Woensdag 06 Februarie 2019

U Woord is my hele lewe

U Woord is my hele lewe

Om U wil te doen, my God, is my een begeerte, U woord is my hele lewe. Psalm 40:9

Ons as kinders van God moet Sy woord bestudeer dag en nag. As ek en my beste vriende nooit met mekaar praat nie, mekaar min sien en nie tyd met mekaar deurbring nie, gaan ons nie weet wat in mekaar se lewens aangaan nie. Daarom moet ons ook tyd met God deurbring. Ons moet luister wat Sy planne vir ons lewe is en wat in Sy woord staan. As ons nie tyd met God deurbring nie, kan ons nie Sy stem hoor nie.

’n 2 -Minute oordenking is nie altyd genoeg nie. ‘n Mens kan mos nie met ’n kwart petroltenk Namibië toe ry nie. Ons moet propvol van God se woord wees, sodat ons deur die tawwe tye kan kom en die curveballs wat die lewe ons gooi, kan dodge. Daar is geen foute in God se woord nie en al die antwoorde vir al ons vrae lê daarin. Om tyd saam ons Vader deur te bring, is so nodig en recharge ons sodat ons die lewe voluit kan leef – net soos Hy wil hê ons moet.

My ma het altyd vir ons 3 kinders gebid vir ’n begeerte soos David s’n. Om U wil te doen, my God, is my een begeerte, U woord is my hele lewe. Psalm 40:9

U Woord is my hele lewe!

Uitdaging: Maak elke dag tyd vir God. Hy moet een van jou beste vriende wees met wie jy wil tyd deurbring om Hom beter te leer ken. Vat ’n tydjie tussen jou studies, voor jy gaan slaap of staan sommer ’n bietjie vroeër op. Los vir ’n slaggie jou selfoon en die Instagram en maak jou Bybel oop. God wag in afwagting vir ‘n tydjie saam met jou. Sy arms staan wawyd oop. Vir jou.

Gebed: Here, ek kom vanoggend na U toe en ek bid dat ek ook ‘n begeerte soos Dawid s’n kan hê. Ek vra dat U my sal help om my tyd goed te bestuur en om tyd te maak vir die belangrike dinge in die lewe – soos om tyd met U deur te bring. Amen

Shalom
Pietet

Jy mag maar glo wat God van jou sê!

Jy mag maar glo wat God van jou sê!

Jesaja 54:10

Berge kan verskuif word en heuwels kan verdwyn, maar my liefde vir jou sal nooit ophou nie. My ooreenkoms van vrede met jou sal nooit tot ’n einde kom nie. Dit is wat die Here sê wat soveel vir jou omgee.

Jou selfbeeld … Wat presies is dit? Niks anders as die beeld wat jy van jouself het nie.

Hoe jy lyk en hoe jy doen en hoe belangrik jy is … Maar nie net wat jyself daarvan dink nie, maar ook wat jy dink ander van jou dink! Maak dit sin?

So, wat ander mense van jou dink, kan ook beïnvloed hoe jy oor jouself dink.

Maar weet jy wat? As jy weet hoe God oor jou voel, sal dit minder belangrik raak wat ander mense van jou dink. En as jy glo wat in die Bybel staan oor God se gevoelens oor jou, sal jy dit regkry om nooit weer te min van jouself te dink nie, maak nie saak wat ander mense van jou sê nie.

O ja, om te veel te dink van jouself is ook nie goed nie. Maar as jy inge-plug is by God, sal jy ‘n gesonde selfbeeld kan ontwikkel. Jy sal dan kan glo dat jy iets vir iemand anders kan beteken en dat God jou kan gebruik om ook goed en nice te wees met ander mense rondom jou.

Jy mag maar glo wat God van jou sê!

Uitdaging: Vertrou dit wat in die Bybel staan oor God se gevoelens oor jou en tree só op dat ander kan sien jy het ‘n goeie en gesonde beeld van jouself.

