Vrydag 27 April 2018

Om die outeur van die Bybel te ontmoet*

*Om die outeur van die Bybel te ontmoet*

Dit voel soms of daar soveel opinies oor die Bybel is soos wat daar mense op die aarde is. Mense haal sogenaamde waarhede uit die Bybel wat my laat wonder hoe hulle dit regkry, want dis soms die teenoorgestelde van dit wat ek daarin lees.

Ek weet ons moet ruimte hê vir mekaar, want ons elkeen kom met ’n ander bril na die Bybel en sien dinge verskillend. Ons moet besef dat ons opvoeding, ons ouers, ons vriende, die kerk waarin ons aanbid en nog vele meer die bril vorm waardeur ons na die Woord van God kyk. Die bril wat ons dra bepaal die beeld en boodskap wat ons kry.

En soms is die bril nie heeltemal effektief nie. Ek dra ’n bril en ek kan nie altyd sien as my bril vuil is nie. Ek moet eers die bril afhaal om te sien dat dit nie skoon is nie. Die vuilheid gee ’n verdraaide of dowwe beeld van die werklikheid. So is die bril waardeur ek na die Bybel kyk ook vuil en moet ek dit eers afhaal en skoonmaak om weer ’n duidelike beeld van God se Woord te kry.

Dit impliseer selfondersoek. Dalk het dit weer tyd geraak om na die oogkundige te gaan om seker te maak dat die bril nog reg is. Elke keer wanneer ek met ’n nuwe bril by die oogspesialis uitstap, lyk die stadsaal en die akkerbome weer so duidelik en dan sê ek vir myself: O, is dit hoe dit nou eintlik lyk?

Ons elkeen het ’n verantwoordelikheid om seker te maak dat ons met die regte oë na God se Woord kyk en dit begin juis hier: Ons moet erken dat dit God is wat aan die Woord is. Op ’n manier het God se Woord deur die jare sy Goddelike karakter verloor, aldus die manier hoe mense deesdae daarmee omgaan. Ek wonder baie keer of God nog betrokke is by ons interpretasie van Sy woord.

Kom ons begin almal by die een vertrekpunt: Die Bybel is God se woorde. Dis deur God geïnspireer en daarom is dit Goddelik van aard. Mag die volgende ook van ons gesê word. *13Ek kan nie ophou om vir God dankie te sê oor julle nie. Toe julle begin glo het wat ons vir julle oor God vertel het, het julle nie slegs ’n paar menslike opinies oor God aanvaar nie. Nee, julle het die lewende God se woord aangeneem. En julle is reg, want dit is regtig die woord van God.*

Ja, dit is regtig die Woord van God. Wanneer ons dus met God se Woord omgaan, moet ons dit as God se woorde hanteer. Daarom is dit heilig. Daarom het ons respek en daarom het ons ’n verantwoordelikheid om reg daarmee om te gaan. Dit is ’n groot verantwoordelikheid, want ons het ’n invloed op baie mense in wie se lewe ons dalk ’n rol speel. Ons wil tog nie die oorsaak wees dat hulle bril vuil is nie. Of hoe?

Ons moet ruimte maak vir Sy Gees om ons te help om reg te sien. Gelukkig is ons nie alleen nie: *13... Hy (God) self werk nou in julle almal wat glo.*

Mag dit waar wees van my en jou lewe. Mag ons meer as net opinies hê oor God, maar mag ons deur Sy Woord hom rêrig leer ken en mag ons anders aan die ander kant uitkom, omdat ons die Outeur van die Bybel tussen die woorde persoonlik ontmoet het.

*Teks*

1 Tessalonisense 2:13-16

*Om oor na te dink*

Sien jy die Bybel as God se woorde?

Hoe lyk die bril waarmee jy na die Bybel kyk?

Hoe sien jy jou verantwoordelikheid om die Bybel in die strate te gaan uitleef?

*Gebed*

Vader, dankie vir U Woord. Dankie dat ons U daardeur kan leer ken. Help ons om ons verantwoordelikheid na te kom en vir die mense daar buite gaan wys wat in U Woord staan. Amen.

Shalom

Pieter

Donderdag 26 April 2018

Kom ons soek na dinge wat toekomswaarde het!

Kom ons soek na dinge wat toekomswaarde het!

2 Korintiërs 4:18

18Ons oog is nie op die sigbare dinge gerig nie, maar op die onsigbare, want die sigbare dinge is tydelik, maar die onsigbare vir altyd.

Ons almal het mense na wie ons opkyk. Dalk kyk ons op na hulle, want ons waardeer hulle opregtheid, hulle nederigheid, hulle leierseienskappe. Elkeen van hulle het nie net so opgestaan toe hulle 7 jaar oud was nie – hulle ouers wens dalk dit was so, maar nee, hulle het ook net so geskop en skree. Die eienskappe het gekom van daardie dinge oefen.

