God kyk na ons hart!
1 Samuel 16:6-7 6Toe hulle daar aankom, kyk hy na Eliab en dink: “Dis sekerlik die Here se gesalfde!” 7Maar die Here sê vir Samuel: “Moenie volgens voorkoms of grootte of liggaamsbou oordeel nie, want Ek het hom nie gekies nie. Die Here neem nie besluite soos mense nie! Mense oordeel volgens uiterlike voorkoms, maar die Here kyk na die binnekant.”
Toe Samuel begin soek het na die koning wat Saul se plek in die Israelitiese nasie sou neem, was sy eerste instink om te soek na die grootste, sterkste, fiksste en mooiste een uit die lot. Maar God het nie so gedink nie. In plaas daarvan was dit Dawid wat gekies sou word. Dawid was ‘n klein outjie met baie guts, maar hy was nie groot gebou soos sy broers nie. Die meeste van ons word elke dag omring met mense wat op baie maniere ‘beter’ as ons is met die of daai, maar God maak nie vergelykings nie, hy kyk na die hart van ‘n mens. Die volgende keer as jy in die versoeking kom om te glo dat jy nie goed genoeg is nie, kan jy regop staan en weet dat God kies volgens die ‘mooiste’ / ‘sterkste’ nie, sy liefde strek wyd genoeg vir almal. God kyk na ons hart!
Gebed: Here, soms voel ek dat ek nie regtig so cool is soos die mense rondom my nie. Help my asseblief om te verstaan dat U my liefhet vir wie ek is en my in U beeld geskep het. Uitdaging:
Skryf jou 3 gunsteling dinge oor jouself neer. Weet dat God jou sal liefhê, selfs al was dit nie vir hoe wonderlik jy is nie.
Geen opmerkings nie:
Plaas 'n opmerking