Sondag 08 April 2018

Onderdanig aan Sy woord

Onderdanig aan Sy woord

Lees hand 2:41-43

Sien dat 2 dinge gebeur hier voor die wonders & tekens plaasgevind  het:
1.      Die woord met blydskap aangeneem
2.      Hulle het almal volhard in die leer

Soms vergeet ons die impak & ware doel van die woord. Baie mense lees glad nie self die bybel nie en maak staat op wat die prediker sê of miskien hul eggenote.
Andere voel weer dat ‘n “ verse for the day “ is genoeg vir hulle (en dit opsig self is nie verkeerd nie)
Maar die woord v God hert baie meer krag en betekenis as ons dink
Kyk weer na Hand 2:41 en hier sien ons dat die aaneem v woord is kardinale belang !
Almal juig en sing die liedjie: “Every promise in book is mine... “ maar daar is nie net “verse for the day” beloftes nie
In geheel bestaan die bybel ook nie nie net uit beloftes nie

Woord v God het opdragte en dit bring geestelike groei. Hierdie opdragte raak God se hart en dan ook uitvoering v sy instruksie.

Lees Jak 1:23-26
Kyk na v25) hy wat diep insien & dus doener is , so persoon is gelukkig in wat hy doen
Kyk ook na v 26) hier sien ons die voorbeeld v tong -> tevergeefs is dit vir hom in sy godsdiens (so persoon kan dit maar los – en dit is wat die woord sê)
My pa het altyd gepreek: ‘n kind van die Here kan nie sê: “ ag, dis maar wie ek is...julle moet my aanvaar”
As jy ou lewe (ingesluit jou gesindheid) afsterwe – kan jy nie wees wie jy is nie
Daders v woord en mense wat ag gee op die woord van God is mense wat verander het en daardeur daders geword het. Die manier wat jy praat, liefde betoon en ook  dade is anders.

In Hand 2 het die mense die woord aangeneem d.w.s hul was in alle opsigte onderdanig en onderdanig aan die woord.
Baie predikers verwys na “unteachable spirit” - l.w dis nie unteachable spirit na prediker se opdragte nie dis “unteachable spirit” na die woord van God
As ons dan se: “ag ek is nou maar só...of so - ” – dan toon jy teenoor woord v God (nie die pastoor of ds) ‘n “onleersame gees”

Lees Kol 3:8-10
Vers 10) hier sien ons dat daar verwys word na die vernuwing tot kennis na beeld v skepper. Jou transformasie is na nuwe beeld v God in jou !!!
Jesus ontvang woord of opdrag van God en kyk hoe “onderdanig” is hy onderdanig tot dood –
Fil 2:6-9

·       Die resultaat van sy onderdanigheid : hy ontvang Naam bo elke naam !
Die doel van God se woord vir ons sien ons in 2 Tim 3:16,17
·       Die resultaat van gehoorsaamheid aan sy woord is in v17) – ons word volkome in God.

In vandag se tyd leef ons in die era van menseregte en daardeur verdwyn die teregwysing.
·       Mense sê so maklik:  “ nee, ek gaan ander kerk soek”
Deur hierdie era verdwyn die onderwysing en mense sê so maklik:
·       “ jy sê nie vir my wat om te doen nie..”
Dit is ‘n duidelike voorbeeld van “unteachable spirits” teenoor die woord v God en of ons daarvan hou of nie, daar is nie net goedvoel beloftes in Sy woord nie. Daar is instruksies, en as ons net oor dit blaai en maak asof ons dit nie raak sien nie ontwikkel ons ‘n “unteachable spirit”

Die instruksies verander jou lewe en daar is ‘n beloning wanneer jy dit toepas in jou lewe.
                  Spr 3:1” my seun, vergeet my onderwysing nie, en laat jou hart my gebooie bewaar;
                  2) want dit :.....sal lengte van dae en jare van lewe en vrede vir jou vermeerder.
Daar is instruksies in Sy woord en kan nie raak gelees word met dagstukkies nie.Ja, Dagstukkies & “Verse for the day” is baie goed en ekself lees dit en gebruik dit. Dis in Sy Woord en die studie daarvan wat verborgenhede opgesluit le. Daar is opdragte wat ons moet onderhou:
·       Opdragte in liefde – gaan lees dit – gaan soek dit
·       Opdragte oor werke v vlees – gaan soek dit
·       Selfs die orde in gemeente -> tale -> uitleg -> selfs daar is reels – gaan soek hierdie dinge
·       Gesindheid, ....onderdanig.....
Ja, ek kan al hierdie skrifte uitlig, maar dit is die doel van die Woord van God, dat ons dit moet gaan lees, met insig en bepeinsing.
Ons moet besef dat hierdie besluit om in Sy Woord te delf kan seer maak. As ons besef wat ware doel is vd woord dan ontdek ons ook nuwe dieptes.