Net so is die dinge wat ons beoefen dag tot dag, die mense wat ons word. So as ons net daaraan dink om die nuutste klere te hê of die beste in ʼn sport te wees, mis ons uit op dinge wat vir ewig hou. Dis nie verkeerd om dinge soos sport en mode te geniet nie, maar aan die einde van die dag is dit beter as ons God leer ken en meer soos Jesus word, want dit het ewige waarde.

So kom ons fokus nie net op die dinge wat nou en onmiddellik bereik kan word nie. Kom ons soek eerder dinge uit en hardloop agter dinge aan wat waarde het vir ons toekoms.

Kom ons soek na dinge wat toekomswaarde het!

Gebed: Here, U weet dat ek nogal kan vaskyk in die dinge wat net nou lekker is en nie toekomswaarde het nie. Help my om daagliks meer te mik vir dinge wat langer hou en meer waarde het.

Uitdaging: Identifiseer een ding wat baie van jou aandag neem: Iets wat nie toekomswaarde het nie. Is daar ʼn manier wat jy dit kan gebruik om toekomswaarde in jou lewe by te sit? Of is dit iets wat jy dalk moet opgee?

Kyk vorentoe… Daar’s amazing dinge wat wag! 2 Korintiers 4:17 17Ons swaarkry op die oomblik is gering en tydelik, maar dit bewerk vir ons ’n heerlikheid wat alles verreweg oortref en vir altyd vas sal staan. Enigiemand wat al ooit intense sport gedoen het en moes kompeteer op provinsiale, nasionale of internasionale vlak sal vir jou sê hulle gaan deur baie oefening en baie pyn om hulself op die punt te kry waar hulle van die bestes in die wêreld is. As ons net in die hede vaskyk, gaan ons natuurlik baie amazing dinge mis. Imagine net gou Lionel Messi (sommige mense sê hy is die beste sokkerspeler in die wêreld) het besluit hy gaan net oefen tot wanneer die oefening bietjie pyn veroorsaak en nie verder nie. Ons sou dan nooit van hom gehoor het nie, want hy sou dan nooit so goed geword het nie. So kom ons onthou om vorentoe te kyk, verby die ongemaklike dinge wat daarmee saamgaan om Jesus te volg. Kom ons oefen dinge soos liefde, geduld, vriendelikheid en genade. En jy kan maar glo dat om die dinge te oefen nie ons gemaklik gaan los nie. As mense wat vir Jesus liefhet, kyk ons vorentoe na al die wonderlike dinge wat God vir ons in gedagte het. Dié dinge is nie tydelik nie, dis dinge wat nou die ongemak van liefde die moeite werd maak. Kyk vorentoe… Daar’s amazing dinge wat wag! Gebed: Vader, ek weet dat U soveel amazing planne vir my het. Wanneer ek wil opgee op die goeie dinge, help my om deur te druk al maak dit seer, want ek weet op die einde is U die heelpad by my. Uitdaging: Ons gaan bietjie prakties vorentoe kyk vandag. Lees vandag 1 Korintiërs 10:31 ook. Watse alledaagse dinge kan jy tot God se glorie doen?

Kyk vorentoe… Daar’s amazing dinge wat wag!

2 Korintiers 4:17

17Ons swaarkry op die oomblik is gering en tydelik, maar dit bewerk vir ons ’n heerlikheid wat alles verreweg oortref en vir altyd vas sal staan.

Enigiemand wat al ooit intense sport gedoen het en moes kompeteer op provinsiale, nasionale of internasionale vlak sal vir jou sê hulle gaan deur baie oefening en baie pyn om hulself op die punt te kry waar hulle van die bestes in die wêreld is.

As ons net in die hede vaskyk, gaan ons natuurlik baie amazing dinge mis. Imagine net gou Lionel Messi (sommige mense sê hy is die beste sokkerspeler in die wêreld) het besluit hy gaan net oefen tot wanneer die oefening bietjie pyn veroorsaak en nie verder nie. Ons sou dan nooit van hom gehoor het nie, want hy sou dan nooit so goed geword het nie.

So kom ons onthou om vorentoe te kyk, verby die ongemaklike dinge wat daarmee saamgaan om Jesus te volg. Kom ons oefen dinge soos liefde, geduld, vriendelikheid en genade. En jy kan maar glo dat om die dinge te oefen nie ons gemaklik gaan los nie. As mense wat vir Jesus liefhet, kyk ons vorentoe na al die wonderlike dinge wat God vir ons in gedagte het. Dié dinge is nie tydelik nie, dis dinge wat nou die ongemak van liefde die moeite werd maak.

Kyk vorentoe… Daar’s amazing dinge wat wag!

