Verlossing is om die mens te red van die geestelike gevolge van sonde; veral verlossing van sonde en ewige verdoeming, deur die versoening van Jesus Christus. Verlossing is die groot behoefte van elke menslike hart, want "almal het gesondig en is ver van God af." Romeine 3:23
Saterdag 23 Junie 2018
DIE MENS SE BEHOEFTE AAN VERLOSSING
Verlossing is om die mens te red van die geestelike gevolge van sonde; veral verlossing van sonde en ewige verdoeming, deur die versoening van Jesus Christus. Verlossing is die groot behoefte van elke menslike hart, want "almal het gesondig en is ver van God af." Romeine 3:23
DEUR GENADE GERED
Wat beteken die term genade? Aan wie word die genade gebied? Hoe kan 'n mens hierdie genade ontvang? Sommige het gedink dat die mense in die ou tyd gered is deur die wet te hou, en eers nadat Christus gekom het, deur genade gered word. Dit is teenstrydig met die Skrifte, want die Bybel verklaar duidelik: Die genade van God wat verlossing bring, het immers aan alle mense verskyn." Titus 2:11 (Nadruk voorsien)
DIE WEDERGEBOORTE
DIE WEDERGEBOORTE
Met die skepping van die mens in die gedin, het God hom lewe gegee. Net so lank as wat die mens sy eenheid met God nie sou verbreek nie, sou sy lewe aanhou. Toe Adam en Eva egter gesondig het, het hulle begin sterwe. Die mens het nie lewe in homself nie. Om vir ewig te lewe, moet hy wedergebore word.
HEILIGMAKING
Wat word in heiligmaking behels? Is dit iets apart van regverdigmaking? Onthou dat God Sy geregtigheid met die mens wil deel. In watter mate is God bereid om Sy geregtigheid te deel met 'n persoon wat Hom as Heer aanneem? Is die geregtigheid net aan die begin van die Christelike lewe beskikbaar, of langs die hele weg? Ons moet onthou dat verlossing 'n ondervinding is wat nooit eindig nie. Verlossing van die skuld van sonde en sy veroordeling vind plaas wanneer 'n persoon Christus as sy Verlosser aanneem. Hy is geregverdig. Verlossing beteken ook om van die krag van sonde verlos te word. Dit is heiligmaking en duur solank as wat die persoon lewe.
Vrydag 22 Junie 2018
PREDESTINASIE
'n Seuntjie word gebore in 'n groot stad. Hy word in die strate groot. Hy leer om slegte dinge te doen. Sy ouers het probleme het hom. By die skool is hy altyd in die moeilikheid. Dit lyk os hy niks goeds kan doen nie. Hy baklei en steel. Uiteindelik word hy na 'n verbeteringskool gestuur. Ten spyte van al die straf wat hy kry, het hy geen begeerte om goed te doen nie. Jare later word hy die leier van diewe en moordenaars.
Hoe kan ons die seun se lewe van algehele boosheid verklaar? Sommige sê dat hy die slagoffer van omstandighede was, maar andere sal sê dat hy deur God voorbeskik is om sleg te wees.
DIE BEMIDDELENDE OF PRIESTERLIKE BEDIENING VAN JESUS

God se verlossingsplan is volledig en volmaak, en dit neem alle swakheid van die mens en alle krag van die vyand in ag. Dawid verklaar: "Hulp kom net van die Here af. U laat dit goed gaan met u volk!" Psalm 3:9
Toe Jona geweier het om God se boodskap van verlossing aan Ninevete verkondig, het hy in die diepste van die see beland, binne-in 'n groot vis. Maar toe hy uitroep: "Terwyl ek 'n loflied sing, wil ek aan U 'n offer bring; wat ek beloof het, sal ek doen. Hulp kom net van die Here af.' Toe beveel die Here die vis, en hy het vit Jona op die vasteland uitgespoeg." Jona 2:9, 10 Daar is sewe aspekte van Christus se lewe wat dit moontlik maak vir 'n persoon om van die dood tot die lewe oor te gaan. Elkeen is belangrik. Hierdie studie sal hoofsaaklik oor Christus se teenwoordige lewe handel en ons sal sien wat Hy tans vir ons doen.
Maandag 11 Junie 2018
God beweeg oor grense
God beweeg oor grense
Matteus 2:1-12
1Jesus is in die dorp Hb Betlehem gebore. Dit is in die landstreek van Judea. In daardie tyd was Herodes die Grote die koning van die mense in Palestina. ’n Paar sterrekenners uit die ooste het kort na Jesus se geboorte in Jerusalem aangekom… 11Die sterrekenners het toe daar ingegaan. Toe hulle Jesus sien, het hulle dadelik op hulle knieë neergeval. Uit respek het hulle laag op die grond voor Hom gebuig. Toe maak hulle hulle bagasie oop en haal ’n klompie geskenke uit wat hulle vir Hom saamgebring het: goud, wierook en mirre. 12Later het die geleerdes weer ’n droom gehad. ’n Engel het hulle gewaarsku om nie na Herodes toe terug te gaan nie. Hulle het toe met ’n ander pad na hulle eie land teruggegaan.
Het jy al ooit met iemand van ʼn ander land gesels? Wat van iemand van ʼn ander geloof? Dit kan partykeer vreemd voel om met iemand van ʼn ander geloof te gesels, omdat julle oor iets baie persoonlik verskil.
Hierdie gedeelte vertel van Jesus se geboorte en die verskillende mense in daardie tyd. Koning Herodes was baie ontsteld omdat daar ʼn nuwe koning gebore is en hy wou vir Jesus laat doodmaak. Maar omdat die 3 wyse manne God se stem gehoor het en aan Hom gehoorsaam was, het hulle besluit om nie vir Herodes te vertel waar Jesus is nie.
Hierdie storie maak ʼn moeilike gesprek met mense van ʼn ander agtergrond en geloof eintlik baie makliker. Hoekom? Hierdie verhaal wys ons dat God nie net met Christene praat nie en dat Christene nie die enigste mense in God se skepping is wat volgens Sy beeld geskep is nie. Hierdie drie wyse manne van ʼn ander land, kultuur en geloof het gehelp om Jesus en Sy gesin veilig te hou!
God beweeg oor grense!
Gebed: Here, baie dankie dat U die mensdom so divers gemaak het. Help my om te onthou dat al mag ons van mekaar verskil, dat U die hele skepping liefhet. Baie dankie dat ons die vryheid het om ons geloof so voluit te leef. Amen.
Uitdaging: Maak ʼn vriend van ʼn ander geloof. Maak seker dat jy hulle en hul geloof met baie respek hanteer. Die doel van hierdie vriendskap is om meer van mekaar te leer en te verstaan (en sodoende meer van God te leer), nie om jou vriend se geloof af te breek of sleg te sê nie.
Johnny, die sak pakker
Johnny, die sak pakker by die kettingwinkel, het pas 'n kursus by die kerk bygewoon waarin hulle aangemoedig is om 'n verskil in die...
-
Ek belowe 'n blikkie Coke sal nooit weer net 'n blikkie Coke wees ná hierdie boodskap nie. Ek wens ons grootmense, ek ingesluit, kon...
-
DINK JY MEER VAN JOUSELF AS WAT JY MOET? Nadat jy in Graad 8 amptelik in die hoërskool is, voel die senior leerlinge in jou skool dalk dat j...
-
WANNEER JY LEUENS VERTEL In die verhouding met jou ouers, onderwysers, maats en ander mense is dit baie belangrik dat jy eerlik moet wees en...




