Sondag 08 April 2018

SMART FLIGHT ATTENDANT

SMART FLIGHT ATTENDANT

A 50-something year old Muslim man  arrived at his seat on a crowded flight and immediately didn't  want the seat.
The seat was next to an elderly white woman  reading her Bible.

Disgusted, the Muslim man immediately summoned the flight attendant and  demanded a new seat.
The man said"I cannot sit here next to  this infidel."
The flight attendant said "Let me see if I can  find another seat."

After checking,  the flight attendant returned and stated
"There are no more  seats in economy, but I will check with the captain and see if  there is something in first class." 

About 10 minutes  went by and the flight attendant returned and stated
"The  captain has confirmed that there are no more seats in economy,
but there is one in first class.
It is our company policy to  never move a person from economy to first class,
but being that  it would be some sort of scandal to force a person to sit next to anUNPLEASANT person,
the captain agreed to make the switch to first class."

Before the irate  Muslim man could say anything, the attendant gestured to the  elderly woman and said,
"Therefore, madam, if you would so  kindly retrieve your personal items,
we would like to move you  to the comfort of first class as the captain doesn't want you to sit next to an unpleasant person."

Passengers in  the seats nearby began to applaud while some gave a standing ovation.

I say, can I get an Amen to that!

Kom saam met my

Kom saam met my

Kom saam met my! So lui Jesus se woorde aan Sy eerste dissipels in Matteus 4:18-20. Kom saam met my. Hierdie woorde van Jesus wat ook vertaal kan word met: “Volg my!” het in verskillende kontekste verskillende betekenisse. Kom saam met my kan dalk die meneer of juffrou wees wat jou na die hoof se kantoor toe vat. Dit kan iemand wees wat jou uitnooi na die partytjie van jou lewe. Dit kan maar net iemand wees wat jou saamnooi na die volgende werksafspraak. Hoe ook al, dit is beslissende en lewensveranderde woorde komende uit die mond en die hart van die Here Jesus, as Hy sê” “Kom saam met My”.

Kom saam met my, versinnebeeld die oproep wat vanuit die Jaartema op ons almanak na elkeen van ons toe kom.  Jaar van dissipelskap. Dit impliseer ‘n persoonlike geloofsverhouding met ‘n Lewende Here. Dis ‘n oproep tot dissipelskap. Die enkele woord wat die meeste in die Nuwe Testament gebruik word om Jesus se volgelinge mee te beskryf is dissipelskap. Jesus se opdrag in Matteus 28:19 is dat ons na al die nasies toe moet gaan en die mense Sy dissipels moet maak. Sy opdrag is nie maar net dat ons Hom sal leer ken dat ons kan hemel toe gaan nie. Natuurlik is Hy die weg en die Waarheid en die lewe na die Vader toe. Maar hier en nou, op aarde, in Margate, in Suid Afrika, word ons opgeroep om van mense dissipels te maak wat van ander dissipels kan maak.

“Kom saam met my,” is dus Jesus se uitnodiging om saam met Hom, by Hom te leer wat dit beteken om Sy volgelinge te wees. Hy roep Sy dissipels om te doen wat Hy doen, in Sy krag en Sy naam. Hy roep hulle om dit weer vir ander te gaan leer. Een van ons emeriti se uitgangspunte in hierdie gemeente is dat daar ander sal wees wat sy werk sal kan doen as hy weg is. Dit wou Jesus doen. Ons is ‘n ouer wordende gemeente. Is daar genoeg mense wat by jou gesien het hoe om in Jesus se voetspore te volg, soos jy gedoen het? Wat van jou kinders en kleinkinders, is jy vir hulle ʼn rolmodel van hoe omy die Groot Leermeester Jesus Christus te volg?

Met Jesus se oproep: “Kom saam met My, moes Petrus en Johannes hul visserskuite los en agter Jesus aangaan. Wat het jy agtergelaat om Jesus te volg? Loop jy dalk net vir die opwinding saam? Is jy deel van Jesus se bewonderaarsklub of Sy A span? Is 2016 net nog ʼn jaar van kerk toe kom om te ontvang, of is jy doelbewus ingestel om Jesus in die jaar opnuut te volg, opnuut elke dag die pad in gehoorsaamheid saam met Hom te stap?

