God het jou besonder wonderlik gemaak!
Psalm 139:13-14
13 U self het my diepste wese
gemaak,
my in die moederskoot gevorm.
14 Ek loof U omdat U my
so besonder wonderlik
gemaak het.
U werke is wonderbaar,
ek weet dit alte goed!
Glo jy dat jy wonderlik is? God het jou, en my, en elkeen van ons op ‘n spesiale en unieke manier geskep. Ons mag dink dat daar dinge van ons is wat ons wil verander, maar God het ons nie geskep om iets anders te wees nie, hy het ons wonderlik gemaak.
Dawid het die idee gesnap; Hy het verstaan dat dit God was wat elkeen van ons op verskillende, maar wonderlike maniere geskep het. Ons is ook in God se beeld gemaak. Dit beteken dat die mense rondom jou met groot/klein ore, ligte/donker velkleur, blonde/bruin hare ewe uniek is en God se beeld deel.
Is dit nie wonderlik om te weet dat God soveel moeite gemaak het met elkeen van ons nie? Ek hoop ons kan leer om onsself en ander te sien soos God ons sien.
God het jou besonder wonderlik gemaak!
Gebed: Dankie Here dat U my uniek gemaak het en dat ek soos niemand anders is nie. Help my om myself lief te hê vir wie ek is, net soos jy lief is vir wie ek is.
Uitdaging: Skryf hierdie twee dinge neer en plaas hulle iewers waar jy dit vir die volgende week sal sien:
Ek is spesiaal, want God het my uniek gemaak
Almal is kosbaar omdat hulle in die beeld van God geskep is.
Geen opmerkings nie:
Plaas 'n opmerking