Dinsdag 10 April 2018

Wie is Jesus vir jou?

Wie is Jesus vir jou?

Hoe gereeld lees jy jou Bybel? Die meeste van ons ouer mense lees elke week en baie elke dag Bybel. Baie van die jonger mense lees elke nou en dan Bybel... een keer ‘n week of minder. Daar is krag in die Woord en jy kan dit nie ontsluit as jy die Woord nie ken nie. Kry elke dag vars brood.

'Toe Jesus in die streke van Sesarea-Filippi kom, het Hy vir sy dissipels gevra: “Wie, sê die mense, is die Seun van die mens?” Hulle antwoord: “Party sê Johannes die Doper, party Elia, party Jeremia of een van die profete.” “Maar julle,” het Hy gevra, “wie, sê julle, is Ek?” Simon Petrus het geantwoord: “U is die Christus, die Seun van die lewende God.” “Gelukkig is jy, Simon Barjona,” het Jesus vir hom gesê, “want dit is nie 'n mens wat dit aan jou geopenbaar het nie, maar my Vader wat in die hemel is. En Ek sê vir jou: Jy is Petrus, en op hierdie rots sal Ek my kerk bou, en die magte van die doderyk sal dit nie oorweldig nie. Ek sal aan jou die sleutels van die koninkryk van die hemel gee, en wat jy op die aarde toesluit, sal in die hemel toegesluit bly; en wat jy op die aarde oopsluit, sal in die hemel oopgesluit bly.” 'MATT 16:13-19

Wie sê die mense is Jesus? As jy op BBC of Google gaan kyk, gaan jy interresant antwoorde kry op hierdie vraag. Jy kan selfs van Jesus lees in die Koran (Die Bybel van die Moslem mense).

Sommige dink Hy is ‘n leermeester. Dus is daar goeie dinge wat Jesus sê wat hulle sal aanhaal. Maar as Hy net ‘n onderwyser is, kan mens besluit wat jy wil leer of nie. Sommige sê Hy is ‘n profeet en  dat Hy ‘n paar dinge van God kom openbaar het. Sommige dink Jesus het net kom sterf vir hulle sonde en daarom is ons vergewe, maar daar gebeur niks verder in hulle lewe nie.

Die grootste vraag is wie is Jesus vir JOU? As jy hierdie een antwoord verstaan, ontsluit jy die hemele.

Die bewys wie Jesus vir jou is, is duidelik wanneer ons deur ‘n krisis gaan. Jou kind word siek, as Jesus jou God en geneesheer is, hardloop jy eerste na Hom, bid vir jou kind en DAN doen jy al die ander dinge, maar soveel mense probeer eers als anders. Dan sê die Dokter, al wat ons nou kan doen is bid. Dit moet eintlik die eerste uitweg wees.

Glo jy regtig dat Jesus God is en dat Hy als kan doen? Sal dit duidelik in jou gesprekke uitkom, dat jy dit regtig glo?

As ‘n jong seun verlief is, hoef jy nie vir hom te vra om oor die spesiale meisie te praat nie... dit sal kort voor lank na vore kom. Ongelukkig klink party christene soos iemand wat nie seker is oor sy saak nie.

Een van my vriende is deur ‘n atieis gekonfronteer oor die Bybel... en die persoon het baie meer kennis as hy gehad. Hy het vir die persoon gesê: “Jy is baie slimmer as ek, ek kan nie met jou redeneer nie. Maar kan ek vir jou bid dat die Here jou aanraak, dan, as Hy jou aanraak, kan jy self daaroor besluit.” Die persoon het geweier dat my vriend vir hom bid, want hy was bang dat iets sou gebeur.

Hierdie is die sleutel tot die Koninkryk, die geloof dat Jesus die Here is.

Om oor na te dink.

-Wie is Jesus vir jou? Moenie jouself ‘n sondagskool antwoord gee nie, maar maak jou hart oop en antwoord uit jou diepste wese.

Gebed

Vader, uit ons menswees kan ons nie regtig begryp wie Jesus is nie. Asb kom deur U Heilige Gees en leer ons wie Jesus is, mag ons ‘n nuwe openbaring kry van wie U Seun is en U daardeur leer ken. Ons wil nie godsdienstig wees nie, maar sonder twyfel deur geloof kan leef as kinders van U.

Ons bid dit in Jesus se Naam

Amen

Geen opmerkings nie:

Plaas 'n opmerking

Johnny, die sak pakker

Johnny, die sak pakker by die kettingwinkel, het pas 'n kursus by die kerk bygewoon waarin hulle aangemoedig is om 'n verskil in die...