Wie ons was hoef nie te bepaal wie ons is nie
2 Korintiërs 5:17
17Daarom – iemand wat aan Christus verbind is, is ’n nuwe skepping. Die ou dinge is verby, kyk, die nuwe is hier!
Gister het ons gesien dat om Jesus te ontdek die manier verander wat ons na die wêreld kyk. Maar dit verander ons ook.
Vandag as ons deur instagram scroll of net na al die plakkate en advertensieborde om ons kyk, sien ons mense wat probeer ‘n beeld aan ons te verkoop. Hulle probeer om te sê dat as jy só lyk, sal jy die coolste persoon wees. As ons regtig só wil lyk, sal ons wel baie moet verander. En verandering kom baie keer teen ʼn prys.
Maar wanneer ons werklik ‘n persoonlike verhouding met Jesus het, word ons verander, sonder enige kleinskrif. En die verandering is nie uiterlik nie, maar dit verander ons harte. As ons Jesus ken, begin ons omgee vir die mense rondom ons. Ons begin om God se skepping te waardeer. Ons begin om te leef as veranderde mense.
Wat nog beter is, is dat wanneer ons Jesus op ‘n dieper vlak leer ken, wie ons was nie hoef te beïnvloed wie ons is nie. Al die foute/sondes van ons verlede is nie meer wie ons is nie, omdat ons permanent deur God verander word.
Wie ons was hoef nie te bepaal wie ons is nie.
Gebed: Dankie Vader vir hoe U my verander wanneer ek Jesus leer ken. Dankie dat wie ek was, nie hoef te beïnvloed hoe ek nou lewe nie. Dankie dat ek ten volle kan lewe omdat U liefde my hart verander.
Uitdaging: Identifiseer aspekte van jou lewe wat verander het toe jy Jesus ontmoet het. Dink na oor hoe jou Bybelstudie, gebed of alledaagse aanbidding verander wie jy is.
Geen opmerkings nie:
Plaas 'n opmerking