Saterdag 02 Junie 2018

Verras deur ‘n tienerseun

Verras deur ‘n tienerseun – #imagine maandae

1 Timoteus 4:12-16

12 Niemand mag op jou neersien omdat jy jonk is nie, maar wees jy vir die gelowiges ‘n voorbeeld in woord en gedrag, in liefde, geloof en reinheid…14 Moenie die genadegawe wat jy het, verwaarloos nie…

“Leierskap gaan nie oor ʼn titel nie. Dit gaan oor impak, invloed, en inspirasie.” Robin S. Sharma.

Ons almal ken leiers – goeies en slegtes. Wanneer ons dink aan goeie leiers, watter eienskappe staan vir jou uit? Dis min dat ons dink aan goeie leiers wat jonk is, of baie oud is. Ons wil graag dink aan leiers wat goed praat of perfekte lywe het, maar sukkel om te dink aan goeie leiers wat nie die eienskappe het nie.

Paulus herinner ons in hierdie teks dat dit nie saak maak wie ons is en al die verskillende fasette van ons identiteit nie, God gebruik ons net daar waar ons is, net soos ons is.

So wat maak ʼn goeie leier? Hierdie teks herinner ons dat om werklik ʼn goeie leier te wees, moet ons aan God se roepstem gehoorsaam wees en die waagmoed hê om daarop te reageer!

God roep jou!

Gebed: Here, dankie dat ek kan weet dat u ʼn plan het met my lewe. Dankie dat u my persoonlik geroep het en my bystaan om daardie roeping te ontdek en uit te leef. Here, help my asseblief om te volhard hierin en nie vasgevang te word met denke oor wat met my fout kan wees nie.

Uitdaging: Dink aan ʼn gewone week in jou lewe. Hoe kan jy die mense met wie jy daagliks in aanraking kom, beïnvloed? Vra ook vir God vir wie jy ʼn mentor kan wees

Geen opmerkings nie:

Plaas 'n opmerking

Johnny, die sak pakker

Johnny, die sak pakker by die kettingwinkel, het pas 'n kursus by die kerk bygewoon waarin hulle aangemoedig is om 'n verskil in die...