Gebed: Here, dankie dat U my regtig liefhet en dat U baie vir my omgee, omdat U my gemaak het. Help my om nooit weer te dink ek is nie goed genoeg of belangrik genoeg nie. Amen.

Shalom
Pietet

Jy is baie meer werd as wat jy vir jouself in die spieël vertel

Jy is baie meer werd as wat jy vir jouself in die spieël vertel

Jeremia 1:4-6

4Die Here het vir my gesê: 5“Ek ken jou van altyd af. Van voor jou geboorte af het Ek jou gekies en aangestel om namens My met die nasies van die wêreld te praat.” 6Ek het geantwoord en gesê: “Nee, Here, ek kan nie goed praat nie en ek is gans en al te jonk vir dié belangrike taak.”

Hoeveel keer het jy al hierdie jaar vir jouself gesê dat jy nie goed genoeg is nie? Ons raak soms so bang om groot dinge te doen, want ons sien altyd eers ons foute raak. Toe God vir Jeremia vertel het dat hy groot dinge gaan doen, kon hy dit nie glo nie. Al wat hy gesien het, was iemand wat nie goed genoeg was nie.

Soms sien ek ook net in die spieël iemand wat nie goed genoeg is nie. Ons is experts daarin. Baie kere sien ons die dinge raak wat nie reg is nie en glo ons sal net waarde hê as ons meer perfek kan wees. Maar weet jy wat? God ken jou al soveel langer as wat jy jouself ken. Hy ken jou beter as wat jy jouself ken.

As God sê jy het waarde, kan jy Hom maar glo. As God jou roep om groot dinge te doen in jou skool en in jou gemeenskap, kan jy glo dat Hy vertrou dat jy dit kan doen.

Jy is baie meer werd as wat jy vir jouself in die spieël vertel.

Gebed: Here, ek het selfbeeld issues. Ek wens ek kon raaksien wat U in my raaksien. Help my, asseblief, om U te glo wanneer U sê ek het waarde. Help my om raak te sien dat U my met baie liefde uniek geskep het op hierdie aarde. … Amen.

Uitdaging: Soms sukkel ons met ons selfbeeld, omdat ons net die slegte dinge glo wat ander van ons sê. Luister ‘n bietjie deur die week – jy sal verbaas wees hoeveel goeie dinge mense van jou sê as jy net ‘n bietjie aandag gee. Sê dankie wanneer iemand die waarde in jou raaksien.

Shalom
Pieter

Donderdag 31 Januarie 2019

God is ons beskermer!

God is ons beskermer!

Psalm 91:1-2

1As jy na die allerhoogste God toe gaan dat Hy jou moet oppas, kan jy van een ding seker wees: Die almagtige God sal jou bewaar. 2Jy kan vir die Here sê: “U beskerm en bewaar my. U is my God op wie ek vertrou.”

As jy in die moeilikheid kom of as jy voel dinge raak te rof in jou lewe … na wie sal jy eerste gaan? Ons draai gewoonlik na mense wat ons vertrou. Ons kan vir seker ook op God vertrou. God laat ons nooit in die steek nie.

Die persoon wat die Psalm geskryf het, vertel hier van die sekerheid wat ons kan hê dat God ons sal beskerm in moeilike tye. God is ten alle tye daar, maar mense kan nie altyd daar wees nie, of dit nou drie-uur in die oggend is of in die middel van ‘n besige dag.

God is ‘n beskermer. Hy wil ons beskerm van die slegte dinge wat om ons gebeur. Hy wil Sy liefde op dié manier aan ons wys, maar ons moet ook bereid wees om na God toe te gaan en vir Hom te vra om ons te help, sy krag is oorgenoeg vir elke situasie. God wil baie graag hê dat ons na Hom moet uitreik. Wanneer ons soek, is Hy so duidelik soos die son in die middel van die dag.

God is ons beskermer.

Gebed: Here God, U is my beskermer. Dankie dat U na my omsien en vir my sorg. Dankie dat ek kan weet U is altyd by my. Ek wil naby aan U bly en weet dat ek veilig is in U teenwoordigheid … Amen.

