Dinsdag 16 Augustus 2022

Johnny, die sak pakker

Johnny, die sak pakker by die kettingwinkel, het pas 'n kursus by die kerk bygewoon waarin hulle aangemoedig is om 'n verskil in die werêld daar buite te gaan maak. 

So besluit hy om elke aand 'n "Gedagte vir die dag" uit te dink, dit op 'n papiertjie te skryf en dit ongesiens in die pakkies van sy klante te gooi. Na 'n week kry die bestuurder van die winkel 'n oproep van 'n klant wat hom net wil vertel dat die besondere "Gedagte van die dag" sy lewe wonderlik positief beinvloed het. 

Onwetend van Johnny se "projek" het die bestuurder toe die verskillende betaalpunte dopgehou om agter te kom waar en hoe dit gebeur. Dit was nie lank voordat hy geweet het dat dit Johnny is nie, want dit was duidelik dat die ry klante waar hy die pakwerk gedoen het, elke dag langer word. 

So lekker was dit vir die klante om Johnny se beskeie wyshede in hul pakkies te kry dat hulle selfs meer by die winkel begin koop het. Na twee maande kon die kettingwinkel bestuurder 'n duidelike opwaartse grafiek in verkope sien terwyl Johnny se ry konstant langer geword het.....

Nie almal van ons word geroep om te predik, sendingwerk te gaan doen of geestelike boeke te skryf nie. Maar ons word almal geroep om 'n positiewe verskil in ander se lewens te maak.

Ds.Jannie - skakel oor na SONkrag

Ds.Jannie - skakel oor na SONkrag

Hemelse SONkrag sal jou nooit in die steek laat nie

Dinsdag
 
Oorvloedige SONkrag
 
MALEÁGI 4:2 (AFR53)
Maar vir julle wat my Naam vrees, sal die son van geregtigheid opgaan, en daar sal genesing onder sy vleuels wees; en julle sal uittrek en huppel soos kalwers uit die stal.
 
Energie verskaffing is ʼn  groot uitdaging in Suid Afrika. Ons is al heel bekend met die metertjie op TV wat aandui dat die energieverskaffer nie kan by bly by die aanvraag nie. In die afgelope weke het mnr. Ramaphosa aankondigings gedoen wat belofte dra.
Sommige sien enorme potensiaal in sonkrag energie veral omdat Suid Afrika geseën is met heerlike sonskyndae.
Suksesverhale van verbruikers, klein en groot, wat totaal onafhanklik funksioneer laat ʼn  mens die moontlikhede van sonpanele om in eie behoeftes te voorsien, oorweeg. Die son het inderdaad wonderlike moontlikhede.
Die Bybel praat van ʼn  ander son, die Son van geregtigheid met genesing in sy strale. Wie is die gloed van die Son kom staan word energeer met bo natuurlike krag. Die son skyn helder selfs in onweer en donker wolke wat saampak.
Die energie daarvan kan nie uitgeput word nie ongeag van hoeveel mense daarop ʼn appél maak nie.
Daarbenewens is die koste faktor ʼn  besondere pluspunt.
Sonkrag in die natuurlike is ʼn  duur aangeleentheid en dit is enkelinge wat dit kan bekostig, ten spyte van die voordele en belofte wat dit inhou. Die hemelse son skyn gratis en oorvloedig oor enige iemand wat daarin wil om staan. Dit kos letterlik niks nie behalwe ʼn  verwagting dat alle energie behoeftes effektief in Hom aangespreek sal word.
Die Son gaan ook nie onder nie. Selfs in die nag kan sy potensiaal tot jou voordeel aangewend word.
Hy is Immanuel, die Son van geregtigheid. Jou energie behoeftes is beantwoord.
Die Bybel vra waarom ons betaal vir dit wat geen waarde bied nie.
Kom, vra en ontvang alles wat Hy belowe het in die geloof.
Son van geregtigheid, skyn oor my.
 
 

Ds.Jannie - as die kers kon praat

Ds.Jannie - as die kers kon praat

Die wit kers wat op die strand uitgespoel het laat my wonder

Maandag
 
JESAJA 60:1 (AFR83)
Kom, Jerusalem, laat skyn jou lig! Vir jou het die lig gekom, die magtige teenwoordigheid van die Here het vir jou lig gebring.
 
Ons kuier vir ʼn  paar dae by die see en dit is ʼn  groot voorreg. Die grootsheid van die oseaan tref altyd weer en weer en ʼn  mens word herinner aan die skeppingswoorde van God toe Hy die waters op een plek versamel en die droë aarde sigbaar geword het.
Gen.1
9God het verder gegaan en gesê: “Laat al die water onder die hemelruim op een plek bymekaarkom sodat daar ook droë land sal wees.” En dit was so.
10God het die droë land “aarde” genoem en die plek waar al die water bymekaargekom het, “see”. God het gesien dat dit wat Hy geskep het, goed was.
Die skuldig voel omdat ʼn  mens agter die lekker aan eet as ʼn mens met vakansie is, word ietwat verdoof as ek ʼn  entjie op die strand gaan draf. Dit insigself is genade omdat ʼn  mens gesond moet wees om dit te kan doen. Watter premie kan ʼn  mens ooit op gesondheid stel?
So met die draf saam sien ek ʼn  spierwit ongebruikte kers wat op die strand uitgespoel het. Sommer die doodgewone huis kers, die goedkoop kers sonder spesiale reukmiddels of ʼn besondere vorm. Die lang kers met ʼn stuitige lont bo op.
Die seewater en sand het dit ʼn bietjie grof gelaat maar die kers wink my nader en sit my aan wonder.
My gedagtes neem ʼn  verbeeldingsvlug teen die agtergrond van die vernietigende skade en gevolge van die heel onlangse stormweer en oormaat reën wat dele van  KZN getref het.
Ek verbeel my dat ek die kers op die tafel sien lê  in een van die sinkplaathuisies rondom Durban. Ek hoor kinders speel en musiek van Afrika drom. Dit word gaandeweg verdoof namate die weer al swaarder word.
Blitse verlig die omgewing onheilspellend en in die verte is daar ʼn  gedruis, moeilik om te identifiseer. Wat die inwoners nie weet nie is dat ʼn  meesleurende stroom op pad is wat geen uitsondering maak nie. Geen meriete, stand of prestasie kan aangebied word dat die stroom ander pad kies nie.
Reënwater begin genadeloos deur die reeds stukkende sinkplaatdak stroom totdat die water pad maak deur die enigste deur wat die blyplekkie het. Modderwater skommel in die huisie soos in ʼn  wasmasjien totdat die drukking te groot word en dit die vier sinkplaat mure omstoot.
Wie ook al daar woon word uitmekaar geruk terwyl elkeen deur die stroom weggevoer word na ʼn  onbekende bestemming. Desperate hande gryp na wat ook al stabiliteit kan bied. Hier en daar bied ʼn  drywende boomstomp, stuk meublement of ʼn leë houer uitkoms.
My gedagtes wil nie verder nie. Ek is terug by die kers en sy storie.
Terug by ons woonplekkie maak die die kers staan in ʼn  leë plastiek houertjie. Ek steek die kers in ʼn  oomblik van gewydheid aan terwyl ek treur, saamtreur met mense wie se geliefdes nooit opgespoor sal word nie.
Die kers begin sagkens sing –
This little light of mine, I`m gonna make it shine.
Make it shine, make it shine, it shine.
Weliswaar nie vir die plekkie en die mense vir wie dit bedoel was nie maar vir my wat oorvloedige rede het tot dankbaarheid.
Ons harte gaan uit na die honderde mense wat omgekom het, die enorme materiële verlies en die hartseer en ontwrigting wat vir nog lank gevoel sal word.
 

Vrydag 29 Julie 2022

Het jy al vergeet hoe dit voel om regtig vry te wees?

Het  jy al vergeet hoe dit voel om regtig vry te wees? 
Paulus sê ons moet ons nie weer onder `n slawejuk laat indwing nie.

 
Ek het al vergeet hoe dit voel om vry te wees.
 
Gal.5:1 STAAN dan vas in die vryheid waarmee Christus ons vrygemaak het, en laat julle nie weer onder die juk van diensbaarheid bring nie.
 
Paulus verkwalik die gemeentes van Galasi ë dat hulle hul duur gekoopte vryheid vir die slawerny van menslike voorskrifte verruil het.
 
Gal.4: 8Daar was 'n tyd toe julle nie vir God geken het nie en slawe was van nikswerd afgode. 9Maar noudat julle Hom leer ken het, of liewer, noudat Hy julle ken, hoe val julle dan nou weer terug na daardie minderwaardige en armsalige wettiese godsdienstige reëls? Wil julle van voor af weer slawe daarvan wees? 10Julle hou aan om besondere dae en maande, fees geleenthede en jare te vier. 11Ek vrees my harde werk aan julle was dalk tevergeefs.
 
