Kort & Kragtig : GELOOF BEPAAL ONS PAD
Moses moes darem ’n bitter groot geloof gehad het. Hy het die roeping gehad om die volk te lei en watter gesukkel was dit nie om die paar miljoene Jode in ’n konvooi uit Egipte te kry nie? Maar hy het geglo en daarom het hy aangehou en aangehou.
Selfs toe hulle daar by die Rooi See kom, het sy geloof hom nie in die steek gelaat nie. Hy het geglo dat God vir hulle ’n pad daardeur sou bou. Maar kyk mooi wat Moses eers moes doen. Hy het nie daar vêr op ’n koppie gestaan en bid dat die pad gebou moet word nie. Nee, eers toe hy sy toon in die water druk, is die pad gebou.
Moses kon sy naam lekker krater gemaak het, want wat nou as hy daar tot onder sy arms in die water sou staan en daar was geen deurkom plek nie. Moses kyk verby die vrees om sy naam met ’n plank te slaan en laat toe dat sy geloof sy pad bepaal.
Geen opmerkings nie:
Plaas 'n opmerking