Weet jy dat Woord v God is meer as net ‘n boek dit is ook:-
·       Oortuig soos hamer: Jer 23:29 “is My woord nie só, soos ’n vuur, spreek die Here, en soos ’n hamer wat ’n rots vermorsel nie?”
·       Hy is geestelike spieel: Jak 1:23 “want as iemand ’n hoorder van die woord is en nie ’n dader nie, dié is soos ’n man wat sy natuurlike gesig in ’n spieël sien;”
·       Saad om te groei 1 Pet 1:23 “want julle is wedergebore nie uit verganklike saad nie, maar uit onverganklike, deur die lewende woord van God wat tot in ewigheid bly.”
·       Dis beste intruksie boek: Ps 119:105 “U woord is ’n lamp vir my voet en ’n lig vir my pad.”
·       Beoordeel my gedagtes :“Heb 4:12 want die woord van God is lewend en kragtig en skerper as enige tweesnydende swaard, en dring deur tot die skeiding van siel en gees en van gewrigte en murg, en is ’n beoordelaar van die oorlegginge en gedagtes van die hart.”
·       Dis waar geloof begin: “Rom 10:17 die geloof is dus uit die gehoor, en die gehoor is deur die woord van God.”

Die woord v God is meer as belofte boek maar dis ‘n pad na heiligheid.Ongelukkig is ons geneig om “onleerbaar” te wees dan vermei ons maar eerder die studie. Ons verkies om by dagstukkies te bly want dis  vol beloftes
Maar ons groei nie in die proses nie, en ons sien nie en beleef nie Sy kragte nie
Kyk na 2 Tim 3:17 ( Die doel vd Woord) – “sodat die mens van God volkome kan wees, vir elke goeie werk volkome toegerus.”
Sodat ons volkome kan wees en toe gerus beteken soveel meer vir ons as Kind van die Here.

Ons trek wapenrusting aan en gebruik die swaard maar  dan moet ons “submit” onder als van die swaard
Ons strewe om heilig te leef daarom leer die Woord ons: “word volkome deur toepassing v woord !
Strewe na heiligmaking begin woord. Ja, dit sny tussen murg en been...maar dit maak ons volkome in Hom

En dan moet ons besef dat die grootse doel van alles om “onderdanig in woord te wees is te sien in:
·       Joh 14:21 “wie My gebooie het en dié bewaar, dit is hy wat My liefhet; en wie My liefhet, hóm sal my Vader liefhê, en Ek sal hom liefhê en My aan hom openbaar.

As jy hom lief het, en ook wil he dat die Vader jou moet lief he, moet jy delf in hierdie woord, bewaar dit en laat dit jou leer
Baie mense leer so die Woord, eintlik moet Woord jou leer en jou verander.
Jy kan al versies kwoteer...as dit jou nie verander nie : is letter dood

Dis 'n Boek vir verandering.
God praat met jou deur hierdie lewende woord

raakgelees én lekker gelag

Goeie môre, ek het vanoggend die stukkie raakgelees én lekker gelag vir die waarhede daarin! Ek deel dit graag...

*Op tien weet jy:*

Jy’s die mooiste kind in die hele wêreld

Jy gaan eendag ‘n baie belangrike werk doen

Jy gaan met ‘n aantreklike, ryk, goeie man trou

Julle gaan mooi, gehoorsame kinders met pragtige maniere grootmaak

*Op twintig begin vermoed jy:*

Jy is toe nie die heel mooiste nie

Al wat leef en beef wil ‘n belangrike werk doen

Aantreklike, ryk, goeie mans is amper so skaars soos hoendertande

Min kinders is altyd mooi, gehoorsaam en manierlik

*Op dertig het jy al ontdek:*

Die mense wat saakmaak voel vere hoe jy lyk

Niemand dink jou werk is belangrik nie

Jou maat is waarskynlik nie so aantreklik en gaaf

soos jy beplan het nie – en beslis nie so ryk nie

Ander mense (LW!) het soms minder mooi,

minder gehoorsame kinders sonder enige maniere

*Op veertig vrees jy:*

Mooi wees is besig om harde werk te word

Jy is toe nie uitgeknip vir belangrike werk nie

Jou maat gaan nooit verander nie

Jou kinders is nie so vreeslik mooi of manierlik nie,

en beslis nie gehoorsaam nie – en dis alles jou skuld

*Op vyftig weet jy:*

Skoonheid kom toe al die tyd van binne

Om met vreugde te dien is die heel belangrikste werk

Hy gaan nie verander nie, en dis ook nie meer so belangrik nie

Jou kinders is kosbaar – foute en al –

en nevermaaind wie se skuld dit is!