Die Bybel s ê , as die Seun julle vrygemaak het, sal julle waarlik vry wees.
 
Die probleem is dat ons die een vorm van slawerny vir ʼn  ander verruil. Die tweede lyk baie mooi en vroom en is in godsdienstige mantel toegedraai maar het dieselfde agenda, nl. om jou in slawerny te hou. Hierdie vorm van godsdienstigheid gaan steeds van die standpunt van werk heiligheid af uit. Ek moet die ewige lewe verdien, God beïndruk en tevrede stel en nougeset die reëls nakom.
 
Daar was ʼn tyd dat jy die vryheid beleef het. Dit was aangenaam en vervullend om die Here te dien. Toe het jy egter jou ore uitgeleen vir die verkeerde geselskap. Jou bekerings ervaring is in twyfel getrek.
 
“Hoe kan jy gered wees as jy nie dit en dat gedoen het nie. Hoe kan jy jouself ʼn Christen noem as jy nie sus en so praat en bid nie. Is jou verstaan van die Bybel korrek as jy God nie by hierdie en daardie naam benoem nie. Jy kan nie ʼn kind van die Here wees as jy hieraan en daaraan deel het nie. Jy moet jou kerk los, die mense daar verstaan die Woord verkeerd. Ons geestelike leier het ʼn direkte openbaring van Bo gehad. Dinge gebeur by ons”.
 
Jou lus om God te dien is aan die kwyn. Jy is moeg en oorlaai. Hoe harder jy probeer hoe minder kry jy dit reg. Jy is op die punt om die pad van die geloof te verlaat agter die dominees aan wat s ê dat hulle nou vrygekom het. Jy wil klaarmaak met God, die Woord en die kerk. Jy het genoeg gehad.
 
Weet jy, al die reëls in God se Woord word deur een begrip opgesom, liefde. Waar van liefde sprake is, is daar nie dwang nie. Liefde is eenvoudig, ongekompliseerd, maklik verstaanbaar, omhelsbaar en beleefbaar.
As waarmee jy ook al besig is die begrip liefde komplimenteer, ʼn  uitdrukking daarvan is, moet dit in orde wees. Dit kan nie anders nie.
Uiteraard nie self liefde nie maar liefde vir God en liefde vir die naaste in die eerste plek.
 
Ons verhouding met die Here word deur ruimtelikheid gekenmerk. As jy smoor in die teenwoordigheid van die Koning is daar iets verkeerd. Dit is juis die plek waar jy vry kan asem haal.
 
Die bose werk baie subtiel en wil God se kinders weer onder ʼn  slawejuk indwing. Slawe het bitter min, indien enige werksbevrediging. Die dwang is te oorweldigend. Die moeisaamheid van dit alles beroof jou van alle lewensvreugde. Dit is nie God se bedoeling nie.
 
Kom vry.
Werp die juk van voorskriftelikheid af.
Beleef God se genade.
 
GALASIËRS 5:13 (AFR83)
Julle, broers, julle is tot vryheid geroep. Moet net nie julle vryheid misbruik as 'n verskoning om sonde te doen nie, maar dien mekaar in liefde.
 
 
 


Aanbidding: Wie of wat?deur Helena Smith


Een deel van ‘n kerkdiens, wat vir my heerlik is, is die lofprysing en aanbidding. Ek sing hartlik saam en geniet die kalmte en rustigheid, wat dit vir my bring.  
 
Nadat ek onlangs die boek, “The air I breathe”, van Louie Giglio gelees het, het ek agtergekom dat ek nie regtig geweet het waaroor lofprysing en aanbidding regtig gaan nie. Ek het agtergekom dat lofprysing en aanbidding nie net net tot die kerk beperk is nie, maar dat ek ‘n lewe van aanbidding moet lei.
 
God het mense gemaak, omdat Hy graag ‘n verhouding met ons wil hê. Hy het ons gemaak dat ons aanbidders is. Dit is deel van ons DNA om iets of iemand te aanbid.  Ons is gemaak om eer aan God, ons Skepper, te bring en om Hom met ons lewens te behaag. 
 
As ons God nie aanbid met ons lewenswyse nie, sal ons beslis iets of iemand anders aanbid. Louie Giglio gee die volgende definisie van aanbidding: Worship is our response to what we value most. Die persoon, ding of aktiwiteit, wat vir jou die belangrikste in jou lewe is, is wie of wat jy aanbid.
 
Dit kan ‘n verhouding wees, ‘n droom wat jy najaag, vriende, status, rykdom, sosiale media of die een of ander plesier. Dit wat ons aanbid, wys wat vir ons die belangrikste in die lewe is en dit word die dryfkrag in ons lewens.
 
Kyk ‘n bietjie na die manier hoe jy jou tyd, geld en energie spandeer en waar jou lojaliteit lê. Aan die einde van daardie tydlyn sal jy ‘n troon kry en wie of wat ookal op daardie troon sit, is wat jy aanbid. Die feit is: hierdie tydlyn jok nie.  Ek en jy, wat kerkgangers is en sê dat God vir ons die belangrikste in ons lewens is, het dalk ook nodig om selfondersoek te doen.
 
Hoe lyk ‘n lewe van aanbidding? In Matteus 25: 35 en 36 lees ons: Want Ek was honger en julle het My iets gegee om te eet; Ek was dors en julle het My iets gegee om te drink; Ek was ‘n vreemdeling en julle het My gehuisves;  Ek was sonder klere en julle het vir My klere gegee; siek en julle het My verpleeg; in die tronk en julle het My besoek.
 
Op die ou end is lofprysing en aanbidding meer as ‘n lied - dit gaan meer oor ons dade as oor ons woorde.

Woensdag 19 Mei 2021

Lukas 24: 50-53



Lukas 24: 50-53
Daarna het Hy hulle uit die stad uitgelei tot by Betanië. Daar het Hy sy hande opgehef en hulle geseën. Terwyl Hy hulle seën, het Hy van hulle af weggegaan en is Hy in die hemel opgeneem. Hulle het Hom aanbid en met groot blydskap na Jerusalem toe teruggegaan. Daar het hulle die hele tyd by die tempel gebly en God geprys.
Jesus, verwys ons Skrifgedeelte, lei sy dissipels na die buitewyke van Bethanie. Daar neem Hy van hulle afskeid. Ek wonder waaroor sou hulle langs die pad gesels het. Miskien sou Jesus sommige vrae antwoord, gerusstelling gee, verdere opdragte en vertroosting. Hy sou sekerlik sy waardering betuig vir die drie jaar van noue vriendskap wat tussen hulle ontwikkel het. Hulle sou op hul beurt hul liefde en waardering vir Hom betuig. Miskien sou hulle lekker lag oor interessante, selfs humoristiese oomblikke wat hulle met mekaar gedeel het terwyl Jesus tussen mense rondgegaan het.

Die Bybel gee nie detail nie, maar dit is tog interessant om daaroor na te dink. Nou is dit tyd vir afskeid neem.

Lukas vertel dat Jesus sy hande uitgebrei het en al seënende van hul afskeid geneem het. Dit moes ’n onuitwisbare indruk op hulle gemaak het. Die laaste prentjie wat in hul geheue bly vassteek is die van ’n Jesus wat seën.

Wat die inhoud daarvan was, daaroor kan ons net teoretiseer.
Miskien was dit die bekende woorde van Numeri 6.

24“Die Here sal julle seën
en julle beskerm;
25die Here sal tot julle redding verskyn
en julle genadig wees;
26die Here sal julle gebede verhoor
en aan julle vrede gee!

Miskien was dit die mooi Franciskaanse seën.

Mag die Here jou seën met ongemak oor maklike antwoorde, halwe waarhede en oppervlakkige verhoudings sodat jy uit die diepte van jou hart kan leef;
Mag die Here jou seën met woede oor onreg, onderdrukking en die uitbuiting van mense sodat jy kan werk vir geregtigheid, vryheid en vrede;
Mag die Here jou seën met trane om te stort vir mense wat pyn, verwerping, honger en oorlog ervaar sodat jy ‘n hand kan uitreik en hulle pyn in blydskap kan verander.
En mag God jou seën met genoeg dwaasheid om te glo dat jy ‘n verskil kan maak in hierdie wêreld, sodat jy dinge sal kan doen wat ander mense dink nie gedoen kan word nie.

Wat ook al die inhoud daarvan was, dit sou gepas en tersaaklik wees. Essensieël sou dit ’n belofte van Jesus se voortdurende betrokkenheid en sorg by en met hulle wees.

Daar kan geen twyfel wees dat daardie seënbede aan hulle die nodige stukrag verleen het om die toekoms met geloofsmoed tegemoet te gaan nie.

Is die prentjie wat jy van Jesus het ook een van Iemand wat jou in alle opsigte wil seën?