Gebed: Vader, ek weet dat U soveel amazing planne vir my het. Wanneer ek wil opgee op die goeie dinge, help my om deur te druk al maak dit seer, want ek weet op die einde is U die heelpad by my.

Uitdaging: Ons gaan bietjie prakties vorentoe kyk vandag. Lees vandag 1 Korintiërs 10:31 ook. Watse alledaagse dinge kan jy tot God se glorie doen?

Dinsdag 24 April 2018

Hoe veg ons ongeregtigheid? Met liefde

Hoe veg ons ongeregtigheid? Met liefde

2 Korintiërs 4:16

16Ons gee nooit moed op nie, ook nie wanneer ons rondgestamp en mishandel word nie. Nee, dan byt ons eers vas, want God is die hele tyd by ons. Hy maak ons elke dag van binne af nuut.

Deesdae as ons so scroll deur Instagram, sien ons gereeld hoe mense oor allerhande ongeregtighede in die wêreld post. Ongeregtighede is al die dinge wat gebeur in die wêreld wat mense doen aan ander om hulle neer te druk en sleg te behandel.

Dis dan maklik vir ons om moedeloos te word en te dink dat die wêreld glad nie kan verander nie. Tot ‘n mate ervaar ons ook ongeregtigheid in ons eie lewens en dit maak regtig seer. Maar een ding wat ons nie kan doen nie, is om ongeregtighede te aanvaar. Ons is nie gemaak vir ongeregtigheid nie, maar eerder om God se liefde te ervaar.

God se plan is om ten spyte van die ongeregtighede ons elke dag nuut te maak. Ons seer plekke bring nie vir God vreugde nie. Hy smag om naby ons te wees en daagliks ʼn pad saam met ons te stap. Omdat God ons so liefhet, sal Hy ons nooit net op ons eie los nie. En soos ons saam met Hom deur die lewe gaan, omskep Hy ons seer en gee Hy vir ons geleentheid om die seer om ons te omskep.

Hoe veg ons ongeregtigheid? Met liefde.

Gebed: Dankie Here, dat U altyd by ons is. Here, soos wat ek die ongeregtigheid om my sien, help my om nie daardeur mismoedig te word nie. Vat my by die hand om elke dag U liefde opnuut te ervaar en dit uit te gee aan almal wat ook rondom my seerkry.

Uitdaging: Dink na oor die volgende: Watter ongeregtighede is daar rondom jou? Hoe dink jy God roep jou om Sy liefde te wys in die plekke waar ongeregtigheid gebeur?

Ware liefde kort nie ʼn rede nie

Ware liefde kort nie ʼn rede nie

Romeine 5:6-8

6Ja, juis toe ons nog totaal hulpeloos was, het Christus vir ons, die goddeloses, kom sterf… 8God laat blyk sý liefde vir ons egter daarin dat Christus vir ons kom sterf het ten spyte daarvan dat ons nog sondaars was.

Dink gou aan iemand wat jy as een van jou gunsteling mense sou beskou; en dan aan iemand waarmee jy gereeld vassit. Ons liefde is baie kere nogal voorwaardelik (so ons hou baie keer van mense as gevolg van wat hulle doen). Ons voel dat die boelies by die skool slegte dinge verdien en ons naaste vriende die beste verdien.

Gelukkig het ons nie beheer oor hierdie dinge nie. God se liefde aan ons is totaal en al onvoorwaardelik. Dit beteken dat selfs al doen ons dinge wat vir God nie goed en mooi is nie, Hy ons nie enigsins minder sal liefhê nie. God het, ten spyte van die feit dat ons as mense so baie met Hom vassit, gekies om aarde toe te kom en ons plek by die kruis in te neem. Crazy nê?

Maar dit beteken nie dat ons net doen wat ons kan en dat ons nie dink aan die nagevolge nie. As ons vernuwe word (dink aan gister se teksvers), help die Heilige Gees ons om meer en meer soos Jesus te begin lyk. En ons is dankbaar dat God vir ons genoeg genade geskenk het om Jesus te stuur sonder die waarborg dat ons Hom sal wil volg – dis ware liefde.

Ware liefde kort nie ʼn rede nie.

Gebed: Dankie Here, dat U my liefhet ten spyte van die tye wat ek met U vassit. Ek wil ware liefde uitstraal aan die mense om my net soos wat U vir my gewys het.

Uitdaging: Tik/skryf ʼn boodskap aan die persoon met wie jy so gereeld vassit (die een waaraan jy gedink het aan die begin van die Padkos). Wens vir hulle ʼn goeie dag toe en vra eerlik hoe dit met hulle gaan.