*Op vyftig weet jy ook:*

Plooie kom van baie lag

Kos is vir samesyn en blaarslaai hoofsaaklik vir konyne

Jou middel vergroot oor jou borskas nie al die liefde kan hou nie

‘n Lyf met plooie, rekmerke en selluliet

is interessant en karaktervol

Jy sal nooit alles kan doen wat jou pelle kan doen nie –

En dit maak ook nie saak nie, want jy’s goed nes jy is!

Mooi dag..
😀🍀🙏🏻❤

Wie stuur jou skip?

Wie stuur jou skip?

"Toe raadpleeg Dawid die HERE" 2 Sam 5:23.

Ons sal baie rotse vermy en die sandbanke mis as ons die bevel aan ons Vader oorlaat. Daar is ‘n ou spreuk wat lui: “So seker as wat ‘n Christen self die kerfwerk doen, so seker sal hy sy eie vingers sny”. Dit is ‘n groot waarheid.

‘n Geestelike uit die outyd het gesê: “Hy wat voor die wolk van God se voorsienigheid uitloop, gaan op ‘n gekketog”, en so is dit. Ons moet ag slaan op God se voorsienigheid wat ons lei, en as die voorsienigheid uitbly, wag totdat dit kom. Hy wat voor die voorsienigheid uitloop, sal gou weer moet terughardloop. 

God se belofte aan Sy kinders in Ps 32:8 is: "Ek wil jou onderrig en jou die pad leer wat jy moet volg. Ek wil jou raad gee en my oog oor jou hou". Laat ons dan met al ons verwardheid na Hom toe gaan, en vra: “HERE, wat wil U hê moet ek doen?”

Moenie jou nuwe dag begin sonder om na die wil van die HERE te vra nie.

Geseënde naweek

Sit jou hand op jou mond

Sit jou hand op jou mond

Ek ry in die kar en hoor die liedjie van Liza Bronner op die radio. My eerste reaksie is: Hoe kan ’n mens so ’n song skryf? Gewoonlik skryf die mense oor liefde en lekker dinge, maar die een gaan glad nie oor lekker dinge nie.

Soos die liedjie aangaan, wag ek vir die draaipunt. Ja, in afwagting wag ek dat die towerstaffie van die liefde moet swaai en dat die meisie weer in die ou se arms kan val, maar ek wag verniet, want die skokkende koortjie word oor en oor gesing:

Jy dink jy is reg
Maar ek weet jy is verkeerd
Dit is die krag in jou tong
Wat my siel in stukke breek
En die woorde uit jou mond
Gaan lê in my hart
Diep gegrond

Jou tong is ’n swaard
Wat in my hart inboor
Hoekom laat ek jou toe
Om my hart te moor
Ek is klaar geluister
Dit is my beurt om te praat
En hier is my raad

Sit jou hand op jou mond
Ek sal nie langer vir jou luister nie
Sit jou hand op jou mond
Ek sal myself bewaak
Met die leuens wat jy praat
En ek is klaar met jou
Sit jou hand

Jou blaf is groot
maar jou byt is klein
Ek is nie bang nie
Ek sal die wêreld wys
Wat die waarheid is oor my
Ek het opgestaan
Ek sal terugbaklei

Ek het ook ’n stem
En ek sal skree
Hoe jou opinie verander
Sal my bes probeer
Tot die dag wat jy besef
Ek is meer as wat jy sê van my

Sit jou hand op jou mond
Ek sal nie langer vir jou luister nie
Sit jou hand op jou mond
Ek sal myself bewaak
Met die leuens wat jy praat
En ek is klaar met jou
Sit jou hand

en ek sal opstaan
aangaan aanhou voortgaan
tree vir tree
ek sal heel word sterk word,
nooit nee nooit maar nooit opgee

In ’n artikel in Huisgenoot van Julie 2014 sê Liza in ’n onderhoud die volgende oor die liedjie: “Ek het die liedjie geskryf om mense te motiveer om vir die boelies in hulle lewe te sê: Sit jou hand op jou mond!”

