Dinsdag 10 April 2018

Ons skeppingsdoel.

Ons skeppingsdoel.

'God het die mens geskep as sy verteenwoordiger, as beeld van God het Hy die mens geskep, man en vrou het Hy hulle geskep. Toe het God hulle geseën en vir hulle gesê: “Wees vrugbaar, word baie, bewoon die aarde en bewerk dit. Heers oor die vis in die see, oor die voëls in die lug, oor al die diere van die aarde, ook oor die diere wat op die aarde kruip.” ' Gen 1:27-28

Vat gou ‘n oomblik of twee en oordink hierdie oorspronklike doel hoekom God mense gemaak het. Voordat jy aangaan dink, wat beteken die verse vir my in my lewe en vir my gesin?

God gee hier ‘n seënwens en opdrag aan elkeen van ons, die opdrag is: wees vrugbaar en vermeerder. Natuurlik is dit nie net fisies nie, want daar is ‘n paar mense wat hierdie nou lees, en dink “Ek kan nie of wil nie nou nog kinders hê nie.” 
Vermeerdering is ‘n tema regdeur die Bybel van Adam af tot by Abraham.

Selfs Job het deur ‘n moeiike tyd gegaan maar daarna het God vir Hom baie meer gegee as wat Hy gehad het. Dalk het jy al baie in jou lewe verloor, tyd van diep seer of groot verlies, maar as jy God toelaat wil Hy jou nie daar los nie.

Ons lees in Johannes 15 dat elkeen wat in Jesus bly baie vrug sal dra as ons Hom toelaat om ons reg te snoei. Ons lees in die gelykenis van die Saaier dat die saad wat op goeie grond val 30, 60 of 100 voudige oes oplewer en dit is duidelik dat God wil hê ons moet vrugbaar wees.

Dit is soos die beeld van ‘n blom. ‘n Blom is gemaak om te blom! As die blom begin vorm maar nooit oopmaak nie, sal dit nooit sy skeppingsdoel uitleef nie.

Jy en ek is gemaak om te blom, sodat ons iets van God se heerlikheid kan wys. Deur die lewe het ons geleer om toe te maak. Soms a.g.v depressie of omstandighede, krisisse of seer, maak ons toe en leef nooit ons skeppingsdoel uit, om vrugbaar te wees nie.

Nou, sodra ons hoor ons moet vrugbaar wees en God wil hê ons moet oopmaak en blom, kom die gedagtes in van “Wat as ek weer seerkry?” of “Dit is nie vir my bestem om te blom nie”, want ons glo die leuen en die vyand wil jou skeppingsdoel steel. 

Die woord in Hebreeus “om te vermeerder” is Rabah en verwys na “bring in abundance or be great”. In my eie woorde “God wants you to be great!” Hy het jou gemaak om iets van Hom te weerkaats om “Great” te wees.

Dit gaan nie net oor finansies nie, maar elke deel van jou lewe. Om dit egter te bereik moet Hy jou snoei.  'Elke loot aan My wat nie vrugte dra nie, sny Hy af; maar elkeen wat vrugte dra, snoei Hy reg, sodat dit nog meer vrugte kan dra. ' Joh 15:2

As jy baie vrug wil dra moet Hy jou snoei. Daar is ook ‘n waarskuwing dat jy nie kan sê jy is in Hom en Hy is in jou, maar jy dra nie vrug nie. AS die loot geen vrug dra nie sny Hy die loot af.

Iets om oor na te dink.
Blom jy in jou lewe?
Vandag, vat die geleentheid en vra die Here om jou te laat blom.

Gebed

Here, soveel mense het al dinge oor my gesê. Mense het my al laat voel of ek nie soveel werd is nie, maar U bepaal my skeppingsdoel. Ek neem elke gedagte gevange wat my minder laat voel, sodat ek kan leef en blom in U Heerlikheid.

Amen

Geen opmerkings nie:

Plaas 'n opmerking

Johnny, die sak pakker

Johnny, die sak pakker by die kettingwinkel, het pas 'n kursus by die kerk bygewoon waarin hulle aangemoedig is om 'n verskil in die...