel betrap is na Jesus en hulle wil haar stenig. Jesus sê vir haar: ‘Ook Ek veroordeel jou nie. Gaan maar en moet van nou af nie meer sonde doen nie.’
Beoefen die 4 moeilikste sinne in ‘n huwelik:
Ek is jammer
Ek was verkeerd
Vergewe my
Ek het hulp nodig
Pasop dat trotsheid jou nie weerhou om hierdie 4 sinne te beoefen nie!

GEBED:

Hemelse Vader, Dawid skryf in Psalm 51 net nadat hy owerspel gepleeg het die volgende: “Wees my genadig, o God! Skep vir my ‘n rein hart, o God. Gee my ‘n nuwe standvastige gees. Moenie my verban weg van U teenwoordigheid nie, en moenie U Heilige Gees van my af wegneem nie.” In Jesus Naam bid ons dit ook. AMEN!

Dag 5: Wat kan ek doen om my huwelik te beskerm?

Derde party versekering

Dag 5: Wat kan ek doen om my huwelik te beskerm?

Vra God vir hulp. Jy vra God om jou daai eerste liefde wat jy vir jou maat gehad het, weer te herstel. Pas 1 Kor. 13:7 toe. “Die liefde soek nie sy eie belang nie, die liefde is geduldig, dit hou nie boek van die kwaad nie.”

Respekteer mekaar – “Wees aan mekaar onderdanig soos die kerk aan Christus onderdanig is.”

Neill Anderson skryf in sy boek: “Setting your marriage free” dat daar ‘n kerk in Frankryk was wat geglo het mans sal beter luister as hulle deur mans geleer word en net so sal vrouens beter dinge beryp as hulle deur vrouens geleer word. Hulle beproef toe die stelling met ‘n volwasse mans klas en ‘n volwasse vrouens klas. Elkeen moes hulle gedagtes rondom die skepping deel en by ‘n finale punt uitkom.

Die vroue klas se bevinding van die skepping was: “God created man first and said: ‘I can do better than that and then He created the woman.’”
Die mans se bevinding was: “God created man first and all was peaceful and quiet, but it was too quiet, so He created the woman. Neither man nor God has had peace ever since!”

Kommunikeer met mekaar. Eva vra vir Adam… “Het jy my lief Adam?” Adam kyk rond en sê: “Wie anders!” Nee! Hy moes beter gekommunikeer het. Hy kon gesê het: “Eva, jy is die enigste vrou op hierdie aardbol vir my!”

Sit die romanse weer terug. Moenie geleenthede laat verbygaan om jou maat spesiaal te laat voel nie. As jy nie in Valentynsdag glo nie, moenie dit as ‘n verskoning gebruik om niks te doen nie. Dink mooi daaraan… God het die perfekte ambiance geskep vir Adam en Eva in die Paradys. Onthou: Jou liggaam behoort aan jou maat. 1 Kor. 7:4

GEBED:

Hemelse Vader, dis net U wat ons kan help en ons leer hoe om die huweliksmaat te wees wat U ingedagte gehad het. Ons kom lê nou ons eie behoeftes en verwagtinge voor U voete neer en vra dat U ons sal help om ons huweliksmaat te dien. In Jesus Naam bid ons. AMEN!