Uitdaging: Het jy geweet God luister na al ons gebede? Maak nie saak waar ons is of hoe hard ons kan praat nie. Kyk of jy die woorde “U beskerm en bewaar my. U is my God op wie ek vertrou” kan persoonlik maak en omskep in ‘n gebed aan God?

Shalom

Pieter

Woensdag 30 Januarie 2019

Here, U is so amazing!

Lukas 1:46-49

46Maria het toe gesê: “Ek maak die Naam van die Here groot. 47Ek juig oor God. Hy is my Redder. 48Ek is glad nie belangrik nie, ek is maar een van God se diensmeisies; tog het Hy my raakgesien… 49Die Almagtige het groot dinge aan my gedoen. Hy is heilig. Daar is niemand soos Hy nie.

Ek dink as ons vandag om ons kyk, is dit maklik om elke lelike ding van die lewe raak te sien. Maar dit beteken nie dat daar nie ongelooflike goeie dinge ook met ons gebeur nie. Ek dink baie kere is die beste maatstaaf om ons nabyheid aan God te meet, die manier hoe ons reageer as dinge goed gaan.

God het vir Maria swanger gemaak met die Redder van die wêreld. Dis huge, maar ek dink nie dis al goeie ding wat ooit met Maria gebeur het nie. Al sou sy kon grootkop kry deur te glo dat sy amazing is en dat dit die rede is waarom God so goed is vir haar, het sy nie. Nee, haar reaksie is om met elke stukkie in haar vir God te prys.

Een van die dinge van ‘n Christen wees is dat ons weet ons kan dit nie op ons eie doen nie. Ons weet ons het God nodig. Ek wens ons het net bietjie meer tyd spandeer om vir God dankie te sê en Hom te prys wanneer dinge goed gaan. Daar is te min mense wat God prys in die goeie en net hulp soek wanneer dinge skeef loop. Wees iemand wat in alles (goed of sleg) God prys.

Here, U is so amazing!

Gebed: Here, wanneer laas het ek vir U gesê hoe amazing U is? Ek wil vir U vandag sê dat U die beste is. U maak my lewe goed. U is goed en sal altyd goed bly. Here, hou asseblief aan om my asem weg te slaan. Help my om nie te vergeet hoe groot U werklik is nie. … Amen.

Uitdaging: Bid ‘n langer gebed en sê vir God wat dit is van Hom wat jy waardeer.

Shalom

Pieter Bezuidenhout

Saterdag 11 Augustus 2018

Vyf Bybelse begrippe wat Elke Nuwe Gelowige moet Verstaan

Vyf Bybelse begrippe wat Elke Nuwe Gelowige moet Verstaan

(OM GEESTELIKE GROEI TE VERMEERDER EN FRUSTRASIE TE VERMINDER!)

(Belangrik – Woorde of frases wat onderstreep is, het dalk verdere verduideliking nodig)

1.    As my Saligmaker, wil Jesus hê dat ek weet dat al my sondes vergewe is en dat ek nou die ewige lewe het.
Joh. 5:24 “Dit verseker Ek julle: Wie luister na wat Ek sê, en in Hom glo wat My gestuur het, het die ewige lewe. Hy word nie veroordeel nie, maar het reeds uit die dood na die lewe oorgegaan."

Rom. 4:7-8  “Geseënd is die mense wie se oortredinge nie gestraf word nie en wie se sonde vergewe word. 8Geseënd is die mens vir wie die Here die sonde nie toereken nie.”

Rom. 8:1  Daar is dus nou geen veroordeling vir dié wat in Christus Jesus is nie.

Rom. 8:16  Hierdie Gees getuig saam met ons gees dat ons kinders van God is.

Rom. 8:31  Wat is nou ons gevolgtrekking oor al hierdie dinge? Dít: God is vír ons, wie kan dan teen ons wees?

Rom. 10:13  want elkeen wat die Naam van die Here aanroep, sal gered word.

