Bemoediging is sterker as bekommernis
Spreuke 12:25
Bekommernis versuur jou lewe. ’n Bemoedigende woord van ’n gelowige maak jou gelukkig.
Ons weet dat stres sy tol op ons kan neem. Dit het die krag om ons baie oorweldig te laat voel – veral wanneer daar baie dinge gebeur waaroor ons nie beheer het nie. Dit gebeur dikwels omdat die angs en bekommernis voor ons al is wat ons kan sien.
Ons sien gereeld wanneer ons vriende angstig is oor toetse, oor werk wat hulle moet doen, oor hul familielewe – en dikwels weet ons nie regtig wat om te sê nie. Maar dit is crazy wat die regte woorde kan beteken as hulle kom op ‘n tyd wanneer ons oorweldig voel. Soms is die liefdevolste dade wat ons kan doen om ander te bemoedig.
Ons kan dit met woorde doen. Een van die eenvoudigste maniere om ons vriende te bemoedig is om saam met hulle te bid wanneer hulle oorweldig voel. Ons kan hulle ook met aksie bemoedig. Miskien kan jy tyd spandeer om ‘n vriend te help met ‘n wiskundeprobleem waarmee hulle baie sukkel. Miskien kan jy net tyd saam met hulle spandeer en wys dat jy by hulle is. So wys ons aan ons vriende die liefde wat God vir hulle het.
Bemoediging is sterker as bekommernis.
Gebed: Here, ek weet dat U my al baie keer gewys het dat ek my vertroue op U kan plaas. Help my om ander te bemoedig as hulle bekommerd is. Help my asseblief om my vriende met die regte woorde aan te moedig… Amen.
Uitdaging: Maak vandag se vers prakties. Die volgende keer wat jy ‘n vriend sien wat angstig en bekommerd is, kyk hoe jy hulle met woorde of aksie kan bemoedig.
Geen opmerkings nie:
Plaas 'n opmerking