Hou op om ander te blameer en aanvaar verantwoordelikheid

Geleen

Hou op om ander te blameer en aanvaar verantwoordelikheid

Filippense 3:13 NLV

Hoe jou verlede ook al mag lyk, God het 'n beter toekoms vir jou in gedagte. Voor jy egter jouself daarna kan uitstrek, moet jy die mense wat jou seergemaak het, vergewe, jouself vergewe en dit laat gaan. Wanneer jy dit doen, sal jy heel waarskynlik 'n wye verskeidenheid emosies ervaar. Jy mag dalk woede ervaar en dink dat die lewe onregverdig is en dat dit nie is wat jy in gedagte gehad het nie. Jy het nooit verwag dat jy alleen vir jou lewe verantwoordelikheid moet neem nie. Jy mag dalk angstig voel, bang dat jy dit nie sal kan doen nie - en dat as jy misluk jy net jouself het om te blameer. Jy mag dalk vererg voel omdat jy nou jou lewe in 'n nuwe lig moet oorweeg, vanuit 'n ander perspektief. Jy mag dalk selfs hartseer voel oor die manier wat jy ander mense in die verlede blameer het, terwyl jy diep binne in jou geweet het dat jou lewe nie na wense as gevolg van jou eie keuses en besluite vorder nie. Jy mag dalk skaam voel oor die foute in jou verlede en onseker wees of jy regtig persoonlike verantwoordelikheid kan neem en vorentoe kan beweeg. Watter emosies ook al te voorskyn kom, weet net dat dit normaal is wanneer jy 'n betekenisvolle lewensverandering maak. Erken dit wat jy voel; vra jouself af of jou gedagtes rasioneel is en of dit net ou vrese is wat met jou praat. Hou dan by jou besluit om op te hou om ander te blameer en neem verantwoordelikheid vir jou eie lewe. Die woord vir jou vandag is: '...vergeet dit wat agter [jou] lê, en strek [jou] uit na dit wat voorlê.'

Reps gesoek

Reps gesoek

Tydens my jare in die besigheidswêreld was een van die moeilikste aanstellings dié van reps. Dis nou die mense wat die wêreld moet ingaan met jou produk onder die arm. Hulle moet baie opgewonde wees oor jou produk sodat hulle ander net so opgewonde kan maak en hulle uiteindelik sover kan kry om jou produk aan te koop.

Dit is van wesenlike belang dat die rep in die produk moet glo wat hy of sy moet verkoop, want as hulle nie met hart en siel daarin glo nie, kan hulle nie opgewonde daaroor wees nie en sal dit maar erg moeilik gaan om die produkte aan iemand anders te verkoop.

As jy mooi daaroor dink, soek jy eintlik ’n tweede ou soos jy, want wie anders is meer opgewonde oor jou produk as jyself? Ek onthou altyd hoe opgewonde ek oor ons produkte geword het. As iemand my net iets sou vra, vertel ek met graagte en in detail die hele storie oor hoe die produk ontstaan het, hoekom dit baie beter is as die naaste teenstander s’n, hoeveel pryse en sertifikate al ingepalm is en as die aanhoorder my kans gee, vertel ek sommer die storie van my vinger wat ek in die duur Duitse masjien gedruk en byna heeltemal verloor het.

’n Mens soek vêr om iemand te kry wat jou produkte, jou besigheid en jou mense so op die hart dra soos jyself.

Paulus was op soek na só iemand. Weens onvoorsiene omstandighede kon hy nie na die mense van Tessalonika gaan nie. Sy hart het gebrand om weer by die jong Christene uit te kom. Dit het baie swaar met hulle gegaan en hy het geweet dat hulle iemand nodig het om hulle te bemoedig en by te staan. Maak nie saak na watter kant toe hy gesoek het nie. Daar was net nêrens ’n tydjie waar hy gou na hulle kon wegglip nie.

In die soeke van Paulus om iemand te kry om hom daar by die mense te gaan verteenwoordig, m.a.w. sy rep te wees, pop Timoteus se naam in sy kop op. Paulus sê: 2Toe ek in Atene gepreek het, het ek later so baie na julle verlang dat ek op die ou end besluit het om Timoteus na julle toe te stuur. Hy is ’n dierbare broer van ons almal. Hy staan saam met my in God se diens en help my om die goeie nuus oor Christus oral bekend te maak.

Ja! Kom ons stuur vir Timoteus. Hy dra God se dinge op sy hart. Net soos Paulus brand hy om God se verlossende boodskap by die mense uit te bring. Hy kan dit nie verduur dat mense reguit op pad is na die hel terwyl Jesus se verlossende boodskap gratis vir almal beskikbaar is nie.