Donderdag 19 April 2018

The Call of God on the life of every true disciple of Christ

The Call of God on the life of every true disciple of Christ
Nature of calling
1. 
The call is never self appointed or imposed on God.  It is not even to be classified under volunteering.  The call is distinctly and exclusively from God.  First to general service ad secondly to specific service or services.
2.
All disciples of Christ are called to general service to the gospel by command.   Matthew 28:18-20, Acts 1:8,  Isaiah 49:6,  Isaiah 66:19, Mark 16:15.  These references are but examples of the many scripture reference on this theme.
3.
This general call is not to action out of a theology of works, or motivation to earn salvation and approval from God.  The call is to obedience and work in the power of the Holy Spirit to God’s glory, credit and satisfaction by slaves (doulos) of Christ.  One must then also state that without such Spirit guided works there is no surety of salvation.  (James 2, 2 Tim 1:7-9). 
4.
Specific calling is also in the same formula as the general call with the difference that specific men and women  are called to specific works and duty.  Either short term callings or a lifelong calling or both.  So we get Philip’s call to evangelise the Ethiopian (Acts 8:26) or Paul’s lifelong call as the 13th or 14th Apostle, depending on your view of Judas Iscariot. (Romans 1:1, Acts 9).
5. 
Disciples of Christ all have the assignment of the general call as well as specific missions to accomplish.  Then also some will have a specific call which is lifelong or for a longer period subservient to the general call to service.  (2 Peter 1:1-4, Jude 1:1, 1 Peter 1:13-16, Hebrews 11:8)

Three Specific individuals Called

1. Jonah
a) Specific short term call
This prophet is  more famous for his call to a short-term mission than his lifelong call to the kings of the  Northern ten tribes or Ephraim as Isaiah calls them.  His mission to Nineveh was before the fall of the ten tribes of Israel by the hand of the Assyrians.  We can speculate about God’s reasons but that would be futile.  We do know that God used the Assyrians to destroy Israel.   The purpose of the call was to announce the doom of the Assyrians.  (Jonah 1:2).   As we know they repented and therefore God, in keeping with his perfect redemptive nature could not, and did not destroy them.  An interesting aspect is that while God calls many, and many rebel and are disobedient, God then does not always force his call.  Sometimes he does as in Jonah’s case.  It was a case of obey or perish. The final outcome of this mission was not permanent repentance by the Assyrians as God shows Jonah.  (Jonah 4:5-10).   This example is interesting as it shows the results of disobedience to God’s call.  Another example would be Samson.
b) Long term or lifelong call. 
The less well known call to Jonah was to the kings and nation of Israel. (The ten tribes).  There already existed a division which would grow to be irreconcilable between Judah and the Northern tribes.  Jonah was a prophet during the reigns of Jeroboam I and II.   There is no evidence of his work beyond a single verse.  (2Kings 14:25).  However, that verse is pregnant with meaning and much can be deduced from it.  It is certain that Jonah prophesied, and with that motivated Jeroboam I and II to attack and retake the territories lost.  The territories under Israel  was re-established as under the reign of king David.  We can therefore safely assume that Jonah was not as rebellious as is often postulated and generally obedient to his call as prophet to Israel.

2.  John Mark
Few realise that this young man (when we meet him) received a call.  He grew from being an assistant evangelist not respected by Paul to one Paul revered.  (Acts 13, Acts 15:37-38). He worked with the most notable Christians of the time being Barnabas, Paul and Peter.  (1 Peter 5:13, Colossians 4:10,  Acts 13, Acts 15:39, 2 Timothy 4:11).   So by all accounts Mark was successful in his calling as evangelist and it would seem this was a lifelong call.  He also had a specific call to write a gospel based on what Peter told him and preached.  Why was this call unique?  It had a double purpose.  First of all it was a history of the faith to be used in and around Rome.  Secondly, it was taken up in the New Testament.  This purpose of God I am quite certain Mark knew nothing about.  That is true of many specific calls.  Often those called can only see an immediate relevance to their call but are unaware of the secondary and oftentimes even greater plan of God than the initial call reveals at the time.  Peter was alive when this gospel was written and should Peter have objected to the content it would not have been redistributed by copying and would certainly not have been taken up in the New Testament.  So was Mark called to be an evangelist?  I have no doubts and his call was confirmed by his labours of the likes of Peter and Paul.  Was his writing of the gospel by a call on him from God?  I have no doubt about that either as it is a cornerstone in our Bibles.

3.  John the Baptist
Can a call be made before someone is born?  We do have several examples.  In fact Samson, already mentioned, as well as Samuel as well as others.  John, cousin of Christ is certainly such an example.  (Luke 1:5-25, Luke 3:1-18).  The purpose of his call had several elements.  First as a fulfilment of prophecy.  (Matthew 3:3).  Secondly to move hearts and minds to true repentance and baptism as a testimony to forgiveness of sin.  Thirdly to preach and prepare hearts  for the coming ministry of the Messiah.  At least some of John’s disciples became Apostles and some others became disciples/followers. (John 1:40-41).    

