Dinsdag 10 April 2018

๐ŸŽต EK IS OUKEI..! ๐ŸŽต

🎵 EK IS OUKEI..! 🎵

In ’n ou tydskrif, skryf ’n plattelandse man dat hy eenkeer drie klein dogtertjies in die begraafplaas, tussen die grafte, gekry het.
Hulle het baie lekker langs ’n vars graf gespeel.
Op sy bekommerde vraag wat hulle daar doen, antwoord die oudste:
“Oom, ons speel hier by ons mamma;
sy is in hierdie graf.”
Baie ontsteld oor die drie kinders wat hulle ma verloor het, vra hy belangstellend uit, sodat hy weet wat hom te doen staan:
“Noudat julle mamma dood is, wie gaan na julle kyk en vir julle sorg?”
“Oom, dit is God se probleem;
Hy gaan dit uitsorteer....--
ons is oukei” antwoord sy toe met sekerheid.
🌺🌿🌺🌿🌺🌿
Die vertelling laat my dadelik met die gedagte dat dít volkome vertroue is!
As dit is wat dit beteken om soos ’n kind te glo, het ek (& die gemiddelde Christen) nog ’n ent om te gaan.
• Ek kan nie help om my te kwel nie.
• Ek vra daagliks vir God om my probleem Syne te maak, maar neem dit dadelik weer terug om daaroor te broei en te peins!
• Ek vertroetel dit graag, lê in die nag daaroor wakker en vra môre weer opreg dat God dit op Hom moet neem.
• Ek het egter ’n onvermoë om te laat los en te vergeet!
• Ek moet nog leer om te sê: "Dit is nou God se probleem, Hy gaan dit uitsorteer, ek is oukei..!"

🙏🏻 Ek bid dat God, in ons, die vertroue sal openbaar, dat ons sal besef:
Hy sorg vir ons.. Hy sal ons die wysheid & insig gee om ons probleme te kan hanteer/uitsorteer...
Ons sal oukei wees

Geen opmerkings nie:

Plaas 'n opmerking

Johnny, die sak pakker

Johnny, die sak pakker by die kettingwinkel, het pas 'n kursus by die kerk bygewoon waarin hulle aangemoedig is om 'n verskil in die...