Donderdag 26 April 2018

Kyk vorentoe… Daar’s amazing dinge wat wag! 2 Korintiers 4:17 17Ons swaarkry op die oomblik is gering en tydelik, maar dit bewerk vir ons ’n heerlikheid wat alles verreweg oortref en vir altyd vas sal staan. Enigiemand wat al ooit intense sport gedoen het en moes kompeteer op provinsiale, nasionale of internasionale vlak sal vir jou sê hulle gaan deur baie oefening en baie pyn om hulself op die punt te kry waar hulle van die bestes in die wêreld is. As ons net in die hede vaskyk, gaan ons natuurlik baie amazing dinge mis. Imagine net gou Lionel Messi (sommige mense sê hy is die beste sokkerspeler in die wêreld) het besluit hy gaan net oefen tot wanneer die oefening bietjie pyn veroorsaak en nie verder nie. Ons sou dan nooit van hom gehoor het nie, want hy sou dan nooit so goed geword het nie. So kom ons onthou om vorentoe te kyk, verby die ongemaklike dinge wat daarmee saamgaan om Jesus te volg. Kom ons oefen dinge soos liefde, geduld, vriendelikheid en genade. En jy kan maar glo dat om die dinge te oefen nie ons gemaklik gaan los nie. As mense wat vir Jesus liefhet, kyk ons vorentoe na al die wonderlike dinge wat God vir ons in gedagte het. Dié dinge is nie tydelik nie, dis dinge wat nou die ongemak van liefde die moeite werd maak. Kyk vorentoe… Daar’s amazing dinge wat wag! Gebed: Vader, ek weet dat U soveel amazing planne vir my het. Wanneer ek wil opgee op die goeie dinge, help my om deur te druk al maak dit seer, want ek weet op die einde is U die heelpad by my. Uitdaging: Ons gaan bietjie prakties vorentoe kyk vandag. Lees vandag 1 Korintiërs 10:31 ook. Watse alledaagse dinge kan jy tot God se glorie doen?

Kyk vorentoe… Daar’s amazing dinge wat wag!

2 Korintiers 4:17

17Ons swaarkry op die oomblik is gering en tydelik, maar dit bewerk vir ons ’n heerlikheid wat alles verreweg oortref en vir altyd vas sal staan.

Enigiemand wat al ooit intense sport gedoen het en moes kompeteer op provinsiale, nasionale of internasionale vlak sal vir jou sê hulle gaan deur baie oefening en baie pyn om hulself op die punt te kry waar hulle van die bestes in die wêreld is.

As ons net in die hede vaskyk, gaan ons natuurlik baie amazing dinge mis. Imagine net gou Lionel Messi (sommige mense sê hy is die beste sokkerspeler in die wêreld) het besluit hy gaan net oefen tot wanneer die oefening bietjie pyn veroorsaak en nie verder nie. Ons sou dan nooit van hom gehoor het nie, want hy sou dan nooit so goed geword het nie.

So kom ons onthou om vorentoe te kyk, verby die ongemaklike dinge wat daarmee saamgaan om Jesus te volg. Kom ons oefen dinge soos liefde, geduld, vriendelikheid en genade. En jy kan maar glo dat om die dinge te oefen nie ons gemaklik gaan los nie. As mense wat vir Jesus liefhet, kyk ons vorentoe na al die wonderlike dinge wat God vir ons in gedagte het. Dié dinge is nie tydelik nie, dis dinge wat nou die ongemak van liefde die moeite werd maak.

Kyk vorentoe… Daar’s amazing dinge wat wag!

Gebed: Vader, ek weet dat U soveel amazing planne vir my het. Wanneer ek wil opgee op die goeie dinge, help my om deur te druk al maak dit seer, want ek weet op die einde is U die heelpad by my.

Uitdaging: Ons gaan bietjie prakties vorentoe kyk vandag. Lees vandag 1 Korintiërs 10:31 ook. Watse alledaagse dinge kan jy tot God se glorie doen?

Geen opmerkings nie:

Plaas 'n opmerking

Johnny, die sak pakker

Johnny, die sak pakker by die kettingwinkel, het pas 'n kursus by die kerk bygewoon waarin hulle aangemoedig is om 'n verskil in die...