Saterdag 17 April 2021

Discipleship Is a Lifelong Journey

Discipleship Is a Lifelong Journey

Discipleship is a lifelong journey because God is an inexhaustible God. We began by saying that God is the goal of discipleship. We must end by saying that, since we can never fully comprehend all that God is, we will never “arrive” this side of eternity. Even then, we will spend endless days drinking in the fountains of God’s beauty and glory.

God is where we’re going, and God is how we’re going to get there. Whether we are standing on the shore, just beginning our discipleship journey, or hoping to swim into the depths of Christian maturity, we want more. Not more than Jesus, but more of Jesus. We want more of him because he is not just good to us; most importantly, he is good for us.

Discipleship should be deep because God is inexhaustible. He invites his church into rich and deep fellowship because his goodness is indeed bottomless, and you can never exhaust the bottomless beauty of God. Along with Paul we proclaim, “Oh, the depth of the riches and wisdom and knowledge of God! How unsearchable are his judgments and how inscrutable his ways!” (Rom. 11:33). The invitation to deep, holistic discipleship is first and foremost an invitation to see God for who he is, 


A Disciple Grows in Spiritual Habits

A Disciple Grows in Spiritual Habits

The next indispensable element of deep discipleship is growth in spiritual habits, or spiritual disciplines. Like theology, the word disciplines might have a negative connotation, but I’d like to recast that by thinking of these disciplines as habits.

Like theology, we all have habits. And we are all formed by what we do. The habits we develop shape us into who we are. We are not just minds that need to know doctrine; we are whole people who need to learn rhythms and habits that help us live into the story of God.

If we only focus on forming our minds, we will not become deep disciples. We can’t neglect the habits, because we are not just disembodied minds, but whole people. There are two ways we can do this: through corporate habits and through individual habits.

Corporate habits are the habits and rhythms we do in community—as a whole church or perhaps as a small group. The most obvious weekly habit is gathering for worship. Consistent weekly attendance at the church gathering is an essential characteristic of a healthy disciple. Other corporate habits are intentional seasons of prayer, giving, or fasting. Is your church or your small group participating in corporate spiritual habits?

Spiritual habits should also be part of your personal discipleship plan. Not only should this include developing rhythms for the first two categories of discipleship, Bible intake and theology, but it should also include rhythms of prayer, fasting, giving, service, and more. Are you intentional about developing individual spiritual habits?

The most central and essential spiritual habit is prayer. Like consistent Bible reading, nothing can replace a life of prayer. Jesus taught his disciples—including us—how to pray in today’s Bible passage. Spend some time meditating on that passage. Pray the Lord’s Prayer and make it your own. When you pray for God’s kingdom to come, pray for specific needs in the world that are evident of the absence of God’s kingdom. When you ask for your daily bread, tell God what you need. When you ask for forgiveness, confess specific sins. Then commit not to just doing this today, but to a lifetime of prayer.

A Disciple Grows in the Knowledge of Christian Beliefs

A Disciple Grows in the Knowledge of Christian Beliefs

The next essential element of Christian discipleship is growing in the knowledge of Christian beliefs, or what we might call theology. Now, I know that word may immediately turn you off. It sounds arrogant or academic. “Why can’t we just love God?” you might ask. But hang with me—I want to convince you: (a) that you’re already a theologian, and (b) that you need to commit to being a good one.

Often, theology is seen as an obstacle to discipleship, but it is actually the foundation of Christian living. The term theology comes from two Greek words: theos, meaning God, and logos, meaning word. It basically translates as “words about God,” or “God’s Word about himself.” Is there anything more practical than words about God? Is anything more important than understanding what God has said about himself? I don’t think so. Doctrine and discipleship go hand in hand.

Theology is simply what we believe to be true about God, and everybody believes something about God—even if they believe he doesn’t exist. Everyone is a theologian because everyone has words about God. Everyone has gone to seminary—has learned how to think about God. The question is, have you been taught how to think about God by God, or by something else? Everyone is being discipled; the question is, by whom?

Good theology helps us know who God is, who we are, what the world is, and how we can be faithful disciples.

Paul highlights this in his letter to the Colossians: “And so, from the day we heard, we have not ceased to pray for you, asking that you may be filled with the knowledge of his will in all spiritual wisdom and understanding, so as to walk in a manner worthy of the Lord, fully pleasing to him: bearing fruit in every good work and increasing in the knowledge of God” (Col. 1:9–10). For Paul, deep disciples are filled with, and increasing in, the knowledge of God. Why? Because it is then and only then, that they can walk in a manner worth and pleasing to him. Knowledge of God leads to faithfulness and fruitfulness. We cannot be faithful and fruitful to a God we don’t know.

What is the goal of discipleship?

What is the goal of discipleship? 

A roadmap is a really helpful tool. A GPS app on a smartphone is even better. Instead of unfolding a massive piece of paper and having to pull over on the side of the road to double-check that you’re on the right track, Siri can just tell you exactly when you need to turn and how long until you get to your destination. Siri is useful for telling you how to get somewhere, but it can’t tell you why you’re going. It doesn’t know if you’re going to a funeral to mourn or a birthday party to celebrate, to church to worship or to a ball game to root on your favorite team.

Like a GPS app, so many of the programs we do as Christians are meant to be a guide for us, telling us how to get somewhere. But I’m afraid too few of us stop to ask the why question. 

The why behind every other question of discipleship is God. Why does discipleship matter? Because God matters. Nothing is more beautiful, lovely, pure, and limitless than God alone.

I believe each of us has a great opportunity: to recapture a radically God-centered vision for discipleship. The source of true discipleship is God himself. The goal of true discipleship is God himself. Fellowship with the Triune God is where we are going, and fellowship with the Triune God is how we are going to get there.

This is what God revealed to his people through the prophet Habakkuk: “For the earth will be filled with the knowledge of the glory of the Lord as the waters cover the sea” (Hab. 2:14). Habakkuk wrote this in a time when God’s people were questioning God’s purposes in the world. What was God up to? What was God’s goal? This is the prophet’s answer: One day the whole earth, every single part of it, will be filled with the knowledge of the glory of the Lord. As Christians, then, that vision should drive us. If this is the future of God’s world—that his knowledge would cover all things—then it is our future. And if it is our future, we should pursue it now. That’s the why behind the what and the how. That’s the goal of discipleship.

What is the goal of discipleship?

What is the goal of discipleship? 

A roadmap is a really helpful tool. A GPS app on a smartphone is even better. Instead of unfolding a massive piece of paper and having to pull over on the side of the road to double-check that you’re on the right track, Siri can just tell you exactly when you need to turn and how long until you get to your destination. Siri is useful for telling you how to get somewhere, but it can’t tell you why you’re going. It doesn’t know if you’re going to a funeral to mourn or a birthday party to celebrate, to church to worship or to a ball game to root on your favorite team.

Like a GPS app, so many of the programs we do as Christians are meant to be a guide for us, telling us how to get somewhere. But I’m afraid too few of us stop to ask the why question. 

The why behind every other question of discipleship is God. Why does discipleship matter? Because God matters. Nothing is more beautiful, lovely, pure, and limitless than God alone.

I believe each of us has a great opportunity: to recapture a radically God-centered vision for discipleship. The source of true discipleship is God himself. The goal of true discipleship is God himself. Fellowship with the Triune God is where we are going, and fellowship with the Triune God is how we are going to get there.

This is what God revealed to his people through the prophet Habakkuk: “For the earth will be filled with the knowledge of the glory of the Lord as the waters cover the sea” (Hab. 2:14). Habakkuk wrote this in a time when God’s people were questioning God’s purposes in the world. What was God up to? What was God’s goal? This is the prophet’s answer: One day the whole earth, every single part of it, will be filled with the knowledge of the glory of the Lord. As Christians, then, that vision should drive us. If this is the future of God’s world—that his knowledge would cover all things—then it is our future. And if it is our future, we should pursue it now. That’s the why behind the what and the how. That’s the goal of discipleship.

What does it mean to be a disciple?

What does it mean to be a disciple?

Different people may answer this question in different ways. Some people think a disciple is a person who does a bunch of stuff for Jesus—the girl who shows up at church every time the doors are open and serves in all the ministries. Other people think it’s the person who is really hardcore about his Christian faith—the guy who’s always sharing the gospel with every person he meets. 

What these definitions have in common is that they both assume being a disciple is like being a “Christian-plus.” It’s the advanced version of Christianity. But this couldn’t be further from the truth. 

According to the Bible, all Christians are disciples; the two are synonymous. And to be a disciple is simply to be a learner. That’s what the word means. Disciples are learning the way of Jesus. One of the most basic definitions of discipleship is found in the Great Commission: “All authority in heaven and on earth has been given to me. Go therefore and make disciples of all nations, baptizing them in the name of the Father and of the Son and of the Holy Spirit, teaching them to observe all that I have commanded you” (Matt. 28:18–19, emphasis added). 