Lees ʼn slag die hele evangelie van Matteus deur en jy sal agterkom dat Jesus lief is vir die “underdog”. Hy reik uit en eet selfs saam met melaatses, die onreines van Sy dag. (Matteus 26:6). Wie is die “onreines” na wie Hy jou stuur? Wie nooi ons vir ete, net die wat ons kan terugnooi, of dalk hulle wat niemand wil nooi nie, dalk die MIV positiewes? Jesus reik uit na kindertjies, die mense wat nie in tel was nie. Wie ken jy wat uitgestoot is deur die gemeenskap en nie meer in tel is nie? Beleef hulle Jesus se liefde in jou?

Om ʼn dissipel van Jesus te wees beteken om daagliks in lewensgemeenskap met Jesus te leef. ʼn Mens kan maklik volgens wette leef, leer Adrio König êrens. Elke dag werk elke wet presies dieselfde. ʼn Lewenshouding en lewensbeginsel geld egter vir spesifieke situasies. In die een situasie het Jesus die ander wang gedraai, maar in die ander het Hy die tafels van die geldwisselaars omgegooi. In een situasie het Hy vir Sy vyande gebid. In ʼn ander situasie het Hy hulle skerp aangeval, veral die godsdienstiges wat nie liefde nie, maar koud en klinies mense op ʼn weegskaal van een tot tien beoordeel het. Dis die dat Paulus elders sê dat ons moet bid om die dinge te onderskei waarop dit regtig aankom. (Filippense 1:1-10)

Om ʼn navolger/dissipel van Jesus te wees vra om daagliks nuwe besluite te neem onder Sy leiding in die lig van nuwe situasies. Dit beteken om in alles voortdurend oop te wees vir en te soek na Sy wil. Dit beteken dat ons naby Hom moet leef, want as ons Christene wil wees, moet ons dan nie soos Jesus wees en soos Jesus doen nie? Ons sal nie net by Sy wederkoms aan Hom gelyk wees nie, ons moet nou al rein soos Hy leef (! Johannes 3:2-3). Dieselfde gesindheid wat in Hom was moet ook in ons wees, wat beteken om ander hoër te ag as onsself (Filippense 2:3-5). Ons moet leef dat ander in ons kan sien hoe Jesus lyk (Galasiërs 4:19). Onthou net die gaan nie om in eie krag te leef nie, maar om saam met Paulus te sê dat ons tot alles in staat is deur Christus wat ons die krag gee (Filippense 4:13).

Sal ons as ouers aan die einde van 2016 kan sê dat ons die Jesus lewe by ons kinders en kleinkinders ingeskerp het, dat hulle by ons geleer het hoe om Jesus te volg? (Deuteronomium 6:4-9). Sal ons as kinders Jesus vertrou met ons jeugdige krag? Sal ons as leiers Jesus voorleef, deur voorbeelde van diensbaarheid te wees en nie ons eie eer nie, maar die van ons Vader in die hemel te soek? 

Wie sal saamkom? Kom saam met my, sê Jesus en Ek sal julle vissers van mense maak. Het jy Sy stem gehoor wat roep? Neem jou kruis op en volg Hom in 2018, kruisig jou wil en wees oop vir God se stem deur Sy Woord, jou omstandighede en medegelowiges, want deur die Visserman, die Groot Leermeester Jesus Christus te volg. Kom jy saam?