Hoe ver het ons en ons mensdom nie verwyderd geraak van wat God wil hê ons moet wees nie? Hoe vinnig raak ons kwaad en met die eerste woord wat uitglip, glip die liefde saam.

In skaamte laat sak ek my kop as ek hier lees: 2Moenie voor op die wa wees nie en behandel ander mense so dat dit vir hulle lekker is om by julle te wees. As iemand jou kwaad maak of irriteer, beheer jouself deur steeds mooi teenoor hom op te tree. Laat liefde julle lojaal teenoor mekaar hou, ook wanneer julle voel julle het nou vir eers genoeg van mekaar gehad.

Ai…

Luister na liedjie hier: Sit jou hand op jou mond en klik op die play knoppie

Teks

Efesiërs 4:1-10 

Om oor na te dink

Sit jy soms jou hand op jou mond?

Loop die liefde soms daaruit?

Hoe moet jy anders maak?

Gebed

Vader, ek besef weereens my onvermoë om die lewe reg te loop. Ek bely dit. Ek kan dit nie op my eie maak nie. Amen

I

God het vir my iets beter in gedagte

God het vir my iets beter in gedagte

1 Korintiërs 10:13

“Geen versoeking wat meer is as wat ‘n mens kan weerstaan, het julle oorval nie. God is getrou. Hy sal nie toelaat dat julle bo julle kragte versoek word nie; as die versoeking kom, sal Hy ook die uitkoms gee, sodat julle dit kan weerstaan.”

 Soms is daar dinge in die lewe wat ons kan platgooi. Maak nie saak hoe baie ons probeer nie, die selfde ou klein slegte dinge kom altyd op wat ons maak val. Maar daar is goeie nuus, daar is altyd ‘n uitweg vir tye wat ons voel ons word versoek om die verkeerde ding te doen.

Is daar dalk enigiets in jou lewe wat konstant ‘n versoeking is, dalk is dit iets eenvoudig soos om onbeskof te wees met ‘n vriend wat jou begin irriteer het, of dalk wil jou vriende jou konstant oorreed om iets te doen wat jy weet op die ou end nie goed is nie?

Ons dink soms dalk dat ons nie die tipe dinge kan weerstaan nie, maar dit is duidelik dat in die krag van Jesus ons baie van die slegte dinge in die lewe wel kan weerstaan. Partykeer kan die uitweg selfs net wees om nee te sê…

Dit? Nee dankie, God het iets beter vir my in gedagte!

Gebed: Here God, jy weet dat daar ‘n paar dinge in my lewe is wat nie goed is vir my nie, help my om die slegte te kan weerstaan en eerste na U te kyk voor ek ander dinge najaag, sodat ek kan lewe in volheid.

Uitdaging: Moenie bang wees om te sê “Nee dankie, God het iets beter vir my in gedagte” nie.

Ander kan Jesus raaksien deur jou voorbeeld!

Ander kan Jesus raaksien deur jou voorbeeld!

1 Petrus 2:11-12

11Geliefdes, omdat julle uitlanders en bywoners is, waarsku ek julle om nie aan julle natuurlike neigings toe te gee nie. Dit verwoes net ’n mens se lewe. 12Handhaaf ’n voorbeeldige leefstyl onder die nie-Christene, selfs al kla hulle julle aan van wangedrag. Hulle sal dan julle goeie gedrag sien en God die eer daarvoor gee wanneer Hy kom rekenskap vra.

Het jy al ooit agtergekom dat sekere mense se goeie gedrag ander mense kan kwaad maak? Dis baie weird reg? Hoekom sal enigiemand iemand anders wat goeie dinge doen vertel dat hulle verkeerd is? Maar dit het selfs met Jesus gebeur – baie mense het sy aksies gesien as iets wat hulle bedreig. Dit lyk dalk vir ons anderste – ons word dalk geterg omdat ons vriende maak met die ‘loser’ van die skool of ons word uitgehaal omdat ons hard werk in ons akademie.

Ek dink as ons Jesus beter ken en in ʼn manier lewe waar ons meer soos Jesus probeer wees, doen ons dinge wat ander mense se slegte maniere uitwys. En baie kere is dit ʼn bedreiging want hulle wil nie hê daar moet van hulle verwag word om ook ʼn voorbeeldige lewe te leef nie.