According to Jesus, discipleship is all about learning and teaching; it centers on being taught and becoming a teacher. To disciple means to make students of, bring to school, educate, mentor, apprentice (Frederick Dale Bruner, Matthew: A Commentary).

In order to get started on the right path of discipleship, we have to understand this. Discipleship is not Christianity-plus. It’s not just for the super Christians who are really gifted. It’s for you. It’s for me. It’s for everyone to whom Jesus has said, “Follow me.”

DIE KOSTE VAN WARE DISSIPELSKAP!

DIE KOSTE VAN WARE DISSIPELSKAP!

Goeiemore liewe Jesus vriende, ek lees vanuit Jesaja 20:1-6. "In dié tyd het die HERE deur die diens van Jesaja, die seun van Amos, gespreek en gesê: Gaan gord die haarmantel van jou heupe af los, en trek jou skoene van jou voete af. Hy het toe so gedoen en naak en kaalvoet geloop." Jesaja 20:2 

Wanneer Jesus Christus my roep om 'n dissipel van Hom te wees, staan ek voor 'n groot uitdaging. Ek moet myself verloën en met Jesus Christus se lyding, verwerping en dood aan die kruis identifiseer. Die probleem is egter dat die mens in sy trotse waansin dikwels God se wysheid as dwaasheid beskou. 

Baie van die profete van ouds se optrede kom vir die mens, en soms ook die kerk, as dwaas voor: 
- Jesaja loop vir drie jaar lank naak en kaalvoet rond. 
- Jeremia moes ‘n swaar houtjuk om sy nek dra. 
- Eségiël moes in die openbaar garsbrode op 'n vuur van menslike ontlasting gaarmaak. 
- Daniel is in 'n leeukuil gegooi. 
- Hoséa moes met 'n hoervrou trou. 
Hierdie handelinge wys dat hulle volkome toegewy was aan wat God wil hê, nie om die wêreld te behaag nie, en onverskrokke God se boodskap aan die wêreld oorgedra het. 

Christene word ook dikwels as dwaas beskou omdat dit die ideaal van die wêreld is om in beheer te moet wees. Die Christelike geloof beteken ook dat ek my beheer afstaan en totaal van die Here afhanklik word. Ek moet my kruis opneem - dit is die afsterwe van my eie trots en verwaandheid en die drang om op slegs my wil aangewese te wees. 

Om lyding te aanvaar - jou kruis op te neem - is nie vir die wêreld normaal nie, om die waarheid te sê, ons doen alles in ons vermoë om lyding te vermy of ten minste vinnig te verlig. Enigeen wat vrywilliglik pyn kies, word gesien as dwaas, of dalk verdink as geestelik versteurd. Die evangelies is egter baie duidelik dat dissipelskap met koste gepaard gaan. Wanneer Jesus Christus my roep duld Hy geen mededingers nie, ek kan nie aan die tafel van die Here aansit, sowel as aan die tafel van die duiwel nie. Jy is vir God, of teen God - daar is geen gemaklike middeweg nie. 

Die oomblik wanneer jy 'n dissipel van Jesus Christus word staan jy lynreg teen die bestaande wêreldse norms en gebruike. Dit is egter nie altyd so maklik nie, want almal, ook die kerke, wil graag wys hoe belangrik hulle is deur hulle stempel af te druk op mense met al hulle nuttelose gebruike en rituele. 

Die manier waarop 'n dissipel op swaarkry reageer is ook anders as by ander minder gelowige mense. Die normale reaksie is om so gou as moontlik van die swaarkry ontslae te raak. Die Christen, daarenteen, besef dat hy God se wil uitleef en net op God vertrou. Dit sluit dinge in wat die wêreld as dwaas beskou - jy moet jou vyande liefhê en jy moet diegene wat jou vervloek seën. Hierdie is 'n siening wat die wêreld totaal en al verwerp, want dit haal die kollig van hulle groot egos af. Die wêreld sal eerder in woede tot geweld oorgaan. 
Volgelinge van Jesus Christus word dikwels ook baie name genoem - meeste van hulle afbrekend en spottend - en hulle word vertrap in die samelewing. Maar ons identiteit word nie bepaal deur die name wat die mense ons noem of dit wat hulle ons aandoen nie, maar deur wie ons is in Christus Jesus. 

Ek sluit af: Is jy gereed om jou kruis op te neem en Jesus Christus onvoorwaardelik te volg, of is jy te gesteld op wat jou vriende en mede werkers van jou gaan dink en van jou gaan sê; en is jy te gebonde aan al jou nuttelose aardse skatte? Jy kan nie God en die wêreld liefhê nie, jy kan nie God en Mammon dien nie. Is jy reg om op te staan vir Jesus en om Sy woord onverskrokke te verkondig, tydig en ontydig? Kies vandag nog waar jy staan teenoor Jesus, maar kies reg! Is jy vandag bereid om ALLES OP TE GEE VIR JESUS?

Dissipelskap...dit is n bekende term maar het jy al mooi gedink wat dit behels?

Dissipelskap...dit is n bekende term maar het jy al mooi gedink wat dit behels?
Die opdrag in Mattheus is duidelik..."Gaan dan heen, maak dissipels van alle nasies, doop hulle in die Naam van die Vader en die Seun."

Dissipel beteken "leerling" maw dit is n aaneenlopende leer proses. Dissipel making is n voortdurende oordrag van kennis.

Dit is geskryf dat ons alles in staat is deur God en ook dat ons alles en nog meer kan doen in die Naam van die Seun. 
Dissipel en dissipline loop egter hand aan hand. Die een val uit mekaar sonder die ander. 
Om gedissiplineerd te wees behels dat jy ten eerste die outoriteit oor jou moet verstaan. Dan moet jy weet wat die reels is en watter gedrag aanvaarbaar is en watter gedrag onaanvaarbaar is. Jy moet gesag aanvaar en ook die reels en opdragte uitvoer. Dissipline in jou geloofslewe is dus onontbeerlik in jou dissipelskap.

Voortdurende studie is belangrik, onontbeerlik. Hoe beter jy die reels verstaan hoe makliker raak dit om die opdragte uit te voer. Jy kan nie kies wat jy wil doen en wat jy nie wil doen nie. Netso kan jy nie net sekere dele van die Skrif toepas of uitvoer en ander dele net ignoreer oor jy n spesifieke siening daaroor het nie. Net soos die eienaarshandleiding vir jou motor al die moets en moenies bevat, net so bevat die Skrif al die moets en moenies.

Met dissipelskap volg jy in die spore van die leermeester. Van skool af luister jy na en volg jy die onderwyser en werk jy graad na graad op in jou onderig....nou waarom sal jy anders doen in jou dissipelskap? Hoekom sal jy die lering van die Meester juis verontagsaam? 

Jy moet elke dag in die klas wees om te groei en om te leer. Jy moet honger na kennis van die Woord.

Waar staan jy in jou dissipelskap?  Net jy kan dit beantwoord. En as jy eerlik wil wees skiet almal te kort. Die goeie nuus is egter dat ons dit kan verander. Die soeke na die waarheid moet nooit verlaat word nie. Die deur na die klas is oop....stap in en neem eienaarskap daarvan. Maak dit jou lewe rn strewe. Jy sal nie spyt wees nie. Amen.

Woensdag 22 Julie 2020

Ken en lees jy die Woord

Ken en lees jy die Woord

Deut. 6:1-9

Dit is die wet, die voorskrifte en die bepalings, wat die Here julle God my beveel het om vir julle te leer, sodat julle daarvolgens kan lewe in die land wat julle in besit gaan neem.

“So sal jy die Here jou God jou lewe lank kan dien en gehoorsaam wees aan sy voorskrifte en gebooie wat ek jou gegee het, jy en jou hele nageslag, en dan sal jy 'n lang lewe hê. “Hierdie gebooie wat ek jou vandag gegee het, moet in jou gedagtes bly. Moet dit inskerp by jou kinders en met hulle daaroor praat as jy in jou huis is en as jy op pad is, as jy gaan slaap en as jy opstaan. Jy moet dit as herinneringsteken vasbind aan jou hande, en dit moet 'n merk op jou voorkop wees. Skryf dit op jou deurkosyne en op jou stadspoorte.