Timoteus is vir seker die beste rep om die werk te gaan doen. Timoteus word nie gelok deur ’n groot salaris met baie byvoordele nie. Vir hom is dit nie nodig om groot kommissies te verdien nie en nog minder moet daar check point Charlies ingesit word om seker te maak dat hy nie heeldag in koffiewinkels rondlê nie. Niks kan hom keer om die opdrag namens Paulus uit te voer nie.

En vandag het niks verander nie. Daar is steeds hordes mense wat die goeie nuus van Christus só nodig het. Daar is hordes wat toe oë op die afgrond van die dood afpyl.

In God se wêreld is daar vandag nog net so ’n groot aanvraag na reps. Daar word nog net so hard gesoek na mense met ’n hart vir verlorenes wat namens Jesus na verlore mense kan gaan met die enigste reddende produk ooit. Die beste van alles is dat jy nie ’n sent daarvoor hoef te vra nie. Dis alles gratis.

Is jy bereid om soos Timoteus jou hand op te steek en te sê: Hier is ek! Ek sal God se rep in die wêreld wees?

Teks

1 Tessalonisense 3:1-5

Om oor na te dink

Is jy bereid om God se rep in die wêreld te wees?

Waar kan jy begin?

Gebed

Ons Vader, ek weet al van lank terug dat U met my praat oor dié pos wat gevul moet word. Ek weet dat U my daarvoor roep, maar ek moet bieg ek is baie bang daarvoor. Ek weet nie wat om te sê nie. Wys my hoe en waar ek moet gaan. Ek vra dit in Jesus se Naam. Amen.

Selfs in gevaar, is God daar.

Selfs in gevaar, is God daar.

1 Samuel 17:17-18

17Op ’n dag sê Isai vir Dawid: “Vat sestien kilogram gebraaide koring en tien brode na jou broers toe in die militêre kamp. 18Gee hierdie tien stukke kaas vir hulle bevelvoerder. Kyk ’n bietjie hoe dit met jou broers gaan en bring iets saam om te bewys dat dit goed gaan met hulle.”

Daar is baie mense in ons lewens wat graag vir ons wil beskerm, hulle is bang dat ons seerkry. Dawid se broers was by die geveg gewees waar Goliat so trots gestaan het en gespot het met Israel, en Dawid se broers was baie sterker en ouer as hy. Tog was hulle ook net so bang soos die res van die Israeliete.

So Isai (Dawid se pa) stuur vir Dawid om vir sy broers kos te vat en sê vir Dawid hy moet ʼn bewys terugbring om te bewys dat hy by sy broers was en dat hulle okay is. Dit was duidelik ʼn baie gevaarlike plek waarheen Dawid moes gaan. En natuurlik is sy pa bang om hom na so ʼn gevaarlik plek te stuur.

Partykeer word ons ook gestuur in moeilike situasies in. Dalk word ons gelei na ʼn plek waar om die goeie dig te doen beteken ons word gespot en geterg. Maar wat ons nie moet vergeet nie is dat God aan ons kant is. As ons op God vertrou het ons niks om te vrees nie. Selfs al beweeg ons in moeilike plekke in en al gebeur daar dinge wat ons bang maak, sal God dit vir goed laat uitwerk as ons ons vertroue plaas in Sy goedheid. Dawid was bewus dat God by hom was.

Selfs in gevaar, is God daar.

Gebed: Dankie Here vir U groot liefde, mag ek in die week  net weer besef hoe naby U is. Ek weet U sal my nooit verlaat nie, selfs in tye van gevaar en vervolging.

Uitdaging: Stel jou selfoon wekker vandag vir ʼn random tyd. Wanneer dit afgaan, neem ʼn tydjie om te bid en net te besef dat God reg by jou is.

Bereid om te ly?

Bereid om te ly?