Die wêreld om ons mag ons dalk in die versoeking stel om net te doen wat ookal vir ons reg voel, maar dit is altyd soveel beter om meer soos Jesus te leef. Ons moet net vertrou dat die Heilige Gees ons sal help al word ons gespot vir die goeie dinge wat ons doen.

Ander kan Jesus raaksien deur jou voorbeeld!

Gebed: Here, U weet dat baie mense nie sien soos wat U sien nie. Help my om meer soos Jesus te wees al word ek aangekla daarvoor. Help asseblief dat ander mense vir Jesus kan leer ken deur die goeie dinge wat ek doen.

Uitdaging: Let bietjie op wie om jou negatief reageer as jy iets goed doen – dis ʼn geleentheid om Jesus met hulle te deel in die manier wat jy lewe.

Die petrol vir jou dade

Die petrol vir jou dade

Wat is die petrol vir jou dade? Hoekom doen jy dinge vir ander? Dink ’n bietjie mooi hieroor na.

Daar waar niemand jou sien nie, sal jy die papiertjie wat op die grond lê, optel? Daar waar niemand kan sien nie, sal jy die ou verwaarloosde mensie optel en Jesus se liefde uitleef? Daar waar jy aan die hol is en eintlik nie tyd het nie, sal jy alles los en ’n armsalige optel en oor die besige straat van die lewe help?

Wanneer ons met verkeerde motiewe ander mense help, sal ons nie aan ander goeddoen as ons alleen is nie. Dis seker voor die hand liggend. Onsself en ons eie eer moenie die petrol vir ons goeie dade wees nie. Soos Paulus en sy vriende sê: 6Ook soek ons nie na die erkenning van mense nie, nie julle s’n nie en ook nie ander mense s’n nie.

As ’n mens dinge doen om erkenning van mense te kry, gaan ons gou agterkom dat dit nie so werk nie. Mense gaan ons gou teleurstel. Hulle gaan vergeet om vir ons dankie te sê. Hulle gaan vergeet om erkenning te gee en gaan verwag dat ons keer op keer moet help. ’n Voorreg raak spoedig ’n reg en gou-gou kom daar misverstande omdat ons bedoelings aan die begin dalk nie suiwer was nie.

Die gevolg is dat ons petrol opraak om goed te doen en die wêreld bly onveranderd met die nood wat net al hoe groter word. Mense moet nooit ons vertrekpunt of motivering wees om iets goed te doen nie.

Dankbaarheid moet die rede wees. Die feit dat Jesus bereid was om in ons plek die straf vir ons sonde te dra, moet my propvol dankbaarheid maak. Soveel dankbaarheid dat ek nie anders kan as om oor te loop daarvan nie. Dis die soort dankbaarheid wat die petrol vir my goeie dade moet wees.

Dan sal ek nooit teleurgestel word as mense nie dankie sê vir al my moeite nie. Wanneer mense dan die voorreg in ’n reg omdraai, sal ek nie wonder of ek weer en weer ’n verskil in hulle lewens moet maak nie. Ek sal nie spoed verloor as ek goeddoen en mense waardeer dit nie, want ek doen dit nie vir hulle erkenning nie. Ek doen dit vir Jesus. Ek doen dit uit dankbaarheid vir wat Hy vir my gedoen het, want hulle verdien die genade net soos min soos ek.

6Ook soek ons nie na die erkenning van mense nie, nie julle s’n nie en ook nie ander mense s’n nie.

Mag dit waar wees van ons almal. Mag ons eendag in die hemel aankom en mag God dan sê: “Welgedaan. Goed gedoen my kind. Jy het uit dankbaarheid ’n groot verskil gemaak.”

Ons erkenning kom in die lewe hierna.

Leef dan so. Doen jou ding nie om erkenning van mense te kry nie, maar van God.

Teks

1 Tessalonisense 2:5-12

Om oor na te dink

Doen jy goeie dade?

Wat motiveer jou?

Wie se erkenning is vir jou belangrik?

Gebed

Here, as ons ons harte so bekyk, besef ons dat ons dikwels dinge doen om eer van mense te ontvang. Ons erken dat dit nie reg is nie. Vergewe ons hiervoor. Help ons, Here, om uit dankbaarheid aangevuur te word en om goed te doen aan ander, orals waar ons kom, omdat U vir ons so goed is. Amen.

Johnny, die sak pakker

Johnny, die sak pakker by die kettingwinkel, het pas 'n kursus by die kerk bygewoon waarin hulle aangemoedig is om 'n verskil in die...