Die Woord van die Here is die rigsnoer vir die pad.
Wie die Woord verwaarloos, verwaarloos sy geestelike lewe.
Wie daaraan die regte plek gee pluk die vreug van vrede en vreugde ten spyte van omstandighede.
Ps. 1 praat van ʼn mens wat soos ʼn boom by waterstrome gevestig staan. Die wind kan opsteek, die stormweer kan dreig, wat ook al gebeur, die boom staan en weerstaan alle omstandighede.
Dit beteken nie dat die boom dit nie somtyds moeilik het nie, dat droë jare nie aanbreek nie, dat veldbrande nie ontstaan nie. dat rukwinde nie kom nie. Omdat dit egter die gewortel is in die grond kan dit al hierdie beproewinge weerstaan.
Ons leef dikwels gejaagd en onder dwang van ons dagboeke. Ons leef in ʼn kompeterende en suksesgedrewe konteks. In so ʼn konteks moet ʼn mens op datum bly met nuwere verwikkelinge of agter bly. Jy moet nuut en vars dink, beplan en uitvoer.
Dink net aan die uitdaging wat Covid 19 aan een en elkeen kom stel het. Derhalwe word van die nuwe normaal gesels. In ʼn sin het die ou dinge verbygegaan, alles het nuut geword.
Ek onderstreep hierdie realiteit omdat ʼn mens somtyds in die stryd om oorlewing belangrike dinge agterweë laat. Die Woord moet wag want die lewe gebeur.
Die Here verwyt, verwaarloos en straf nie. Die skade is aan ons kant.
Ouers het die verantwoordelikheid om ʼn liefde vir die Bybel by hul kinders te kweek. Dit gebeur wanneer ouers die verhale van die Bybel van jongs af aan kinders voorlees.
Kinders hou van stories en die Bybel het baie stories sonder om aan die waarheid daarvan afbreek te doen.
Die wyse waarop die Woord beslag wil lê op jou hele lewe word grafies beskryf in die teks. Jou gedagte wêreld, dink en mediteer daaroor. Jou hart en siel en krag sluit eweneens alles in. Elke oomblik moet benut word om met jou kinders oor die Woord te gesels.
Jou hande moet doen wat die Woord sê, daarom word dit as herinneringsteken aan jou hande vasgebind. Jou wil, begeerte, doen en late moet daardeur bepaal word.
Dit herinner my aan Ps. 119 waar die digter mymer oor die baie spesiale plek wat die Woord van God in sy lewe inneem.
Mag ons die Woord wat gedurig na ons toe kom nie verwaarloos nie, veral as ʼn mens daaraan dink dat daar baie dele van die wêreld is waar Christene nie gemaklik, vrymoedig en openlik uit die Woord mag lees en daaroor getuig nie.
 

Dinsdag 23 Junie 2020

NIE EEN VAN ONS IS NET PER TOEVAL HIER OP AARDE NIE.

NIE EEN VAN ONS IS NET PER TOEVAL HIER OP AARDE NIE.

Spreuke 19:11 "Baie planne is in ’n man se hart, maar die raad van die Here, dié sal bestaan".

Ons almal wonder een of ander tyd: "Wat is die doel van my lewe en hoekom is ek hier op aarde?

Navorsing het bewys dat soveel as 80% van mense nie gelukkig is nie en nie doen waarvan hulle hou of weet wat hulle veronderstel is om te doen nie.

Ek wil jou vandag help om in 'n paar minute te verstaan waarvoor jy gemaak. 

Efesiërs 2:10 "Want ons is Sy maaksel, geskape in Christus Jesus tot goeie werke wat God voorberei het, sodat ons daarin kan wandel.

Genesis 1:31 "Toe sien God alles wat Hy gemaak het, en — dit was baie goed".

Jy is baie goed gemaak sodat jy die goeie dinge wat God in jou geplaas het met ander kan deel en sodoende ander en jouself gelukkig maak en kan deel wees van God se vreugde en blydskap.

Die vraag natuurlik is: "Hoe doen ek dit?

Daar is basies vyf vrae wat 'n mens vir homself moet vra en antwoord om vas te stel hoekom hy hier is en wat hy veronderstel is om te doen?

1.Wie is ek?
2. Wat hou ek van om te doen?
3. Vir wie doen ek dit?
4. Wat het hulle vir wie ek dit doen 
     nodig?
5.Hoe verander dit wat ek  doen die 
    lewens van hulle vir wie ek dit doen?

1. WIE IS EK.

Ek en jy is deur God geskape om Sy beeld en gelykenis hier op aarde te reflekteer.

Genesis 1:26 "En God het gesê: Laat Ons mense maak na ons beeld, na ons gelykenis".

Efesiërs 2:10 "Want ons is Sy maaksel, geskape in Christus Jesus tot goeie werke wat God voorberei het, sodat ons daarin kan wandel".

Ons is soos Jesus, een met ons Vader en gemaak om Sy wil hier op aarde uit te voer - 1 Johannes 4:15 "Elkeen wat bely dat Jesus die Seun van God is — God bly in hom, en hy in God".

2. WAT HOU EK VAN OM TE DOEN?

Ons is almal uniek met begeertes en spesiale talente. Dit wat jy van hou en vir jou maklik is om te doen is gewoonlik jou gawe.

In die ou testament het hulle wat kunsvaardig was aan die tabernakel gewerk Eksodus 35:10 "En almal wat kunsvaardig is onder julle, moet kom en alles maak wat die Here beveel het".

In die nuwe testament is ons die tempel waarin God woon en moet ons ons gawes gebruik om ander te bedien.

Romeine 12:12-18 "Maak voorsiening in die behoeftes van die heiliges; streef na gasvryheid;

seën die wat julle vervolg, seën en moenie vervloek nie;

wees bly met die wat bly is, en ween met die wat ween;

wees eensgesind onder mekaar; moenie na hoë dinge streef nie, maar voeg julle by die nederige; moenie eiewys wees nie;

vergeld niemand kwaad vir kwaad nie; bedink wat goed is voor alle mense;

as dit moontlik is, sover as dit van julle afhang, leef in vrede met alle mense.

3. VIR WIE DOEN EK DIT?

Ons moet net soos Jesus rondgaan en ons talente gebruik om mense se lewens te verbeter en so ver moontlik hulle ook genees -  Handelinge 10:38 "met betrekking tot Jesus van Násaret, hoe God Hom gesalf het met die Heilige Gees en met krag. 

Hy het die land deurgegaan, goed gedoen en almal genees wat onder die mag van die duiwel was, omdat God met Hom was".

Ons is nie almal in bediening nie maar God is net soos met Jesus by elkeen van ons.

As jy 'n onderwyser is wees die beste onderwyser en maak dit jou missie om ook ander te inspireer om onderwysers te word, maak nie saak watter beroep jy van hou nie, wat jou beroep ook mag wees, doen dit om mense se lewens te verbeter.

Dit wat jy vir ander doen, doen jy vir die Here.

4. WAT HET HULLE VIR WIE EK DIT DOEN NODIG?

Mense het verskillende behoeftes en jy het unieke gawes en talente om sekere behoeftes te vervul.

Nie almal kan skilder nie en dit help nie om byvoorbeeld te skilder as jy nie talent daarvoor het nie.

Maak dit jou missie om dit wat jy doen goed te doen sodat jy ander mense se lewens verryk en ook genoeg geld maak om ander te kan help.

Jy kan dalk nie op die oomblik iemand finansieel help nie maar jy kan jou tyd gee en uitreik en iemand ondersteun of vrywillig by 'n  gemeenskap-projek begin werk.

Mattheus 25:37-40 "Dan sal die regverdiges Hom antwoord en sê: Here, wanneer het ons U honger gesien en gevoed; of dors, en te drinke gegee?

En wanneer het ons U ’n vreemdeling gesien, en herberg gegee; of naak, en geklee?

En wanneer het ons U siek gesien of in die gevangenis, en na U gekom?

En die Koning sal antwoord en vir hulle sê: Voorwaar Ek sê vir julle, vir sover julle dit gedoen het aan een van die geringstes van hierdie broeders van My, het julle dit aan My gedoen".

5. HOE VERANDER DIT WAT EK DOEN MENSE SE LEWENS?

Jy gaan net werklik gelukkig en vervuld voel en jou skeppingsdoel uitleef wanneer dit wat jy doen nie net jou eie lewe verryk nie maar die lewens van ander.

Net soos 'n vrugteboom nie sy eie vrugte eet nie moet ons ook nie ons talente en gawes gebruik om net onsself te verryk nie.

Deel dit wat jy het uit, hoe meer jy gee van wat jy het hoe meer ontvang jy terug.

As jy liefde gee ontvang jy liefde, as jy vriendelik is sal ander vriendelik teenoor jou wees, as jy genadig is sal daar vir jou genade wees.

Markus 4:24-25 "En Hy het vir hulle gesê: Pas op wat julle hoor; met die maat waarmee julle meet, sal vir julle gemeet word, en daar sal bygevoeg word vir julle wat hoor.

Want wie het, vir hom sal gegee word; en wie nie het nie, van hom sal weggeneem word ook wat hy het.

Lukas 6:31-36" En soos julle wil hê dat die mense aan julle moet doen, so moet julle ook aan hulle doen.

En as julle dié liefhet wat vir julle liefhet, watter dank het julle? Want die sondaars het ook dié lief wat vir hulle liefhet.

En as julle goed doen aan die wat aan julle goed doen, watter dank het julle? Want die sondaars doen ook dieselfde.