Die tyd ná Jesus het hordes mense tot bekering gekom. Tog was dit nie maklik nie. 14…net soos hulle daar in Judea onder die Jode moes ly as gevolg van hulle geloof, ly julle nou ook onder julle eie volksgenote. Om vir Jesus te kies, was nie die makliker roete nie. Inteendeel. Sommige moes met hulle lewe daarvoor betaal.

Hier waar ons woon is dit darem nie so erg nie. Ons lewens is nie in gevaar omdat ons in Jesus glo nie. Tog raak dit al hoe moeiliker om op te staan vir dit waarin ons glo. Die wêreld is nie meer ’n Jesus-vriendelike wêreld nie. Jesus-kinders is besig om uit te sterf, omdat mense net nie meer wil opstaan vir dit waarin hulle glo nie.

Dalk het ons bang geword om op te staan vir Jesus of dalk is ons deesdae so akkommoderend en wil nie ander ontstel nie dat ons eerder stilbly.

Ek kry gereeld foto’s van Christene wat kop onderstebo kniel by ’n soldaat van ’n ekstreme groep met ’n byl in die hand. Ek wonder dan baie hard wat ek sal maak as ek in so ’n situasie sou kom. Sal ek my geloof prysgee of sal ek bereid wees dat hulle my kop afkap vir my geloof in die lewende God?

Maar dalk moet ons nie so ’n ekstreme voorbeeld gebruik nie. Kom ons kyk eerder hier in ons eie omgewing.

Is ek bereid om my mond by die werk oop te maak oor onreg en ’n kans staan om dalk my werk te verloor? Is ek bereid om by die huis Jesus se woorde te bring en dalk onder ’n stortvloed geskel van ander deur te loop? Is ek bereid om my vriend aan te praat omdat hy of sy God se naam ydellik gebruik en die kans staan om ons vriendskap te verloor?

Baie van ons se geloof het so afgewater geword dat ons dit onder die kleinste stukkie druk sal prysgee. Eintlik doen ons dit reeds, want ons bly orals stil oor onreg.

Dit is vir my interessant, nee, eintlik skokkend om te sien hoe die lewe so maklik tussen my en God inskuif. As ek my weer kom kry, doen ek soos die wêreld sê en vergeet ek van God se dinge. Ek vergeet of raak lui om vroeg op te staan en tyd met God deur te bring. Met die effek dat God en Sy dinge nie meer vir my belangrik is nie.

Later is ek ook nie meer bereid om vir God te ly en Sy dinge eerste in die wêreld te stel nie.

Keer op keer moet ek weer ’n besluit neem om die wekker te stel en vroeër op te staan vir stiltetyd. Dis hier waar God kans kry om my te lei en sterk te maak vir die wêreld daar buite. Dan kan ek weer opstaan vir Sy dinge en ja, dan is ek bereid om vir Hom te ly, want dan weet ek waaroor dit regtig gaan.

Mag dit waar word vir jou ook. Mag jou verhouding met God net sterker word, sodat jy nie twee keer sal dink om op te offer vir Hom nie.

Teks

1 Tessalonisense 2:13-16

Om oor na te dink

Is jy bereid om vir God se dinge in die wêreld op te staan?

Sal jy ter wille van God ly?

Hoe gesond is jou verhouding met God?

Gebed

Ons Vader, ek besef dat ek nie gereed is om vir U alles op te gee nie. Ek weet dat die wêreld en die geraas daar buite te veel in my is. Ek wil hê dat U my moet wys hoe ek moet lewe. Ek wil ook eendag sê: Vir my God sal ek sterf. Amen.

Shalom

Pieter

As God ingryp is dit duidelik

As God ingryp is dit duidelik

1 Samuel 17:37

Die Here wat my uit die kloue van die leeu en die beer gered het, sal my ook red van hierdie Filistyn!” Saul het uiteindelik ingestem. “Goed, doen dit,” sê hy. “En mag die Here met jou wees!”

