Hoe om meer soos Jesus te wees?
'Volg my voorbeeld, soos ek die voorbeeld van Christus volg. ' 1 Kor 11:1
Hierdie teks is seker die kragtigste teks. Om meer te wees soos Jesus moet jy Hom in alles volg, maar eerste moet jy die “wi-fi password” hê.
“Wi-fi”
As jy jou kinders se aandag wil hê, skakel die “wi-fi” by die huis af. Oral waar ons beweeg is daar “wi-fi”, by die Malls, Spur, Wimpy ens. Baie mense het “wi-fi” by ons huise en ons kan ons selfone en rekenaars daardeur gebruik. Voordat jy egter die “wi-fi” kan gebruik moet jy die “wi-fi password” hê. Dit help veel jy het ‘n slimfoon, die “wi-fi” sein is sterk, maar jy kan nie dit gebruik nie.
Baie christene ken Jesus, maar hulle beleef nie die volheid van kindskap nie, want hulle het nie die “wi-fi password” nie.
Ek was een aand by ‘n braai en in my wese het die Here hierdie vier woorde gedeponeer, “Jesus is die Here”. Dit was meer as net woorde, dit het in my gees weergalm. Dit het elke gebed van my beinvloed, asook my hele verhouding met Jesus. Elke christen kort die openbaring, sodat jy dit kan verklaar oor al jou omstandighede.
Jesus sê vir Petrus
En Ek sê vir jou: Jy is Petrus, en op hierdie rots sal Ek my kerk bou, en die magte van die doderyk sal dit nie oorweldig nie. Ek sal aan jou die sleutels van die koninkryk van die hemel gee, en wat jy op die aarde toesluit, sal in die hemel toegesluit bly; en wat jy op die aarde oopsluit, sal in die hemel oopgesluit bly.” 'MATT 16:17-19
Opwaartse konneksie.
Natuurlik as jy “wi-fi” het, moet jy binne die opvangsgebied wees. In ons verhouding met God moet ons die opwaartse konneksie bewaar. Spandeer tyd saam Jesus, hoe meer tyd jy saam Hom spandeer hoe makliker sal dit wees om soos Jesus te lewe, dit sal natuurlik wees, jy sal nie eers hoef te probeer nie.
Een van die maniere om jou opwaartse konneksie te bewaar is deur te vas.
Om Jesus te vermeerder, kos dit dat die vlees, my wil, die eie ek, wat moet doodgaan. Vas is om nie kos te eet vir ‘n bepaalde tyd, vir ‘n spesifieke rede nie. As jy ophou eet soder ‘n rede, maar jy bid nie meer nie, is dit ‘n eetstaking en nie ‘n vas nie. Om te vas is om onsself van kos te ontneem, sodat ons dit kan vervang met gebed... Omdat ons God se stem wil hoor in ons lewens.
So, jy sê nee vir jou liggaam en jou gemak, en ja vir die Heilige Gees om met jou te praat en elke keer as jy honger word herinner dit jou om te bid en op God te fokus.
Geen opmerkings nie:
Plaas 'n opmerking