Saterdag 14 April 2018

Ontmoetings met God verander hoe ons lewe!

Ontmoetings met God verander hoe ons lewe!

2 Korintiërs 5:16

Van nou af beoordeel ons niemand meer volgens ’n menslike maatstaf nie. Al het ons Christus ook vroeër volgens ’n menslike maatstaf beoordeel, oordeel ons nou heeltemal anders oor Hom.

Het jy al ooit so hard met iemand anders geargumenteer en dan het jy iets ontdek wat jou mening verander het? Soms ontdek ons ​​iets amazing en dit verander die manier waarop ons dan na dinge kyk.

Het jy geweet dat Jesus nie baie gewild was onder baie van die Joodse mense toe hy op aarde geleef het nie? Baie het gedink hy was ‘n bietjie van ‘n mal mens en dat hy allerhande leuens versprei oor wie God is. Een van hulle was Paulus, wat eintlik baie Christene doodgemaak het voordat hy ontdek het wie Jesus regtig was.

Wanneer ons ontdek wie Jesus regtig is, verander dit die hele manier wat ons dinge rondom ons sien. Ons begin om te sien hoe God sien. En dit verander ook die manier waarop ons leef – omdat ons weet dat God so baie liefde vir ons en almal rondom ons het.

Ontmoetings met God verander hoe ons lewe!

Gebed: Liewe God, U ken elke deel van my en U het my gewys wie U is deur die lewe van Jesus. Help my om die wêreld ook op nuwe maniere te sien en om U liefde vir die mense rondom my uit te leef.

Uitdaging: Gryp jou Bybel (of gebruik die Bybelprogram op jou foon) en probeer om ‘n storie te vind oor ‘n karakter wat jy nooit vantevore iets van geweet het nie.

Geen opmerkings nie:

Plaas 'n opmerking

Johnny, die sak pakker

Johnny, die sak pakker by die kettingwinkel, het pas 'n kursus by die kerk bygewoon waarin hulle aangemoedig is om 'n verskil in die...