En as julle leen aan dié van wie julle hoop om terug te ontvang, watter dank het julle? Want die sondaars leen ook aan die sondaars, om net soveel terug te ontvang.

Maar julle moet jul vyande liefhê en goed doen en leen sonder om iets terug te verwag, en julle loon sal groot wees; en julle sal kinders van die Allerhoogste wees; want Hy self is goedertieren oor die ondankbares en slegtes.

Wees dan barmhartig, soos julle Vader ook barmhartig is.

Om af te sluit " Jou skeppingsdoel is om jou talente te ontdek, te ontwikkel en ander se lewens daarmee te verryk.

As jy niks doen om ander se lewens te verryk nie is jy besig om die merk vir jou lewe te mis en gaan jy nooit werklik gelukkig en vervuld wees nie.

Mattheus 7:12 "Alles wat julle dan wil hê dat die mense aan julle moet doen, net so moet julle aan hulle ook doen; want dit is die wet en die profete".

GEBED
Vader open ons oë en verhelder ons verstand om te doen wat U wil hê ons moet doen.

SKRIFTE OM TE MEMORISEER
Efesiërs 2:10, Mattheus 7:12.

PERSOONLIKE VRAAG OM OOR NA TE DINK.
Waaroor gaan my lewe op die oomblik, oor myself en my probleme of oor hoe ek ander se lewens kan verryk en my skeppingsdoel uitleef?

DEEL ASSEBLIEF DIE BOODSKAP

Ek belowe 'n blikkie Coke sal nooit weer net 'n blikkie Coke wees ná hierdie boodskap nie.

Ek belowe 'n blikkie Coke sal nooit weer net 'n blikkie Coke wees ná hierdie boodskap nie.
Ek wens ons grootmense, ek ingesluit, kon meer soos hierdie seuntjie wees en die Here raaksien in elke liewe ding, maak nie saak wat. 
Hoop jul geniet dit wat hy raak gesien het, want ek hét. Hy was 'n regte Jesuskind en 'n voorbeeld vir ons almal.

Hierdie is 'n  baie goeie boodskap van 'n kind!
Die  storie van die Coca-Cola blikkie:
Hierdie stukkie  goeie nuus is ter nagedagtenis aan Abrie de Bruin.
Abrie is gebore 16.07..79 en oorlede 28..02.92.
Op13jr is hy deur 'n motoris doodgery.  'n Dag voor sy tragiese dood het hy die volgende nota op sy  lessenaar gelaat: 

Hoeveel Coca-Cola's het jy al gedrink en nooit eers gewonder hoekom die blikkie rooi is?
Wel hier is die storie:  "Die rooi stel  die bloed van Jesus voor.
Die swart strepies is die sonde wat jy doen.
Die wit is reinheid: Wanneer jy jou sonde bely, dan word jy rein. 
Coca-Cola staan vir  die volgende: 

     C-Come 
     O-on 
     C-children 
     A-Accept 
     C-Christ 
     O-our 
     L-Lord 
     A-Amen 

Die woorde Coke staan  vir: 

   C-Christus 
   O-ons 
   K-Koning 
   E-Ewig 

Agterop staan 340ml: In Klaagliedere 3:40 staan daar dat jy jou tot die Here moet bekeer.
As jy dit doen, gooi jy jou sondes weg soos die mannetjie agterop: Dan is jy 'n Koningskind.
Dit word voorgestel deur die kroon.
En as jy nog twyfel of jou sondes vergewe is dan kyk jy na die SABS-merk.
Dit is jou waarborg.
Wanneer die blikkie toe is en jy skud hom, dan kook hy oor as jy dit oopmaak.
Só is dit ook as jy tot bekering kom: Dit borrel binne-in  jou!
Hierdie is die laaste woorde van 'n jong kind wat Jesus in alles raakgesien het.

DIE WÊRELD HET MENSE NODIG WAT VRIENDELK, VRYGEWIG EN LIEFDEVOL IS

DIE WÊRELD HET MENSE NODIG WAT VRIENDELK, VRYGEWIG EN  LIEFDEVOL IS

Mattheus 6:25-32 "Moenie julle kwel oor jul lewe — wat julle sal eet en wat julle sal drink nie; of oor jul liggaam —wat julle sal aantrek nie. Is die lewe nie meer as die voedsel en die liggaam as die klere nie?

Kyk na die voëls van die hemel; hulle saai nie en hulle maai nie en hulle bring nie bymekaar in skure nie, en tog voed julle hemelse Vader hulle. *Is julle nie baie meer werd as hulle nie?*

WIE TOG ONDER JULLE KAN, DEUR HOM TE KWEL, EEN EL BY SY LENGTE VOEG?
Hierdie woorde van Jesus is seker die woorde wat elke mens, hoe ryk of arm behoort te hoor en deel van sy eie realiteit te maak.

Bekommernis is seker een van die goed in die wêreld wat die meeste bydra tot die onmin en probleme in die wêreld. Dit veroorsaak twyfel en skep vrees wat permanente woning in 'n mens se verstand inneem.
 
Die meeste mense wat behoeftig is voel bekommerd oor wat hulle more gaan eet en selfs wat hulle gaan aantrek en baie welaf of ryk mense is weer bekommerd dat hulle nie genoeg het om hulle wat behoeftig is te help nie want hulle is self bekommerd oor die toekoms as gevolg van alles wat in die land en die wȇreld op ‘n daaglikse basis gebeur.

Ons is so geneig om op ons eie behoeftes en probleme te fokus dat dit ons fokus van God afhaal wat almagtig, alwetend en alomteenwoordig is 

As 'n mens ook byvoorbeeld na winkelsentrums kyk dan bestaan winkelsentrums omtrent 80% en meer net uit klere winkels uit. Mense in ons land en reg oor die wêreld spandeer biljoene rande op klere in 'n jaar en baie koop dit selfs op krediet omdat hulle dit nie kontant kan koop of regtig bekostig nie.

Dit is kompleet asof mense in die westerse wêreld voel dat hulle waarde bepaal word deur wat hulle aantrek en hoe hulle lyk.

Kom ons kyk wat Jesus oor klere en hoe ons lyk gesê het toe Hy op aarde was.

Mattheus 6:28-32 "En wat kwel julle jul oor klere? Let op die lelies van die veld, hoe hulle groei; hulle arbei nie en hulle spin nie; en *Ek sê vir julle dat selfs Salomo in al sy heerlikheid nie bekleed was soos een van hulle nie*.

*As God dan die gras van die veld, wat vandag daar is en môre in ’n oond gegooi word, so beklee, hoeveel te meer vir julle, kleingelowiges?*

Daarom moet julle jul nie kwel en sê: Wat sal ons eet, of wat sal ons drink, of wat sal ons aantrek nie? Want na al hierdie dinge soek die heidene; want julle hemelse Vader weet dat julle al hierdie dinge nodig het".

Jesus het nie met vir ons gesê om onsself nie te bekommer nie, Hy het ook die antwoord gegee om van bekommernis ontslae te raak en sodoende vrees van sy krag te ontneem.

Mattheus 6:33-34 "Maar soek eers die koninkryk van God en Sy geregtigheid, en al hierdie dinge sal vir julle bygevoeg word. *Kwel julle dus nie oor môre nie, want môre sal hom oor sy eie dinge kwel.* Elke dag het genoeg aan sy eie kwaad".

Kom ons kyk eers wat God se koninkryk is - Lukas 17:21 "EN toe Hy deur die Fariseërs gevra is wanneer die koninkryk van God sal kom, het Hy hulle geantwoord en gesê: Die koninkryk van God kom nie met sigbare tekens nie.

En hulle sal nie sê: Kyk hier! of: Kyk daar! nie; want die koninkryk van God is binne-in julle".

Die Bybel wys ook vir ons wat die Koninkryk van God is in Romeine 14:17-18 "Want die koninkryk van God is nie spys en drank nie, maar geregtigheid en vrede en blydskap in die Heilige Gees. Want hy wat Christus hierin dien, is aan God welgevallig en by die mense geag.

Die ander ding wat ons moet soek om van vrees en bekommernis ontslae te raak benewens om die Koninkryk van God te soek is om God se geregtigheid te soek - " Maar soek eers die koninkryk van God *en Sy geregtigheid*, en al hierdie dinge sal vir julle bygevoeg word".

REGVERDIGMAKING DEUR DIE GELOOF IN JESUS CHRISTUS.

Romeine 3:21-24 "MAAR *nou is die geregtigheid van God geopenbaar sonder die wet*, terwyl die wet en die profete daarvan getuig,die geregtigheid naamlik van God deur die geloof in Jesus Christus vir almal en oor almal wat glo, want daar is geen onderskeid nie; want almal het gesondig en dit ontbreek hulle aan die heerlikheid van God en hulle word deur sy genade sonder verdienste geregverdig deur die verlossing wat in Christus Jesus is.