Shalom

Pieter Bezuidenhout

Die Diamant

Die Diamant

Daar was n koning van n land en hy het die mooiste en grootste diamant gehad. Elke nou en dan het hy hom uitgehaal met n sagte lap blink gevryf en dan maar weer gebere. Hy so by homself gedink dit is darm maar n baie mooi steen. Op n dag haal hy weer die diamant uit en daar sien hy dat die diamant n kraak in het. Hy laat die beste diamant slypers kom maar hulle kon nie die diamant herstel nie. Hy kry geoloo maar ook hulle kan niks doen nie. Baie moedeloos sit hy toe daar met sy diamant met die kraak.in. Daar kom toe n ou man by hom aan en se hy sal die diamant reg maak en ook baie mooier as wat dit was. Die koning was baie bly en gee die diamant vir die ou diamant sluiper. n Paar dae later bring die ou man die diamant terug vir die koning. Daar waar die kraak was is nou die stem van n roos wat hy uit die diamant gesluip het met dorings en al. Die koning was so bly want nou het hy die mooiste diamant roos. Hy wil net daar en dan die helfte van sy koningkryk vir die ouman gee maar die ouman se nee. Ek kan nie al wat ek gedoen het is om te herstel wat reeds in my lewe was n groot kraak. Ja so is ons ook almal ons hwt ook krake. En dan is daar net een manier om daai krake te herstel en die is om dit na die heel beste diamant sluiper te vat naamlik JESUS. HY sluip al daai pyn en harseer en stukkende harte se krake weg en maak dan van jou een van die mooiste rose. Ja elkeen van ons is n rowe diamant en elke dag vat JESUS ons en vryf ons blink met SY sagte liefde . En dan op n dag sien hy dat iets fout is en dan begin HY al daai merke en krake uit slyp tot jy slegs die heelmooiste diamant roos is wat HY eendag in SY hemelse tuin gaan tentoon stel sodat jy daar gaan skitter. Maar laat HOM toe dat HY jou nou al slyp sodat jy kan skitter van SY liefde hier op aarde

Shalom

Pieter Bezuidenhout

Tot bo toe vol.

† Tot bo toe vol.
( ñ Italiaanse volksverhaal)

"Leermeester." sê ñ soldaat eendag vir ñ wyse ou man, "Ek het nou elke moontlike krygskuns bemeester, en al moet ek dit self sê, ek was in elke opsig die heel beste. Nou het ek tyd om iets van God te leer. Kan u my daarmee help?"
Die wyse ou man het stilweg geglimlag oor soveel selfvoldaanheid en die soldaat genooi om by hom te kom sit. "Kom ons drink eers ñ koppie tee voor ons verder gesels."
Toe die soldaat sy koppie aangee, begin die leermeester die tee inskink. Toe die koppie vol is, hou hy aan met gooi totdat die tee van die piering af op die tafel loop en later op die grond drup.
Stomgeslaan hou die soldaat sy leermeester dop tot hy nie langer kan stilbly nie. "Hou op! roep hy. "Die koppie is mos vol. Daar kan tog niks meer ingaan nie!"
Die leermeester sit die teepot kalm neer. "Ek merk op dat jy so vol is van jouself," sê hy, "dat daar geen plek vir God is nie. Dit is nie moontlik om jou iets van Hom te leer voor jy leeg word van jouself nie."

Gewoonlik is hulle wat die leegste is, die volste van hulself.

Hy wat verlief is op homself, hoef nooit ñ mededinger te vrees nie.

*Toevertrou in jou hande*

*Toevertrou in jou hande*

Vers 4 moet nog ’n keer aangeroer word: *4Nee, God self het ons uitgesoek vir hierdie wonderlike roeping. Hy het die evangelie in ons hande toevertrou. Ons sê daarom net wat Hy vir ons sê. Ons probeer nie om in mense se goeie boekies te wees nie. Ons doen net wat God van ons verwag. Hy weet wat die diepste motiewe van ons hart is.*

Jy verstaan seker nou teen die tyd dat God jou geroep het waar jy is. Dit is egter nie ’n toevallige roeping nie. Dit is nie ’n roeping waarmee jy onverskillig kan omgaan en dit net doen wanneer jy wil nie. Nee, hierdie roeping en opdrag wat God jou gegee het, is van kardinale belang vir die mense rondom jou.

Weet jy dat daar mense kan doodgaan sonder God as jy nie die verantwoordelikheid van jou roeping nakom nie? God het ’n groot stuk verantwoordelikheid in jou hande gesit en dit aan jou toevertrou.

Wat doen jy daarmee?

Baie van ons sukkel om die roeping en opdrag te verstaan en deel te maak van ons lewe. Ons vra gou: Wat het God aan my toevertrou? Waarvoor het God my geroep? Wat wil God hê moet ek vir Hom doen? Watter verskil kan ék nou in ander mense se lewens maak? Kan ek vir iemand anders van God vertel?

Ons almal vra sulke vrae en daarom moet jy weet jy is eintlik op die regte pad. As jy erns maak met die opdrag, sal God se Gees jou lei oor wat jy moet doen met die verantwoordelikhede wat Hy aan jou toevertrou het.