1  Joh. 3:24  …  Hiéraan weet ons dat Hy in ons bly: Hy het ons sy Gees gegee.

1 Joh. 5:11-13  En die getuienis behels dít: God het ons die ewige lewe gegee, en dié lewe is deur sy Seun. 12Wie die Seun het, het die lewe; wie nie die Seun van God het nie, het ook nie die lewe nie. 13Hierdie brief skrywe ek vir julle, sodat julle kan weet dat julle die ewige lewe het, julle wat in die Seun van God glo.

2.    As my Heer, wil Jesus hê dat ek weet ek is duur gekoop en dat ek nie meer aan myself behoort nie.
Joh. 13:13  Julle noem My julle Leermeester en Here, en julle is reg, want Ek is dit.

Rom. 11:33-12:1  … Uit Hom en deur Hom en tot Hom is alle dinge. … En nou doen ek 'n beroep op julle, broers, op grond van die groot ontferming van God: Gee julleself aan God as lewende en heilige offers wat vir Hom aanneemlik is. Dit is die wesenlike van die godsdiens wat julle moet beoefen.

Rom. 14:7-8 Niemand van ons leef tog vir homself nie, en niemand sterf vir homself nie. 8As ons lewe, leef ons tot eer van die Here; en as ons sterwe, sterf ons tot eer van die Here. Of ons dan lewe en of ons sterwe, ons behoort aan die Here.

1  Kor. 6:19-20  Of besef julle nie dat julle liggaam 'n tempel van die Heilige Gees is nie? Julle het die Heilige Gees, wat in julle woon, van God ontvang, en julle behoort nie aan julleself nie: 20julle is gekoop, en die prys is betaal. Julle moet God dus in julle liggaam verheerlik.

1 Kor. 7:22-23  … Net so ook is 'n vry man wat deur die Here geroep is, nou 'n slaaf van Christus. 23Julle is vrygekoop en die prys is betaal; ....

2 Kor. 5:15  Hy het vir almal gesterwe, sodat dié wat lewe, nie meer vir hulleself moet lewe nie, maar vir Hom wat vir hulle gesterf het en uit die dood opgewek is.

Nota: Hierdie gedagte kan oorweldigend wees, as dit nie vir die absolute waarheid was dat God my liefhet nie en altyd die beste sal doen vir my.

Indien God my liefhet en slegs die beste vir my kan doen, en nooit foute maak nie, wat sou ʼn logiese rede kon wees om Hom nie as my Meester te aanvaar nie?

3.   Ek is besonders en God het ʼn wonderbare, unieke plan vir my hele lewe, en Hy wil hierdie plan vir my bestuur.
Psalm 40:6 Here my God, U het baie wonderlike dinge gedoen; U dink altyd aan ons; daar is niemand soos U nie. Ek sou daarvan wou vertel en daaroor praat, maar dit is te veel om op te noem.

Psalm 139:16 U het my al gesien toe ek nog ongebore was, al my lewensdae was in u boek opgeskrywe nog voordat ek gebore is.

Spreuke 3:5-6 Vertrou volkome op die Here en moenie op jou eie insigte staatmaak nie. 6Ken Hom in alles wat jy doen en Hy sal jou die regte pad laat loop.

Jer. 29:11  Ek weet wat Ek vir julle beplan, sê die Here: voorspoed en nie teenspoed nie; Ek wil vir julle 'n toekoms gee, 'n verwagting!

Mat. 11:28-30  (Jesus het gesê) “Kom na My toe, almal wat uitgeput en oorlaai is, en Ek sal julle rus gee. 29Neem my juk op julle en leer van My, want Ek is sagmoedig en nederig van hart, en julle sal rus kry vir julle gemoed. 30My juk is sag en my las is lig.”

Rom. 8:31-32  Wat is nou ons gevolgtrekking oor al hierdie dinge? Dít: God is vír ons, wie kan dan teen ons wees? 32Hy het sy eie Seun nie gespaar nie, maar Hom oorgelewer om ons almal te red. Sal Hy ons dan nie al die ander dinge saam met Hom uit genade skenk nie?

