Onthou! God is teenwoordig
Filippense 4:6
6Julle moenie bekommerd wees nie. Julle moet ernstig bid tot God, julle moet vir Hom sê wat julle nodig het en julle moet vir Hom dankie sê daarvoor.
’n Vreugdevolle persoon is iemand wat weet dat God in beheer is en te alle tye by hulle staan. Soms raak ons so vasgevang in die middel van alles wat rondom ons gebeur, dat ons dit vergeet. Dit is maklik om vergeetagtig te word.
Stel jou voor ons het goed daarin geraak om van God se teenwoordigheid te onthou. Sou dit die manier waarop ons leef, verander? In hierdie vers is die primêre idee nie dat ons ons nie moet bekommer nie, maar eerder dat God omgee. As ons bid, moet ons God kan vra vir die dinge wat ons nodig het.
Wanneer God vir ons voorsiening maak, moet ons nie net daarvan vergeet nie, maar dankbaar wees. Dit is nog ‘n manier om ons vreugde te wys. Ons moenie bang wees om vir God te vra vir die dinge wat ons nodig het nie. Hoe meer ons vertrou dat God omgee vir ons, hoe minder sal ons in elk geval wil bekommerd wees.
Onthou! God is teenwoordig.
Gebed: Here, maak my asseblief iemand wat onthou. Help my asseblief om te onthou dat U vir my is en nie teen my nie. Dan kan ek dankbaar wees, want ek sien hoe U vir my voorsien… Amen.
Uitdaging: Vind ‘n manier om jouself te herinner aan God se teenwoordigheid in jou lewe. Dalk is dit ‘n prentjie wat jy kan teken en op jou muur sit. Miskien kan jy jou selfoon se agtergrond verander na ‘n Bybelvers – soos die agtergrond wat ons saam gestuur het?
Geen opmerkings nie:
Plaas 'n opmerking