Hom het God voorgestel in sy bloed as ’n versoening deur die geloof, *om sy geregtigheid te bewys deurdat Hy die sondes ongestraf laat bly het* wat tevore gedoen is onder die verdraagsaamheid van God — *om Sy geregtigheid te toon in die teenwoordige tyd*, sodat Hy self regverdig kan wees en regverdig maak wie uit die geloof in Jesus is.

Waar is dan die roem? Dit is uitgesluit. Deur watter wet? Van die werke? *Nee, maar deur die wet van die geloof*. Ons neem dus aan dat die mens geregverdig word deur die geloof sonder die werke van die wet".

Die antwoord om van probleme en bekommernis ontslae te raak is om te besef dat jy uit genade gered is sonder om die wet te probeer onderhou, dit is geloof wat ons red en noudat ons gered is moet ons glo dat God se Koninkryk binne in ons is.

Ons moet ook glo dat ons regverdig is deur genade en dat God nie meer ons sondes toereken nie. Dit maak ons vry van die vloek van die wet en die gevolge van sonde. Al wat oorbly as die wet nie meer daar is nie is God se seën en nie vervloeking nie.

Romeime 10:3-8 "Abraham het in God geglo, en dit is hom tot geregtigheid gereken.

Maar aan hom wat werk, word die loon nie na guns toegereken nie, maar na verdienste; *aan hom egter wat nie werk nie, maar glo in Hom wat die goddelose regverdig, word sy geloof tot geregtigheid gereken*.

Soos Dawid ook die mens salig spreek aan wie God geregtigheid toereken sonder werke: Welgeluksalig is hulle wie se ongeregtighede vergewe en wie se sondes bedek is.

WELGELUKSALIG IS DIE MAN AAN WIE DIE HERE DIE SONDE NIE TOEREKEN NIE".

Om op te som wat ons vandag geleer het, ons moet besef dat God regverdig is en dat Hy ons gered het deur Sy genade. Hy het die wêreld regverdig gemaak deur die verlossing wat Jesus vir die mensdom gebring het en nie deur ons werke nie.

Noudat ons gered en geregverdig is moet ons God se Koninkryk in onsself soek en vind;  dit is geregtigheid, vrede en blydskap in die Heilige Gees.

Ons moet begin besef dat ons net soos God regverdig is en dat ons ook ons geregtigheid moet bewys deur mense, net soos God, hulle nie hulle oortredinge toe te reken nie, veral nie mense wat arm en behoeftig is; sodoende gaan ons vrede beleef en God se daaglikse voorsiening ontvang en permanent bly wees oor alles wat Hy vir ons doen.

Omdat ons glo dat ons deur die offer van Jesus geregverdig is moet ons nou glo dat ander ook regverdig is deur genade en nie wat hulle nog moet doen nie, hulle moet net soos ons bewus gemaak word van wat Jesus vir hulle gedoen het sodat hulle ook vry kan raak en God en Sy Koninkryk in hulleself ontdek en Sy voorsiening ontvang.

Ons natuurlike verstand wil mense eers aanvaar wanneer hulle goed is en nie meer volgens ons verwysingsraamwerk sleg is nie, terwyl ons geesmens of ware self hulle aanmoedig en hulle sien soos hulle in Christus is. Ons gees is nie dubbelhartig nie en sien nie dit wat mense doen in terme van die wet en goed en kwaad nie, ons gees is een gees met God (1 Korinthiërs 6:17) en sien deur geloof hoe die wet van die lewe in Christus mense transformeer om heilig en sonder gebrek voor Hom in liefde te wees.

Dit het regtig tot my deurgedring vanoggend, net soos God moet ons ons geregtigheid bewys deur mense nie te oordeel en veroordeel nie en te vergewe soos Hy ons vergewe. 

Ons moet mense sien soos hulle saam met ons in Christus en nie soos hulle in die vlees is nie. 2 Korinthiers 5:16: “Ons ken van nou af niemand meer na die vlees nie”.

Vergifnis is die sleutel om God se Koninkryk oop te sluit en ons ware identiteit te ontdek en al ons behoeftes te bevredig - Mattheus 6:9 14&15 "Vergeef ons ons skulde, soos ons ook ons skuldenaars vergewe; Want as julle die mense hulle oortredinge vergewe, sal julle hemelse Vader julle ook vergewe. Maar as julle die mense hulle oortredinge nie vergewe nie, sal julle Vader julle oortredinge ook nie vergewe nie".

Die vraag is hoeveel keer moet ek vergeef en die antwoord is eintlik oneindig baie.

Mattheus 18:21-22 "Toe kom Petrus na Hom en sê: Here, hoe dikwels sal my broeder teen my sondig en ek hom vergewe? Tot sewe maal toe?

Jesus antwoord hom: Ek sê vir jou, nie tot sewe maal toe nie, maar tot sewentig maal sewe toe".

In pleks daarvan om bekommerd en bang te voel begin Hom net dank vir alles wat jy het en wie jy in Christus is, wees in alles dankbaar en besef dat God en Sy Koninkryk binne in jou is.

Spandeer tyd om stil te raak en wag om Sy stem te hoor, Christus is die wysheid en krag van God binne in jou en wanneer jy bewus van Hom raak lei Hy jou soos 'n herder Sy skape lei, Hy neem jou na waters waar rus is, Hy verkwik jou siel en lei jou na paaie van geregtigheid on Sy Naam ontwil.

Wanneer jy soos Hy jou vyande liefhê en mense hulle oortredinge nie toereken en onvoorwaardelik vergewe word al jou behoeftes voorsien na Sy rykdom in genade.

Sonder vrees en bekommernis raak ons mense wat liefdevol, vrygewig en vriendelik is, mense in wie Christus gestalte verkry, mense wat die wêreld vandag regtig nodig het, wees een van hulle deur jou geloof in die Here Jesus Christus.

DEEL ASSEBLIEF HIERDIE GOEIE NUUS MET VRIENDE EN KOLLEGAS

AL VAL DAAR DUISEND AAN JOU SY EN TIENDUISEND AAN JOU REGTERKANT - NA JOU SAL DIT NIE AANKOM NIE.

AL VAL DAAR DUISEND AAN JOU SY EN TIENDUISEND AAN JOU REGTERKANT - NA JOU SAL DIT NIE AANKOM NIE.

1 Johannes 1:5-7 "EN dit is die verkondiging wat ons van Hom gehoor het en aan julle verkondig: God is lig, en geen duisternis is in Hom nie.

As ons sê dat ons met Hom gemeenskap het en in die duisternis wandel, dan lieg ons en doen nie die waarheid nie.

Lees verder of luister op audio by:
https://soundcloud.com/user-137403630/al-val-daar-duisend-aan-jou-sy

Maar as ons in die lig wandel soos Hy in die lig is, dan het ons gemeenskap met mekaar; en *die bloed van Jesus Christus, sy Seun, reinig ons van alle sonde*.

Hierdie gedeelte in die Bybel wys vir ons een van God se grootste eienskappe, Hy is lig en word glad nie deur duisternis geaffekteer of geïntimideer nie. 

Vrees en bekommernis is nie iets wat Hy geskep het nie, Hy het ons na Sy beeld en gelykenis geskep en ons 'n gees van liefde, krag en selfbeheersing gegee. 
(2 Timotheus 1:7)

Een van die beginsels waarvolgens ons moet leef is die besef dat ons sondes vergeef is, die bloed van Jesus Christus het ons van al ons sondes gereinig.

Paulus verduidelik vir ons in Hebreërs 10:13-14 dat elke priester in die ou testament wel dag vir dag gestaan het om die diens waar te neem en dikwels dieselfde slagoffers te bring wat tog nooit die sondes kan wegneem nie; maar Jesus het, nadat Hy een slagoffer vir die sondes gebring het, vir altyd gaan sit aan die regterhand van God en wag nou verder totdat sy vyande gemaak is ’n voetbank van sy voete.

Vir ons om in oorwinning te leef moet ons besef en glo dat dit wat Jesus vir ons gedoen het genoeg was om ons sondes weg te was sodat ons weer saam met God kan wandel. Hebreërs 10:14-15 "Want deur een offer het Hy vir altyd volmaak die wat geheilig word. En ook die Heilige Gees gee aan ons getuienis.

In vers 16 en 17 sien ons dat God 'n verbond met ons gesluit het waar Hy Sy wette gee in ons harte, en dit in ons  verstand inskryf en nie meer aan ons sondes en ongeregtighede  dink nie.

Ons moet dus leer om onsself te sien soos wat Hy ons sien en werklik begin glo dat ons deur die een offer van Jesus volmaak gemaak is en ook geheilig is.

Om in die lig te wandel, soos Hy in die lig is, beteken om te glo dat jy deur Jesus se dood en opstanding gered is en nie toelaat dat vrees  en wêreldse begeertes jou lewe oorheers nie.