The function, characteristics and purpose of the call by God

1.  To give glory to God.
God is full of himself and his glory.  While it may seem strange as that is something  we are not supposed to be.  However, as C.S. Lewis, A.W. Tozer as well as Dr. L. Gioglio has stated – who would you want a perfect holy God to be full of?  What can the perfect holy God’s main concern be anything other than his glory?  The acting out of the call by man reveals the majesty and glory of God.  Isaiah 2:10-11  Go into the rocks and hide in the dust from the terror of the LORD and from His majestic splendour.  (11)  Human pride will be humbled, and the loftiness of men will be brought low; the LORD alone will be exalted on that day. (Holman Christian Standard Bible).

Moses understood it and in Exodus 33:18 we read; “Then Moses said, "Please, let me see Your glory."  (Holman Christian Standard Bible).
2. To stand in service of God
The call is always to be of service to God and not to serve man.  Mankind may be the beneficiary of the result but the first and primary function is to serve the will, plan and purpose of God.  From the calling of Moses to the prostitute Rahab and all others besides.

3.  Repentance and deliverance.
Specific calls are almost exclusively to exact repentance and restoration.  Esther, Gideon, Moses as Old Testament examples and certainly the New Testament calls are focused on the gospel and regeneration in Christ.  God’s focus for man has always been restoration and regeneration to populate his eternal presence and residence.

4.  The call is answered in trust and with faith  
This aspect is crucial.  God calls and uses people that are less than perfect and often people that we would not have considered as candidates.  Paul was a murderer and persecutor of the first believers.  Moses had developed a speech impediment.  Rahab was a prostitute.  Jonah was stubborn.  So we can reveal the shortcomings of the less than perfect people God called.  The individual called must act with complete trust and unwavering faith.  Abraham is used as a prime example and also as such in the New Testament (Galations 3:8).  Even where faith is wavering but the commitment to obedience sure, God will have is way.   He will confirm and strengthen the called one’s faith even when a fleece is put out.  (Gideon).  

5.  The call is general
While the specific calls must not be diminished in importance, the general call to every disciple of Christ must not and cannot be avoided.  It may be a lifelong specific calling within the general calling too.  Every individual must answer God’s call in his or her circumstances and environment.  God demands that and expects that.

6.  The call is not to works but works of faith
God’s call on all his people is not to works for the sake of works. (James 2).  God’s call is to works of faith within his will to his purposes and to his glory.

Conclusion
The call of God is integral in the life of every son of God or disciple of Christ in the New Testament context.   It is in fact the testimony of disciples of Christ that their lives give testimony to God’s call in the fruit their lives produce to God’s purpose, will and plan and to his glory. The success of a specific, general or lifelong call does not depend on the skills, suitability, experience or even the appearance of the individual.  It depends on the ability of God to use an individual despite any shortcomings.

Woensdag 18 April 2018

Deur te volhard, wys ons hoe Jesus ons verander het.

Deur te volhard, wys ons hoe Jesus ons verander het.

Romeine 5:3

3Dis egter nie al nie – ons jubel selfs in ons swaarkry, want ons besef dat die swaarkry ons leer om te volhard.

Het jy al ooit ʼn video-kompilasie gesien waar mense val omdat hulle dom dinge doen? Ons is geneig om daarvoor te lag, maar dis anderste as ons die ene is wat val. Vandag se teksvers sê nie nou ons moet lag as ons seerkry nie, maar dit wys dat ons vreugde kan hê in die midde van swaarkry.

Dit beteken ook nie dat ons bly is as ons swaarkry nie, maar eerder dat ons die swaarkry gebruik as ʼn manier om te groei. Partykeer is ons swaarkry baie naby aan ons harte en dit affekteer ons familie. Of dalk gaan ons deur ʼn verskriklike moeilike tyd, maar God bly teenwoordig. As ons swaarkry, leer dit vir ons ook om op God te vertrou en in die manier volhard ons.

Ons moet volhard in ons geloof en aanhou vertrou op die goeie einde wat God in gedagte het (selfs al kan ons dit nie noodwendig sien nie). Dit maak dan van ons mense wat duidelik aan ander wys hoe groot ʼn impak Jesus in ons lewens gemaak het.

Deur te volhard, wys ons hoe Jesus ons verander het.

Gebed: Here, U weet die swaarkry wat ek tans deurgaan. U weet watter deeltjies van my hart stukkend is, maar help my om my oë op U te rig. Gee my asseblief die krag om t volhard in vreugde omdat U naby is.

Uitdaging: Wees vandag ʼn bietjie braaf en deel iets wat vir jou laat swaarkry met ʼn nabye vriend, ouer, of familielid. Vra vir hulle om saam met jou daaroor te bid en te vertrou dat God jou sal bystaan.

