EK SAL GAAN GETUIG
Dinsdag 16 Augustus 2022
Johnny, die sak pakker
Ds.Jannie - skakel oor na SONkrag
Ds.Jannie - skakel oor na SONkrag
Hemelse SONkrag sal jou nooit in die steek laat nieDinsdag
Oorvloedige SONkrag
MALEÁGI 4:2 (AFR53)
Maar vir julle wat my Naam vrees, sal die son van geregtigheid opgaan, en daar sal genesing onder sy vleuels wees; en julle sal uittrek en huppel soos kalwers uit die stal.
Energie verskaffing is ʼn groot uitdaging in Suid Afrika. Ons is al heel bekend met die metertjie op TV wat aandui dat die energieverskaffer nie kan by bly by die aanvraag nie. In die afgelope weke het mnr. Ramaphosa aankondigings gedoen wat belofte dra.
Sommige sien enorme potensiaal in sonkrag energie veral omdat Suid Afrika geseën is met heerlike sonskyndae.
Suksesverhale van verbruikers, klein en groot, wat totaal onafhanklik funksioneer laat ʼn mens die moontlikhede van sonpanele om in eie behoeftes te voorsien, oorweeg. Die son het inderdaad wonderlike moontlikhede.
Die Bybel praat van ʼn ander son, die Son van geregtigheid met genesing in sy strale. Wie is die gloed van die Son kom staan word energeer met bo natuurlike krag. Die son skyn helder selfs in onweer en donker wolke wat saampak.
Die energie daarvan kan nie uitgeput word nie ongeag van hoeveel mense daarop ʼn appél maak nie.
Daarbenewens is die koste faktor ʼn besondere pluspunt.
Sonkrag in die natuurlike is ʼn duur aangeleentheid en dit is enkelinge wat dit kan bekostig, ten spyte van die voordele en belofte wat dit inhou. Die hemelse son skyn gratis en oorvloedig oor enige iemand wat daarin wil om staan. Dit kos letterlik niks nie behalwe ʼn verwagting dat alle energie behoeftes effektief in Hom aangespreek sal word.
Die Son gaan ook nie onder nie. Selfs in die nag kan sy potensiaal tot jou voordeel aangewend word.
Hy is Immanuel, die Son van geregtigheid. Jou energie behoeftes is beantwoord.
Die Bybel vra waarom ons betaal vir dit wat geen waarde bied nie.
Kom, vra en ontvang alles wat Hy belowe het in die geloof.
Son van geregtigheid, skyn oor my.
Ds.Jannie - as die kers kon praat
Ds.Jannie - as die kers kon praat
Die wit kers wat op die strand uitgespoel het laat my wonderMaandag
JESAJA 60:1 (AFR83)
Kom, Jerusalem, laat skyn jou lig! Vir jou het die lig gekom, die magtige teenwoordigheid van die Here het vir jou lig gebring.
Ons kuier vir ʼn paar dae by die see en dit is ʼn groot voorreg. Die grootsheid van die oseaan tref altyd weer en weer en ʼn mens word herinner aan die skeppingswoorde van God toe Hy die waters op een plek versamel en die droë aarde sigbaar geword het.
Gen.1
9God het verder gegaan en gesê: “Laat al die water onder die hemelruim op een plek bymekaarkom sodat daar ook droë land sal wees.” En dit was so.
10God het die droë land “aarde” genoem en die plek waar al die water bymekaargekom het, “see”. God het gesien dat dit wat Hy geskep het, goed was.
Die skuldig voel omdat ʼn mens agter die lekker aan eet as ʼn mens met vakansie is, word ietwat verdoof as ek ʼn entjie op die strand gaan draf. Dit insigself is genade omdat ʼn mens gesond moet wees om dit te kan doen. Watter premie kan ʼn mens ooit op gesondheid stel?
So met die draf saam sien ek ʼn spierwit ongebruikte kers wat op die strand uitgespoel het. Sommer die doodgewone huis kers, die goedkoop kers sonder spesiale reukmiddels of ʼn besondere vorm. Die lang kers met ʼn stuitige lont bo op.
Die seewater en sand het dit ʼn bietjie grof gelaat maar die kers wink my nader en sit my aan wonder.
My gedagtes neem ʼn verbeeldingsvlug teen die agtergrond van die vernietigende skade en gevolge van die heel onlangse stormweer en oormaat reën wat dele van KZN getref het.