Ja, ek weet die meeste van ons doen nie so goed nie. Die meeste van ons weet nie eers lekker wat die verantwoordelikhede is wat God aan ons toevertrou het nie. Dit beteken nie dat ons nou die ek-voel-soos-’n-wurm-bordjie om ons nekke moet hang nie. Nee, dit is dalk ’n wakkermaak oproep. ’n Begin om ons net aan die gang te kry om dit waarin ons goed is, m.a.w. die gawes wat God ons gegee het, aan die gang te kry.

Moet tog nie so bang wees nie. Moenie verskonings maak soos “ek loop nie met my Christenskap op my mou rond nie” of ”ek kan nie ’n ander ou voor die bors gryp en hom vra hoe staan sy sake met God nie.” Dis heel waarskynlik nie wat God van jou verwag nie.

Doen net die regte dinge. Gebruik jou gawes. Maak ’n verskil in ander mense se lewens. Hoe? Gaan raak stil en hoor wat God wil hê jy moet doen. Dit sal nie lank wees nie, dan sal daar gedagtes in jou kop kom. Glo my, God sal met sy Gees in jou werk.

En miskien nog net hierdie waarskuwing: Moenie die goed probeer afwater om so in ander se goeie boekies te kom nie. Ja, dalk is jy bang die mense stoot jou weg. Dalk is jy bang die mense gaan vir jou lag. Dalk gaan dit so wees – daar is geen waarborge nie.

Daar is een belangrike ding wat jy egter moet onthou: Die mense het jou verskriklik nodig. Dalk sal hulle saam met die ander lag, maar diep binne weet hulle dat jy reg is. Eintlik wil hulle na jou toe kom, maar is dalk te bang. Kan ek jou mooi vra? Doen dit wat God in jou hande toevertrou het - voluit!

*Teks*

1 Tessalonisense 2:1-5

https://bible.com/50/1th.2:1-5.db

*Om oor na te dink*

Wat het God aan jou toevertrou?

Hoe kan jy dit gebruik om ’n verskil in ander se lewens te maak?

Wanneer kan jy hiermee begin?

*Gebed*

Vader, dankie dat U my genoeg vertrou om met ander mense oor die evangelie te praat. Ek weet ek kan dit nie uit my eie doen nie, maar dankie dat U Heilige Gees my sal bystaan en waarde en krag toevoeg tot enige iets wat ek doen. Amen.

Shalom

Pieter

*Alles bo die tafel*

*Alles bo die tafel*

*5Ons sal nooit dinge sê om by mense gewild te probeer wees nie. Julle weet dit al teen dié tyd. Ons probeer ook nie uit skelm maniere geld maak uit die evangelie nie. God is ons getuie. Hy ken ons harte.*

Hoekom is dit altyd so moeilik om dit waarin ek glo en dit waarvoor ek staan hard uit te roep, veral as daar van my vriende is wat nie in dieselfde goed glo nie? Hoekom is ek bang om die Here se naam te noem waar ek in die raadsale met ander besigheidsmanne vergader? Hoekom is ek bang om te wys waarvoor ek staan tussen my medewerkers of daar waar ek by my pêlle kuier?

Miskien is ons bang dat ander mense vir ons gaan lag of dat hulle ons gaan wegstoot en ons het hulle tog so nodig. Ons verander ons storie en los vir God net daar in die Bybel en dit net om aanvaar te word of om die werk te kry.

Mense sal vir jou respek hê as jy opstaan vir die regte goed. Mense sal dan weet uit watter stoffasie jy gemaak is en snaaks genoeg, hulle sal met jou wil assosieer. Hulle sal respek vir jou hê en weet dat hulle jou met enige iets kan vertrou.

Glo jy my nie? Probeer dit dan.

Ek het al telkemale in my lewe in situasies gekom waar ek huiwerig was om my mond oop te maak oor verkeerde goed wat gepraat of besluit was. As ek uiteindelik die moed bymekaar geskraap het om te sê dat die rigting wat die ouens nou inslaan nie vir my reg lyk nie, het dit meestal baie kritiek uitgelok en ’n moewiese stofwolk veroorsaak.

Tog, as die stofwolk gaan lê het, het baie van die groot indoenas na my gekom en dankie gesê dat ek bereid was om op te staan. Hulle het dieselfde gevoel, maar wou nie hulself eerste op die lyn plaas nie.