Hy ken jou naam


Ek onthou nog die dae op skool toe die meneer onslaat rugby speel het. Hy kies kapteins en hulle kiesuit ‘n groep seuns die spanne. Die gevoel om raakgesien te word is oorweldigendJy probeer langer,grooter en kwaaier lyk, net sodat daar notisie geneemword van jou.

In jou hart skreeu jy uit: “ Kies my, Kies my !!”

Niemand wil tog laaste wees nie, want dit betekenniemand het vertroue in jou nieook dat niemand jouregtig raak gesien het nie.

Hierdie gevoel om erken te word is deel van mensweesDit kan gesien word, selfs in vandag sewerksplek as “Employer of the month”. In die sportswêreld word “Man of the match” aangewys, en ditalles kom neer op die konsep van erkenning.

Onder kinders het ons dit ook ervaar in destyds seskool bendesJy moet iets doen en jouself te bewysom gekies te word en dit stop ongellukig nie daar nie. Die druk word deur gevoer tot in hoër grade waarrook, drank, dwels en self seks die daad sal wees om‘n jongmens sy status en erkkening te gee.

Alles het ontstaan met een groot begeerte:” Erkenmy...sien my raak...maak my deel 

Die ware feit is eintlik in God se  het jy nie nodig omenigie iets te doen nieHy kies jou soos jy is en disnie nodig om enige wereldse erkenning te kry niewant God sien jou raak.

Alhoewel dit die persepsie is dat die mens moet toggoeie dinge doen en goed optree is dit nie ‘n vereistevir God om jou te kies nie.

Moses het ‘n Egiptenaar dood geslaan en in God se is dit seker die ergste ding wat ‘n mens kan doen, maar tog kies God hom nie lank na hierdie daad nie. Die mens sien hom as moordenaar maar God sienhom as die nuwe leier van Sy volk, en dan is ditnogals een wat hakkel.

Ons praat hier van iemand wat God nie eers ken nie, maar God het Moses geken en hom gekies.

Dieselfde situasie speel hom af in die NuweTestamentiese varhaal van NatanaelNatanael wasskepties oor Jesus en ook arogant in sy optrede, maar Jesus antwoord en  :” Ek het jou gesien onderdie vyeboom, self nog voor Filipus jou geroep het” –Joh 1:49

Die mens is deur God raak gesien en gekies selfs nogvoor hy geformeer is in sy moederskootSonderenige dade om erken te word of enige dade omaandag te trek, sien God ons as mens.

God soek nie die fristegrootste of mooiste nieJy’sreeds gekies deur Homselfs nog voordat jy geweethet van God, het hy potensiaal in jou gesien.


Joh 15:16 “Julle het My nie uitverkies nie, maar Ek hetjulle uitverkies en julle aangestel om vrug te gaan draen dat julle vrug kan blysodat wat julle die Vader ookal in my Naam vraHy julle dit kan gee.”

God sien jou onder die vyeboom en ja selfs onder ‘n Fiat vol ghriesDit sit hom nie af nieHy sienpotensiaal en verwag net van jou dat jy jouselfoopstel.

Hy’y jou gesien spartel in sonde, en toe kies hy jou.

God sien eintlik Sy seun, Jesus wat verheerlik is injou, ‘n nuwe jy Niemeer jy wat leef nie maar Jesus injou.

Die mense sien miskien ‘n dwelm verslaafde maar God sien ‘n nuwe “Worship leader”

Die mense sien miskien ‘n egbreker, maar God sien ‘nnuwe evangelis.

Die NKJ vertaling  dit mooi:” Ef 1:4) just as He chose us in Him before the foundation of the world, that we should be holy and without blame before Him in love, 5) having predestined us to adoption as sons by Jesus Christ to Himself, according to the good pleasure of His will, 6 to the praise of the glory of His grace, by which He made us accepted in the Beloved

Let wel dat Hy kies ons , net soos Moses enNatanael se verhaal

Ons was vooraf bepaal om kinders van Jesus tewees

tot die goeie genot en plesier van Sy wil.

•Sonder dat ons iets hoef te doen, of om deel te weesvan die gemeenskap, kies God ons.

Waarom wil ons die dinge van die wereld doen as God jou aanvaar ?

Waarom wil ons “IN” wees of deur die werelderkenning ontvang, as God –(wat die meeste saakmaakons alreeds aanvaar.

God kies jou en is trots daarop en dit sien onsduidelik in 1 Pet 2:9) “But you are a chosen generation, a royal priesthood, a holy nation, His own special people, that you may proclaim the praises of Him who called you out of darkness into His marvelous light; 10) who once were not a people but are now the people of God, who had not obtained mercy but now have obtained mercy.

As Christen en kind van God voel baie menseonwaardig en nie gekwalifiseerd vir Sy seening enliefde nieOns wil altyd iets doenom God se genadeen seening te ontvang. Maar as wedergebore kind van God is reeds aangeneem en kwalifiseer jy al klaar,vir al Sy seeningegenesingverlossing en liefdevollegenade.

