Woensdag 18 April 2018

Deur te volhard, wys ons hoe Jesus ons verander het.

Deur te volhard, wys ons hoe Jesus ons verander het.

Romeine 5:3

3Dis egter nie al nie – ons jubel selfs in ons swaarkry, want ons besef dat die swaarkry ons leer om te volhard.

Het jy al ooit ʼn video-kompilasie gesien waar mense val omdat hulle dom dinge doen? Ons is geneig om daarvoor te lag, maar dis anderste as ons die ene is wat val. Vandag se teksvers sê nie nou ons moet lag as ons seerkry nie, maar dit wys dat ons vreugde kan hê in die midde van swaarkry.

Dit beteken ook nie dat ons bly is as ons swaarkry nie, maar eerder dat ons die swaarkry gebruik as ʼn manier om te groei. Partykeer is ons swaarkry baie naby aan ons harte en dit affekteer ons familie. Of dalk gaan ons deur ʼn verskriklike moeilike tyd, maar God bly teenwoordig. As ons swaarkry, leer dit vir ons ook om op God te vertrou en in die manier volhard ons.

Ons moet volhard in ons geloof en aanhou vertrou op die goeie einde wat God in gedagte het (selfs al kan ons dit nie noodwendig sien nie). Dit maak dan van ons mense wat duidelik aan ander wys hoe groot ʼn impak Jesus in ons lewens gemaak het.

Deur te volhard, wys ons hoe Jesus ons verander het.

Gebed: Here, U weet die swaarkry wat ek tans deurgaan. U weet watter deeltjies van my hart stukkend is, maar help my om my oë op U te rig. Gee my asseblief die krag om t volhard in vreugde omdat U naby is.

Uitdaging: Wees vandag ʼn bietjie braaf en deel iets wat vir jou laat swaarkry met ʼn nabye vriend, ouer, of familielid. Vra vir hulle om saam met jou daaroor te bid en te vertrou dat God jou sal bystaan.

Geen opmerkings nie:

Plaas 'n opmerking

Johnny, die sak pakker

Johnny, die sak pakker by die kettingwinkel, het pas 'n kursus by die kerk bygewoon waarin hulle aangemoedig is om 'n verskil in die...