Is daar ʼn tyd in die jaar sovêr wat jy God se wonderwerke om jou gesien het? Het God dalk ingegryp in jou lewe in so ʼn manier wat jy nie kon twyfel dat dit Hy was wat dit gedoen het nie? Dawid het so ʼn ervaring gehad.

As skaapwagter het Dawid baie kere wilde diere teëgekom wat hom in gevaar gestel het. Hy het ʼn beer en ʼn leeu teëgekom en God het vir hom die krag gegee om veilig van sy gevegte met hierdie diere uit te kom. Hy het geweet dat as God al reeds ingegryp het, God weer sal kan ingryp. Selfs teen Goliat.

As ons die maniere begin raaksien wat God ingryp in ons lewens gee dit ook vir ons hoop dat God weer sal ingryp. Het ons genoeg vertroue om te glo dat God ons kan gebruik om groter dinge te doen as dit wat ons reeds kon doen in Sy krag?

As God ingryp is dit onmoontlik om dit te mis!

Gebed: Dankie Here dat U ingryp in my lewe, dankie dat ek die vertroue kan hê dat U my en my lewe raaksien en die beste vir my wil hê.

Uitdaging: Neem ʼn langer tyd van gebed vandag en bid in dankbaarheid oor ʼn tyd wat God in jou lewe ingegryp het.

Ons het ʼn wapen teen groot uitdagings

Ons het ʼn wapen teen groot uitdagings

1 Samuel 17:45

Maar Dawid skree terug: “Jy kom na my toe met ’n swaard en ’n spies en ’n swaard, maar ek kom na jou toe in die Naam van die Here, die Almagtige, die God van die magte van Israel wat jy staan en beledig.”

Aan die begin van die week het ons Goliat, Dawid en die Israeliete se boelie ontmoet. Dawid moes groot vertroue in God gehad het om Goliat aan te vat. Ons weet ook uit ons ervarings dat dit baie vertroue neem om op te staan teen groot uitdagings en boelies.

Ons boelies en ons uitdagings het, net soos Goliat, wapens waarmee hulle ons wil seermaak. Baie kere is die maniere wat dit seermaak nie noodwendig eers fisies nie, maar ook emosioneel. Ons is in die versoeking gestel om te dink dat ons uitdagings ons waarde verminder of ons glo ons boelies wanneer hulle sê ons is nie genoeg nie. Maar ons het ʼn beter wapen.

Ons wapen is die wete dat God ons lief het en ons daarom baie waardevol is. Ons moet nie bang wees om vas te staan in die beloftes wat God maak teenoor ons nie. Ons kan weet dat net soos met Dawid, God ons nooit sal verlaat nie. Hy staan aan ons kant. So as ander mense of dinge ons in gevaar stel, kan ons weet dat God daar is om ons nuwe krag te gee.

Ons het ʼn wapen om op te staan teen groot uitdagings.

Gebed: Dankie Heer dat ek in U krag teen my boelies en uitdagings kan kom staan. Wanneer ek mense teëkom wat my probeer seer maak met hulle woorde, help my om eerder te glo wat U van my glo: U is lief vir my en ek het ontelbare waarde. Amen.

Uitdaging: Noem een manier wat jy hierdie week vertel was dat jy nie goed genoeg was nie. Hou dit op teen God se liefde vir jou en hoe awesome hy jou geskep het. Weet dat jy soveel meer waarde het as dit wat ander van jou mag dink.

 

ICU ( I see you )

ICU ( I see you )

Gister sien ek hierdie letters op ʼn straatverkoper se T hemp. Dit is ʼn advertensie vir elektroniese produkte maar ek wonder of hy die profetiese inslag en belofte daarvan vir sy eie lewe raaksien.