4.    God wil hê ek moet weet dat alleenlik die Heilige Gees in staat is om God se plan aan my te openbaar en my daarin te lei.
Spreuke 16:9 'n Mens beplan sy pad, maar die Here bepaal hoe hy loop.

Jes. 55:8-9 My gedagtes is nie julle gedagtes nie, en julle optrede nie soos Myne nie, sê die Here; 9soos die hemel hoër is as die aarde, so is my optrede verhewe bo julle optrede en my gedagtes bo julle gedagtes.

Jer. 10:23  … die mens kan nie self sy pad kies nie, niemand kan self sy koers bepaal nie.

Joh. 12:24-26 (Jesus het gesê) Dít verseker Ek julle: As 'n koringkorrel nie in die grond val en sterwe nie, bly hy net een; maar as hy sterwe, bring hy 'n groot oes in. 25Wie sy lewe bo My liefhet, verloor dit; en wie sy lewe in hierdie wêreld nie bo My liefhet nie, sal dit vir die ewige lewe behou. 26As iemand My wil dien, moet hy My volg; en waar Ek is, daar sal my dienaar ook wees. As iemand My dien, sal die Vader hom eer.

1 Kor. 2:9-14  …“Wat die oog nie gesien en die oor nie gehoor het nie,” en wat in die hart van 'n mens nie opgekom het nie, dit het God gereed gemaak vir dié wat Hom liefhet. 10Aan ons dan het God dit deur die Gees bekend gemaak, want die Gees deursoek alle dinge, ook die diepste geheimenisse van God. ....

5.    God wil hê ek moet weet dat die Heilige Gees my sal leer om Sy leiding te herken, te volg en te gehoorsaam.
Psalm. 32:8 Ek wil jou onderrig en jou die pad leer wat jy moet volg. Ek wil jou raad gee en my oog oor jou hou.

Lukas 9:23-24  Toe het Hy vir almal gesê: “As iemand agter My aan wil kom, moet hy homself verloën, elke dag sy kruis opneem en My volg, ....

Joh. 10:27  (Jesus het gesê) “My skape luister na my stem; Ek ken hulle, en hulle volg My.”

Joh. 14:26 en wanneer die Vader in my Naam die Voorspraak, die Heilige Gees, stuur, sal Hy julle alles leer en julle herinner aan alles wat Ek vir julle gesê het.

Joh. 16:13-15 Wanneer Hy kom, die Gees van die waarheid, sal Hy julle in die hele waarheid lei. Wat Hy sal sê, sal nie van Homself kom nie: Hy sal net sê wat Hy hoor, en Hy sal die dinge wat gaan kom, aan julle verkondig. 14Hy sal My verheerlik, want wat Hy van My ontvang, sal Hy aan julle verkondig. 15Alles wat aan die Vader behoort, behoort ook aan My; daarom dat Ek gesê het: Wat Hy van My ontvang, sal Hy aan julle verkondig.”

Rom. 12:2  Julle moenie aan hierdie sondige wêreld gelyk word nie, maar laat God julle verander deur julle denke te vernuwe. Dan sal julle ook kan onderskei wat die wil van God is, wat vir Hom goed en aanneemlik en volmaak is.

Saterdag 23 Junie 2018

DIE MENS SE BEHOEFTE AAN VERLOSSING

DIE MENS SE BEHOEFTE AAN VERLOSSING
Verlossing is om die mens te red van die geestelike gevolge van sonde; veral verlossing van sonde en ewige verdoeming, deur die versoening van Jesus Christus. Verlossing is die groot behoefte van elke menslike hart, want "almal het gesondig en is ver van God af." Romeine 3:23

Johnny, die sak pakker

Johnny, die sak pakker by die kettingwinkel, het pas 'n kursus by die kerk bygewoon waarin hulle aangemoedig is om 'n verskil in die...