† Die wêreld op soek na Jesus, klop by jou aan.
Joh 12:20-32. "Meneer, ons wil Jesus graag ontmoet" Joh 12:21.
Oral rondom jou vind jy vandag mense wat soek: na vrede, berusting, sekuriteit, vertroosting en liefde. Jy sal hulle op al die terreine van die lewe vind: jonk en oud, ryk en arm, geleerd en ongeletterd. Om hulle doel te bereik, keer baie hulle na ñ persoonlike, selfsugtige geestelike lewe. Ander soek weer hulle heil in die gevaarlike arms van die mistisisme of okkulte - self in die dwelmverslawing.
Of hulle dit nou besef of nie, hulle soek in hulle lewe eintlik na ñ persoonlike verhouding met Christus. So ñ verhouding sou hulle soek tog geheel en al beëindig en hulle verlange bevredig. Die manier waarop hulle daarin gaan slaag om so ñ verhouding met Christus te vind, is deur betrokke te raak by mense wat Jesus persoonlik ken. Dikwels vind ñ mens dat wanneer jy betrokke raak by ander se probleme, jy self ñ gevoel van diep vrede ervaar, vrede wat alleen van God afkomstig kan wees en wat die menslike verstand te bowe gaan.
Indien jy op soek is na Christus, raak betrokke by ander mense se probleme en stel jou in om iemand te help met wie dit slegter gaan as met jou. Dan sal jy self opnuut die Meester ontdek. En wanneer jy goed doen aan die geringste van Christus se broers en suster, doen jy goed aan Hom. Die verskeurde, verlore wêreld se noodkreet is: "Meneer, ons wil Jesus ontmoet"
Geen opmerkings nie:
Plaas 'n opmerking