Ons is nou ‘n “CHOSEN GENERATION, CHILD OF GOD and NO LONGER A SLAVE OF FEAR !

Bid hierdie gebe saam met my:

“Here, dankie dat U my gekies het. Selfs nog voor diegrondlegging van hierdie aarde was ek alreeds by U bekend.Nog voordat ek van U geweet het, het U alreeds van mygeweet.

Ek wil opnuut my kindskap aanvaar en saam met dit al dieseeningeliefde en guns wat U as Vader vir my bestem het.

Ek ontvang dit en bely dit vandag in my lewe en spreek leweoor my omstandigheid, want U sorg vir my.

In Jesus Naam, Amen”

Dinsdag 17 April 2018

Waar Bevind Ek My As Christen?

Vyf Bybelse begrippe wat Elke Nuwe Gelowige moet Verstaan

(OM GEESTELIKE GROEI TE VERMEERDER EN FRUSTRASIE TE VERMINDER!)
(Belangrik – Woorde of frases wat onderstreep is, het dalk verdere verduideliking nodig)

1.    As my Saligmaker, wil Jesus hê dat ek weet dat al my sondes vergewe is en dat ek nou die ewige lewe het.

Joh. 5:24 “Dit verseker Ek julle: Wie luister na wat Ek sê, en in Hom glo wat My gestuur het, het die ewige lewe. Hy word nie veroordeel nie, maar het reeds uit die dood na die lewe oorgegaan."
Rom. 4:7-8  “Geseënd is die mense wie se oortredinge nie gestraf word nie en wie se sonde vergewe word. 8Geseënd is die mens vir wie die Here die sonde nie toereken nie.”
Rom. 8:1  Daar is dus nou geen veroordeling vir dié wat in Christus Jesus is nie.
Rom. 8:16  Hierdie Gees getuig saam met ons gees dat ons kinders van God is.
Rom. 8:31  Wat is nou ons gevolgtrekking oor al hierdie dinge? Dít: God is vír ons, wie kan dan teen ons wees?
Rom. 10:13  want elkeen wat die Naam van die Here aanroep, sal gered word.
1  Joh. 3:24  …  Hiéraan weet ons dat Hy in ons bly: Hy het ons sy Gees gegee.
1 Joh. 5:11-13  En die getuienis behels dít: God het ons die ewige lewe gegee, en dié lewe is deur sy Seun. 12Wie die Seun het, het die lewe; wie nie die Seun van God het nie, het ook nie die lewe nie. 13Hierdie brief skrywe ek vir julle, sodat julle kan weet dat julle die ewige lewe het, julle wat in die Seun van God glo.
 

2.    As my Heer, wil Jesus hê dat ek weet ek is duur gekoop en dat ek nie meer aan myself behoort nie.

Joh. 13:13  Julle noem My julle Leermeester en Here, en julle is reg, want Ek is dit.
Rom. 11:33-12:1  … Uit Hom en deur Hom en tot Hom is alle dinge. … En nou doen ek 'n beroep op julle, broers, op grond van die groot ontferming van God: Gee julleself aan God as lewende en heilige offers wat vir Hom aanneemlik is. Dit is die wesenlike van die godsdiens wat julle moet beoefen.
Rom. 14:7-8 Niemand van ons leef tog vir homself nie, en niemand sterf vir homself nie. 8As ons lewe, leef ons tot eer van die Here; en as ons sterwe, sterf ons tot eer van die Here. Of ons dan lewe en of ons sterwe, ons behoort aan die Here.
1  Kor. 6:19-20  Of besef julle nie dat julle liggaam 'n tempel van die Heilige Gees is nie? Julle het die Heilige Gees, wat in julle woon, van God ontvang, en julle behoort nie aan julleself nie: 20julle is gekoop, en die prys is betaal. Julle moet God dus in julle liggaam verheerlik.
1 Kor. 7:22-23  … Net so ook is 'n vry man wat deur die Here geroep is, nou 'n slaaf van Christus. 23Julle is vrygekoop en die prys is betaal; ....
2 Kor. 5:15  Hy het vir almal gesterwe, sodat dié wat lewe, nie meer vir hulleself moet lewe nie, maar vir Hom wat vir hulle gesterf het en uit die dood opgewek is.
Nota: Hierdie gedagte kan oorweldigend wees, as dit nie vir die absolute waarheid was dat God my liefhet nie en altyd die beste sal doen vir my.

Indien God my liefhet en slegs die beste vir my kan doen, en nooit foute maak nie, wat sou ʼn logiese rede kon wees om Hom nie as my Meester te aanvaar nie?

