Donderdag 26 April 2018

Kom ons soek na dinge wat toekomswaarde het!

Kom ons soek na dinge wat toekomswaarde het!

2 Korintiërs 4:18

18Ons oog is nie op die sigbare dinge gerig nie, maar op die onsigbare, want die sigbare dinge is tydelik, maar die onsigbare vir altyd.

Ons almal het mense na wie ons opkyk. Dalk kyk ons op na hulle, want ons waardeer hulle opregtheid, hulle nederigheid, hulle leierseienskappe. Elkeen van hulle het nie net so opgestaan toe hulle 7 jaar oud was nie – hulle ouers wens dalk dit was so, maar nee, hulle het ook net so geskop en skree. Die eienskappe het gekom van daardie dinge oefen.

Net so is die dinge wat ons beoefen dag tot dag, die mense wat ons word. So as ons net daaraan dink om die nuutste klere te hê of die beste in ʼn sport te wees, mis ons uit op dinge wat vir ewig hou. Dis nie verkeerd om dinge soos sport en mode te geniet nie, maar aan die einde van die dag is dit beter as ons God leer ken en meer soos Jesus word, want dit het ewige waarde.

So kom ons fokus nie net op die dinge wat nou en onmiddellik bereik kan word nie. Kom ons soek eerder dinge uit en hardloop agter dinge aan wat waarde het vir ons toekoms.

Kom ons soek na dinge wat toekomswaarde het!

Gebed: Here, U weet dat ek nogal kan vaskyk in die dinge wat net nou lekker is en nie toekomswaarde het nie. Help my om daagliks meer te mik vir dinge wat langer hou en meer waarde het.

Uitdaging: Identifiseer een ding wat baie van jou aandag neem: Iets wat nie toekomswaarde het nie. Is daar ʼn manier wat jy dit kan gebruik om toekomswaarde in jou lewe by te sit? Of is dit iets wat jy dalk moet opgee?

Geen opmerkings nie:

Plaas 'n opmerking

Johnny, die sak pakker

Johnny, die sak pakker by die kettingwinkel, het pas 'n kursus by die kerk bygewoon waarin hulle aangemoedig is om 'n verskil in die...