Vriende, daar is baie mense en organisasies wat dit nodig het dat ons as kinders van die lewende God opstaan. Daar is baie situasies waar God veranderinge wil bring. Daar is hordes plekke waar God verligting wil bring en dalk wil Hy jou gebruik om alles aan die gang te sit.

Moenie mense ontneem van God se goedheid, van God se groot hand wat net goedheid wil uitdeel deurdat jy konformeer met die mense en nie opstaan vir dit waarvoor jy staan nie. Die grootste ou boelie, die kwaaiste baas, die irriterendste kollega of vriend smag eintlik na God se genade en jy staan dalk in die pad deurdat jy alles afwater en vir die mense gee wat jy dink hulle wil hoor. Moenie dinge doen en sê om erkenning van mense te kry nie.

Wees altyd eerlik. Wees deursigtig. Doen alles bo die tafel, want ek glo oneerlikheid kom altyd aan die lig. Nie dat dit die rede is hoekom ons die reguit pad wil stap nie. Inteendeel! Ons probeer die regte dinge doen omdat God dit so van Sy kinders verwag.

Onder die tafel is die plek van die manne van die duisternis. En al lyk dit aanloklik aan die begin, waarborg ek jou baie moeilike tye wat voorlê. Onder die tafel lê baie lyke. Moenie eers probeer om in daardie rigting te beweeg nie. Indien jy jou daar bevind, moet jy jouself so gou as moontlik daar uitkry, want seer gaan jy kry.

Maak jou geld op 100% eerbare wyse. ’n Mens se kop vertel gou stories wat jy later begin glo. Voordat jy jouself kan keer, regverdig jy jou optrede wat so ’n klein bietjie weg is van wat die regtig ding is om te doen. Aan die begin pla dit jou nie eintlik nie, want jy glo die storie wat jy in jou kop opgemaak het. Pasop dat jy jouself nie pootjie nie. Dit is baie gevaarlik om op die terrein rond te beweeg!

God sien alles wat jy doen. As jy Hom as getuie moet inbring, sal jy en Hy tevrede wees met wat Hy oor jou doen en late getuig?

*Teks*

1 Tessalonisense 2:1-5

https://bible.com/50/1th.2:1-5.db

*Om oor na te dink*

Praat jy maklik oor God?

Kan mense deur jou iets van God in gesprekke hoor?

Wat moet jy ophou doen om ook die “100% eerlik” plakker te kry?

*Gebed*

Here, help my om in alles eerlik te wees. Help my om die regte pad te stap. Help my om ook ander mense rondom my te help om die regte pad te stap. Amen.

Shalom

Pieter Bezuidenhout

Hy ken jou naam

Hy ken jou naam

Ek onthou nog die dae op skool toe die meneer ons laat rugby speel het. Hy kies 2 kapteins en hulle kies uit ‘n groep seuns die spanne. Die gevoel om raak gesien te word is oorweldigend. Jy probeer langer, grooter en kwaaier lyk, net sodat daar notisie geneem word van jou.
In jou hart skreeu jy uit: “ Kies my, Kies my !!”
Niemand wil tog laaste wees nie, want dit beteken niemand het vertroue in jou nie, ook dat niemand jou regtig raak gesien het nie.
Hierdie gevoel om erken te word is deel van mens wees. Dit kan gesien word, selfs in vandag se werksplek as “Employer of the month”. In die sports wêreld word “Man of the match” aangewys, en dit alles kom neer op die konsep van erkenning.
Onder kinders het ons dit ook ervaar in destyds se skool bendes. Jy moet iets doen en jouself te bewys om gekies te word en dit stop ongellukig nie daar nie. Die druk word deur gevoer tot in hoër grade waar rook, drank, dwels en self seks die daad sal wees om ‘n jongmens sy status en erkkening te gee.
Alles het ontstaan met een groot begeerte:” Erken my...sien my raak...maak my deel “
Die ware feit is eintlik in God se oë het jy nie nodig om enigie iets te doen nie. Hy kies jou soos jy is en dis nie nodig om enige wereldse erkenning te kry nie want God sien jou raak.

Alhoewel dit die persepsie is dat die mens moet tog goeie dinge doen en goed optree is dit nie ‘n vereiste vir God om jou te kies nie.
Moses het ‘n Egiptenaar dood geslaan en in God se oë is dit seker die ergste ding wat ‘n mens kan doen, maar tog kies God hom nie lank na hierdie daad nie. Die mens sien hom as moordenaar maar God sien hom as die nuwe leier van Sy volk, en dan is dit nogals een wat hakkel.