Om op die hoeke van strate van motor tot motor te loop en met onvriendelike en strak gesigte gekonfronteer te word, kan seker nie maklik wees nie. Ek bevind my ook in daardie groep en beleef die gedurige geklop aan my venster irriterend en intimiderend. Ek wil nie my venster oopdraai en nog ʼn papiertjie van ʼn diens en produk waarin ek nie belangstel, ontvang nie. Ek het al ʼn hele versameling daarvan. Ek ignoreer die mense soos stopstrate, maak of hulle nie bestaan nie en vermy oogkontak omdat dit gewoonlik aanleiding gee tot ʼn opdringerige verkoopsknapie wat nie nee vir ʼn antwoord aanvaar nie. Die meeste van ons kan met hierdie scenario identifiseer.
Die Here werk met my.

Hy sê die optrede behaag Hom nie.
Hy herinner my daaraan dat Hy dié mense raaksien. Trouens Hy skryf dit selfs op hulle T hemde om hulle daaraan te herinner dat Hy altyd daar is.

Ek het die sekuriteit van ʼn inkomste, huis en ander materiële dinge. Dit is alles genade gawes. Ek het dit nie en ek kan dit nooit ook verdien nie.
Dit kon ek gewees het op straat. 

Toegegee daar is kansvatters. Ek respekteer mense wat selfs met ʼn vullissak staan en probeer om jou motor skoon te kry terwyl ander hul probleme met handgeskrewe plakkate uitkontrakteer.

Maar die Here sien hulle ook. 
Dit kon ek gewees het. 
Ai Here, ek staan beskaamd voor U oor die negatiwiteit wat ek somtyds ervaar teenoor straatverkoper en bedelaars. Vergewe my die harteloosheid. Wys my dan hoe U wil hê ek moet optree.

Dankie dat ek ook vandag ʼn T hemp kan aantrek met die woorde “I see you” ( ICU) daarop geskrywe.
Dit is my enigste hoop.

 

Moenie bekommer nie, vertrou

Moenie bekommer nie, vertrou!

Matteus 6:25

Moenie gedurig loop en julle bekommer nie. Moenie van vroeg tot laat vra: ‘Gaan ek genoeg hê om te eet?’ of: ‘Gaan ek genoeg hê om aan te trek?’ nie. Die lewe gaan tog oor baie meer as kos en klere.

Was jy al ooit in ‘n situasie waar dit lyk asof jy net nie weet hoe jy deur die dag gaan kom nie? Miskien is dit nie net iets wat van tyd tot tyd gebeur nie, miskien is dit iets wat al heeltyd jou aandag neem. Dalk sukkel jou ouers met finansies en jy het geen idee hoe om te help nie?

Vir ons wat so voel, kom dit amper natuurlik om bekommerd te wees. Wanneer Jesus met ‘n groot groep mense praat, weet hy dat bekommernis ook hulle aantas. Dit is belangrik om te verstaan ​​dat Jesus se woorde hier nie beteken dat ons net moet deal met ons issues en maak of dit niks is nie. Nee, Jesus weet dat God die Vader omgee vir ons. Hy het nie probeer om mense te vertel dat hulle hul probleme net moet vergeet nie, maar eerder om nie daarop te fokus nie.

Terwyl ons omstandighede moeilik kan wees, moet ons nie bitter wees en God aankla dat Hy nie omgee vir ons nie. Dit is nie waar nie. God gee soveel om en Hy is by ons in ons moeilikheid. Ons moet die geduld hê om Hom eerste te vertrou en nie bekommerd te wees dat God niks sal doen nie.

Moenie bekommer nie. Vertrou.

Gebed: Vader God, ek weet U is groter as my bekommernisse. Dankie dat U altyd vir my sorg. Help my om meer op U te vertrou as wat ek oor my bekommernisse dink. Amen.

Uitdaging: Maak aan die einde van die dag ‘n lys van die dinge waarvoor jy bekommerd was. Hoeveel van hierdie bekommernisse het jy beheer oor? Het jy opgelet dat God werk ten spyte van jou bekommernisse?

Johnny, die sak pakker

Johnny, die sak pakker by die kettingwinkel, het pas 'n kursus by die kerk bygewoon waarin hulle aangemoedig is om 'n verskil in die...