Die Koninkryk van God is geregtigheid, vrede en blydskap in die Heilige Gees en dit is wanneer ons glo dat ons deur genade gered is en deur God in Christus geplaas is dat ons  vrede en blydskap ervaar wat ons verstand te bowe gaan, ten spyte van ons omstandighede.

In die ou testament het ons gesien hoe die bloed van 'n lam, wat na Jesus se offer vir sonde verwys het, wat op die deurposte van die Israeliete gesmeer is hulle beskerm het teen die dood, hoeveel te meer sal God Sy kinders wat deur die bloed van Jesus gereinig is beskerm teen sonde en die dood.

Romeine 8:32-33 "WAT sal ons dan van hierdie dinge sê? As God vír ons is, wie kan teen ons wees? Hy wat selfs sy eie Seun nie gespaar het nie, maar Hom vir ons almal oorgegee het, hoe sal Hy nie saam met Hom ons ook alles genadiglik skenk nie?

Romeine 8:28-29 sê dat  God ons wat Hy vantevore verordineer het, dié het Hy ook geroep; en die wat Hy geroep het, dié het Hy ook geregverdig; en die wat Hy geregverdig het, dié het Hy ook verheerlik.

Die duiwel en sy magte gaan net soos met Adam en Eva jou wil versoek en goed sê soos: "Dink jy regtig dat God jou onvoorwaardelik liefhet?", dink jy werklik dat jy gered is?, dink jy regtig dat God jou teen die Corona virus kan beskerm as daar al soveel mense dood is?".

Dit is belangrik om nie toe te laat dat hierdie gedagtes jou affekteer en daarop te broei nie, die duiwel is 'n leuenaar en skep vrees wat ons gedagtes van God af wil haal en ons op sonde en die die dood laat fokus.

Jesaja 26:3 "U sal ’n standvastige gesindheid in volle vrede bewaar, want hulle vertrou op U. (You will keep him in perfect peace, Whose mind is stayed on You)

Vertrou op die Here vir ewig, want in die Here Here is ’n ewige rots".

Ek hoop jy kan sien hoe belangrik dit is om te glo dat jy gered is en dat God jou in Christus geplaas het waar jy absoluit veilig is.

Moet dus geen gedagtes wat negatief is aanvaar nie, vervang elke gedagte met die waarheid.

In pleks van wonder of jy miskien gaan siek word begin eerder glo dat net soos die bloed aan die deurposte die Israeliete teen die dood beskerm het word ons beskerm omdat die bloed van Jesus ons gereining het en ons God se tempel is waarin Hy woon.

Maak Psalm 91 deel van jou daaglikse lewe en glo dat jy nie hoef te vrees vir die skrik van die nag, vir die pyl wat bedags vlieg nie, vir die pes wat in die donker wandel, vir die siekte wat op die middag verwoes nie!

Al val daar duisend aan jou sy en tienduisend aan jou regterhand —na jou sal dit nie aankom nie.

DEEL ASSEBLIEF HIERDIE GOEIE NUUS.

LEER OM GOD TE LOOF EN PRYS ONDER ALLE OMSTANDIGHEDE

LEER OM GOD TE LOOF EN PRYS ONDER ALLE OMSTANDIGHEDE

Psalm 47:2-3 "Alle volke, klap met die hande; juig tot eer van God met ’n stem van gejubel!
Want die Here, die Allerhoogste, is gedug, ’n groot Koning oor die hele aarde".

Hier sien ons duidelik dat die aarde aab God behoort en dat die duiwel en Sy magte geen reg of outoriteit het om oor die aarde te regeer nie. 

Wat min mense besef is dat God die aarde vir die mens gegee het, ons is hier geplaas om te regeer en God se liefde en heerlikheid te demonstreer - Psalm 115:16 "Die hemele is hemele vir die Here, maar *die aarde het Hy aan die mensekinders gegee* ".

Genesis 1:26 "En God het gesê: Laat Ons mense maak na ons beeld, na ons gelykenis, en laat hulle heers oor die visse van die see en die voëls van die hemel en die vee *en oor die hele aarde* en oor al die diere wat op die aarde kruip".

Ons is gemaak om te heers oor omstandighede en is nie gemaak dat omstandighede ons moet beheer of oor ons moet heers nie.

Ons moet dus nie omstandighede en siekte en probleme sien as iets om ons onder te kry nie maar besef dat dit daar is om ons te help om te ontdek wie ons werklik is.

Hoe gaan jy weet dat jy 'n oorwinnaar is as jy nooit iets oorwin nie, hoe gaan jy weet dat jy 'n wenner is as jy nooit aan 'n kompetisie deelgeneem het nie.

God het elkeen van ons op aarde geplaas waar Hy wil hê ons moet wees en heers waar ons is, ons moet in beheer wees.

Handelinge 17:24-28 "Die God wat die wêreld gemaak het en alles wat daarin is, Hy wat Here van hemel en aarde is, woon nie in tempels met hande gemaak nie.

Ook word Hy nie deur mensehande gedien asof Hy aan iets behoefte het nie, omdat *Hy self aan almal lewe en asem en alles gee*.

En Hy het uit een bloed al die nasies van die mensdom gemaak om oor die hele aarde te woon, terwyl Hy vooraf bepaalde tye en die grense van hulle woonplek vasgestel het,
sodat hulle die Here kon soek, of hulle Hom miskien kon aanraak en vind, *al is Hy nie ver van elkeen van ons nie*;

want *in Hom lewe ons, beweeg ons en is ons*, soos sommige van julle digters ook gesê het: Want ons is ook Sy geslag.

Dit wat in die wêreld gebeur is dus nie om ons onder te kry en dood te maak nie, dit is 'n geleentheid vir mense om die Here te soek en te vind.

Lees mooi wat daar geskryf staan: "In Hom lewe ons, beweeg ons en is ons".

Dit maak natuurlik nie sin nie want jou sintuie met jou verstand sê vir jou dat jy net op die aarde is en dat dit wat jy sien, hoor, voel, ruik en proe jou enigste realiteit is.

Hierdie realiteit wat ons ervaar is net natuurlik en nie geestelik nie. 

Daar is 'n groter realiteit as wat ons dink en sien en dit is die realiteit waar ons deur geloof in Christus is, waar ons in die wêreld is maar nie van die wêreld is nie.

Kolossense 3:1-3 "AS julle dan saam met Christus opgewek is, soek die dinge daarbo waar Christus is en aan die regterhand van God sit.

*Bedink die dinge wat daarbo is, nie wat op die aarde is nie*. Want julle het gesterwe, en julle lewe is saam met Christus verborge in God".

Dit is seker een van die belangrikste opdragte vir elke gelowige, jy kan nie vaskyk in omstandighede en glo dat dit wat jy sien en ervaar jou enigste realiteìt is en dat daar niks of niemand is wat jou kan help nie.

In Efesiërs 1:17-22 sien ons dat ons weens onkunde nie in oorwinning leef nie en dat ons moet bid en vra dat God aan ons die Gees van wysheid en openbaring in kennis van Hom mag gee.

Dit beteken letterlik dat ons oë verlig of oopgemaak moet word sodat ons anders kan dink en sien soos wat God sien en nie soos wat ons dink nie.

God get elkeen van ons geroep met 'n heilige roeping en in Christus geplaas om te kan ontdek wat die rykdom van Sy heerlikheid in Sy kinders is.

Omstandighede en situasies in die wêreld gaan gereeld vir ons soos reuse lyk wat ons nie kan oorwin nie, maar soos Jesus gesê het, Hy het die wêreld klaar oorwin.

Paulus leer ons ook om te bid sodat ons die uitnemende grootheid van God se krag deur geloof in ons kan beleef.

Dieselfde krag van God wat gewerk het in Christus toe Hy Hom uit die dode opgewek het en Hom laat sit het aan sy regterhand in die hemele, bo alle owerheid en mag en krag en heerskappy en elke naam wat genoem word, is binne in ons wat glo.

Dit is hierdie bewustheid van God, wat in ons leef, wat dit moontlik maak om nie te vrees en in absolute oorwinning te kan leef.

Luister wat Jesus gesê het - Johannes 5:30 "*Ek kan uit Myself niks doen nie*. Soos Ek hoor, oordeel Ek; en my oordeel is regverdig, omdat Ek nie my wil soek nie, maar die wil van die Vader wat My gestuur het.

Ek glo vandag se boodskap help jou om 'n reis te begin waar jy God regtig begin soek en Hom vind en in oorwinning begin leef.

Dit begin deur in Jesus te glo en te aanvaar dat Hy die Seun van God is en dat Hy vir jou sonde en siekte gesterf het en Sy stem te hoor en doen wat Hy jou inspireer om te doen.

DEEL ASSEBLIEF HIERDIE BOODSKAP.

Johnny, die sak pakker

Johnny, die sak pakker by die kettingwinkel, het pas 'n kursus by die kerk bygewoon waarin hulle aangemoedig is om 'n verskil in die...