Ons praat hier van iemand wat God nie eers ken nie, maar God het Moses geken en hom gekies.
Dieselfde situasie speel hom af in die Nuwe Testamentiese varhaal van Natanael. Natanael was skepties oor Jesus en ook arogant in sy optrede, maar Jesus antwoord en sê :” Ek het jou gesien onder die vyeboom, self nog voor Filipus jou geroep het” – Joh 1:49
Die mens is deur God raak gesien en gekies selfs nog voor hy geformeer is in sy moederskoot. Sonder enige dade om erken te word of enige dade om aandag te trek, sien God ons as mens.
God soek nie die friste, grootste of mooiste nie. Jy’s reeds gekies deur Hom, selfs nog voordat jy geweet het van God, het hy potensiaal in jou gesien.

Joh 15:16 “Julle het My nie uitverkies nie, maar Ek het julle uitverkies en julle aangestel om vrug te gaan dra en dat julle vrug kan bly, sodat wat julle die Vader ook al in my Naam vra, Hy julle dit kan gee.”

God sien jou onder die vyeboom en ja selfs onder ‘n Fiat vol ghries. Dit sit hom nie af nie. Hy sien potensiaal en verwag net van jou dat jy jouself oopstel.
Hy’y jou gesien spartel in sonde, en toe kies hy jou.
God sien eintlik Sy seun, Jesus wat verheerlik is in jou, ‘n nuwe jy ! Niemeer jy wat leef nie maar Jesus in jou.
Die mense sien miskien ‘n dwelm verslaafde maar God sien ‘n nuwe “Worship leader”
Die mense sien miskien ‘n egbreker, maar God sien ‘n nuwe evangelis.

Die NKJ vertaling sê dit mooi:” Ef 1:4) just as He chose us in Him before the foundation of the world, that we should be holy and without blame before Him in love, 5) having predestined us to adoption as sons by Jesus Christ to Himself, according to the good pleasure of His will, 6 to the praise of the glory of His grace, by which He made us accepted in the Beloved
•Let wel dat Hy kies ons , net soos Moses en Natanael se verhaal
•Ons was vooraf bepaal om kinders van Jesus te wees
•tot die goeie genot en plesier van Sy wil.
•Sonder dat ons iets hoef te doen, of om deel te wees van die gemeenskap, kies God ons.

Waarom wil ons die dinge van die wereld doen as God jou aanvaar ?
Waarom wil ons “IN” wees of deur die wereld erkenning ontvang, as God –(wat die meeste saak maak) ons alreeds aanvaar.
God kies jou en is trots daarop en dit sien ons duidelik in 1 Pet 2:9) “But you are a chosen generation, a royal priesthood, a holy nation, His own special people, that you may proclaim the praises of Him who called you out of darkness into His marvelous light; 10) who once were not a people but are now the people of God, who had not obtained mercy but now have obtained mercy.”

As Christen en kind van God voel baie mense onwaardig en nie gekwalifiseerd vir Sy seening en liefde nie. Ons wil altyd iets doen, om God se genade en seening te ontvang. Maar as wedergebore kind van God is reeds aangeneem en kwalifiseer jy al klaar, vir al Sy seeninge, genesing, verlossing en liefdevolle genade.
Ons is nou ‘n “CHOSEN GENERATION, CHILD OF GOD and NO LONGER A SLAVE OF FEAR !

Bid hierdie gebe saam met my:

“Here, dankie dat U my gekies het. Selfs nog voor die grondlegging van hierdie aarde was ek alreeds by U bekend. Nog voordat ek van U geweet het, het U alreeds van my geweet.
Ek wil opnuut my kindskap aanvaar en saam met dit al die seeninge, liefde en guns wat U as Vader vir my bestem het.
Ek ontvang dit en bely dit vandag in my lewe en spreek lewe oor my omstandigheid, want U sorg vir my.

In Jesus Naam, Amen”

Johnny, die sak pakker

Johnny, die sak pakker by die kettingwinkel, het pas 'n kursus by die kerk bygewoon waarin hulle aangemoedig is om 'n verskil in die...