Ek verbeel my dat ek die kers op die tafel sien lê in een van die sinkplaathuisies rondom Durban. Ek hoor kinders speel en musiek van Afrika drom. Dit word gaandeweg verdoof namate die weer al swaarder word.
Blitse verlig die omgewing onheilspellend en in die verte is daar ʼn gedruis, moeilik om te identifiseer. Wat die inwoners nie weet nie is dat ʼn meesleurende stroom op pad is wat geen uitsondering maak nie. Geen meriete, stand of prestasie kan aangebied word dat die stroom ander pad kies nie.
Reënwater begin genadeloos deur die reeds stukkende sinkplaatdak stroom totdat die water pad maak deur die enigste deur wat die blyplekkie het. Modderwater skommel in die huisie soos in ʼn wasmasjien totdat die drukking te groot word en dit die vier sinkplaat mure omstoot.
Wie ook al daar woon word uitmekaar geruk terwyl elkeen deur die stroom weggevoer word na ʼn onbekende bestemming. Desperate hande gryp na wat ook al stabiliteit kan bied. Hier en daar bied ʼn drywende boomstomp, stuk meublement of ʼn leë houer uitkoms.
My gedagtes wil nie verder nie. Ek is terug by die kers en sy storie.
Terug by ons woonplekkie maak die die kers staan in ʼn leë plastiek houertjie. Ek steek die kers in ʼn oomblik van gewydheid aan terwyl ek treur, saamtreur met mense wie se geliefdes nooit opgespoor sal word nie.
Die kers begin sagkens sing –
This little light of mine, I`m gonna make it shine.
Make it shine, make it shine, it shine.
Weliswaar nie vir die plekkie en die mense vir wie dit bedoel was nie maar vir my wat oorvloedige rede het tot dankbaarheid.
Ons harte gaan uit na die honderde mense wat omgekom het, die enorme materiële verlies en die hartseer en ontwrigting wat vir nog lank gevoel sal word.
Vrydag 29 Julie 2022
Het jy al vergeet hoe dit voel om regtig vry te wees?
Aanbidding: Wie of wat?deur Helena Smith
Een deel van ‘n kerkdiens, wat vir my heerlik is, is die lofprysing en aanbidding. Ek sing hartlik saam en geniet die kalmte en rustigheid, wat dit vir my bring. |
Woensdag 19 Mei 2021
Lukas 24: 50-53
|
Saterdag 17 April 2021
Discipleship Is a Lifelong Journey
Discipleship Is a Lifelong Journey
Discipleship is a lifelong journey because God is an inexhaustible God. We began by saying that God is the goal of discipleship. We must end by saying that, since we can never fully comprehend all that God is, we will never “arrive” this side of eternity. Even then, we will spend endless days drinking in the fountains of God’s beauty and glory.
God is where we’re going, and God is how we’re going to get there. Whether we are standing on the shore, just beginning our discipleship journey, or hoping to swim into the depths of Christian maturity, we want more. Not more than Jesus, but more of Jesus. We want more of him because he is not just good to us; most importantly, he is good for us.
Discipleship should be deep because God is inexhaustible. He invites his church into rich and deep fellowship because his goodness is indeed bottomless, and you can never exhaust the bottomless beauty of God. Along with Paul we proclaim, “Oh, the depth of the riches and wisdom and knowledge of God! How unsearchable are his judgments and how inscrutable his ways!” (Rom. 11:33). The invitation to deep, holistic discipleship is first and foremost an invitation to see God for who he is,
Johnny, die sak pakker
Johnny, die sak pakker by die kettingwinkel, het pas 'n kursus by die kerk bygewoon waarin hulle aangemoedig is om 'n verskil in die...
-
GISTER IS VERBY EN MÔRE BESTAAN NOG NIE; MOENIE TE VEEL TYD DAAR SPANDEER NIE, DIT IS 'N MENSGEMAAKTE WÊRELD WAT NET IN JOU DENKE BESTAA...
-
Ek het grootgeword met die indruk dat die kerk teen alles is wat lekker is. Die kerk is téén sonde (jip, sonde kan lekker wees!), téén alle...
-
Moenie bekommer nie, vertrou! Matteus 6:25 Moenie gedurig loop en julle bekommer nie. Moenie van vroeg tot laat vra: ‘Gaan ek genoeg hê om...