3.   Ek is besonders en God het ʼn wonderbare, unieke plan vir my hele lewe, en Hy wil hierdie plan vir my bestuur.

Psalm 40:6 Here my God, U het baie wonderlike dinge gedoen; U dink altyd aan ons; daar is niemand soos U nie. Ek sou daarvan wou vertel en daaroor praat, maar dit is te veel om op te noem.
Psalm 139:16 U het my al gesien toe ek nog ongebore was, al my lewensdae was in u boek opgeskrywe nog voordat ek gebore is.
Spreuke 3:5-6 Vertrou volkome op die Here en moenie op jou eie insigte staatmaak nie. 6Ken Hom in alles wat jy doen en Hy sal jou die regte pad laat loop.
Jer. 29:11  Ek weet wat Ek vir julle beplan, sê die Here: voorspoed en nie teenspoed nie; Ek wil vir julle 'n toekoms gee, 'n verwagting!
Mat. 11:28-30  (Jesus het gesê) “Kom na My toe, almal wat uitgeput en oorlaai is, en Ek sal julle rus gee. 29Neem my juk op julle en leer van My, want Ek is sagmoedig en nederig van hart, en julle sal rus kry vir julle gemoed. 30My juk is sag en my las is lig.”
Rom. 8:31-32  Wat is nou ons gevolgtrekking oor al hierdie dinge? Dít: God is vír ons, wie kan dan teen ons wees? 32Hy het sy eie Seun nie gespaar nie, maar Hom oorgelewer om ons almal te red. Sal Hy ons dan nie al die ander dinge saam met Hom uit genade skenk nie?
 

4.    God wil hê ek moet weet dat alleenlik die Heilige Gees in staat is om God se plan aan my te openbaar en my daarin te lei.

Spreuke 16:9 'n Mens beplan sy pad, maar die Here bepaal hoe hy loop.
Jes. 55:8-9 My gedagtes is nie julle gedagtes nie, en julle optrede nie soos Myne nie, sê die Here; 9soos die hemel hoër is as die aarde, so is my optrede verhewe bo julle optrede en my gedagtes bo julle gedagtes.
Jer. 10:23  … die mens kan nie self sy pad kies nie, niemand kan self sy koers bepaal nie.
Joh. 12:24-26 (Jesus het gesê) Dít verseker Ek julle: As 'n koringkorrel nie in die grond val en sterwe nie, bly hy net een; maar as hy sterwe, bring hy 'n groot oes in. 25Wie sy lewe bo My liefhet, verloor dit; en wie sy lewe in hierdie wêreld nie bo My liefhet nie, sal dit vir die ewige lewe behou. 26As iemand My wil dien, moet hy My volg; en waar Ek is, daar sal my dienaar ook wees. As iemand My dien, sal die Vader hom eer.
1 Kor. 2:9-14  …“Wat die oog nie gesien en die oor nie gehoor het nie,” en wat in die hart van 'n mens nie opgekom het nie, dit het God gereed gemaak vir dié wat Hom liefhet. 10Aan ons dan het God dit deur die Gees bekend gemaak, want die Gees deursoek alle dinge, ook die diepste geheimenisse van God. ....

5.    God wil hê ek moet weet dat die Heilige Gees my sal leer om Sy leiding te herken, te volg en te gehoorsaam.

Psalm. 32:8 Ek wil jou onderrig en jou die pad leer wat jy moet volg. Ek wil jou raad gee en my oog oor jou hou.
Lukas 9:23-24  Toe het Hy vir almal gesê: “As iemand agter My aan wil kom, moet hy homself verloën, elke dag sy kruis opneem en My volg, ....
Joh. 10:27  (Jesus het gesê) “My skape luister na my stem; Ek ken hulle, en hulle volg My.
Joh. 14:26 en wanneer die Vader in my Naam die Voorspraak, die Heilige Gees, stuur, sal Hy julle alles leer en julle herinner aan alles wat Ek vir julle gesê het.
Joh. 16:13-15 Wanneer Hy kom, die Gees van die waarheid, sal Hy julle in die hele waarheid lei. Wat Hy sal sê, sal nie van Homself kom nie: Hy sal net sê wat Hy hoor, en Hy sal die dinge wat gaan kom, aan julle verkondig. 14Hy sal My verheerlik, want wat Hy van My ontvang, sal Hy aan julle verkondig. 15Alles wat aan die Vader behoort, behoort ook aan My; daarom dat Ek gesê het: Wat Hy van My ontvang, sal Hy aan julle verkondig.”
Rom. 12:2  Julle moenie aan hierdie sondige wêreld gelyk word nie, maar laat God julle verander deur julle denke te vernuwe. Dan sal julle ook kan onderskei wat die wil van God is, wat vir Hom goed en aanneemlik en volmaak is.

Johnny, die sak pakker

Johnny, die sak pakker by die kettingwinkel, het pas 'n kursus by die kerk bygewoon waarin hulle aangemoedig is om 'n verskil in die...