Dinsdag 17 April 2018

Wat is Persoonlike Dissipelskap

Die Handleiding wat op hierdie webtuiste se bladsye as elektroniese lesse aangebied word, is vertaal in Afrikaans met die toestemming van die skrywer. (Handleiding: “A Tool For Personal Discipleship”. Skrywer: Art Barkley, President van “Discipler Training International”. Vertaling is gedoen deur Charlotte Stapelberg. Samestelling en verwerking deur Dissipels van Jesus.
Die beklemtonings in die Bybelse tekste is deur ons gedoen.

Persoonlike Dissipelskap

ʼn Bybelse model vir ‘geestelike ouerskap’

1 Tessalonisense 2:3-13 bevat al die samestellende dele vir geestelike ouerskap
(Van Paulus, met Silas en Timoteus)

1.    HULLE HET EEN GESAMENTLIKE DOEL GEHAD

:3-6 Ons wou nie die guns van mense probeer wen nie, maar doen wat God verwag, Hy wat ons diepste gedagtes toets. Met vleitaal het ons ons nooit opgehou nie, soos julle trouens weet. Hebsug was nooit ons verborge motief nie; daarvan is God ons getuie. Ons het nooit daarna gestreef dat mense ons sou eer nie, of dit nou julle is of ander, al kon ons as apostels van Christus allerhande eise aan julle gestel het...

2.    HULLE HET DIE GELOWIGES LIEFGEHAD SOOS ʼn MOEDER HAAR KINDERS

:7-8  Ons was liefdevol en sag teenoor julle soos ʼn ma wat haar kinders vertroetel. So geheg is ons aan julle, dat ons nie net die evangelie van God aan julle gegee het nie, maar ook ons lewe vir julle sou wou gee, want ons het julle lief gekry.

3.    HULLE HET ROLMODELLE VIR DIE NUWE GELOWIGES GEWORD

:9-10 Julle onthou immers nog, broers, hoe ons geswoeg en gesweet het. Dag en nag het ons gewerk om nie vir enigeen van julle ʼn las te wees terwyl ons die evangelie van God aan julle verkondig het nie. Julle, en ook God, is getuie van hoe suiwer, opreg en onberispelik ons ons gedra het teenoor julle wat glo.

4.    HULLE HET INDIVIDUELE AANDAG EN ONDERRIG GEGEE SOOS ʼn VADER

:11-12 Net so weet julle ook hoe ons elkeen van julle behandel het: soos ʼn pa sy kinders het ons julle elkeen bemoedig en aangespoor en dit op die hart gedruk om tot eer van God te lewe, Hy wat julle roep om in sy koninkryk in te gaan en so aan sy heerlikheid deel te hê

5.    DIE WOORD VAN GOD WAS ʼn ONONTBEERLIKE DEEL VAN DISSIPELSKAP

:13 Ons dank God dan ook gedurig daarvoor dat julle die boodskap van God wat julle van ons gehoor het, ontvang en aangeneem het in die oortuiging dat dit nie mensewoorde is nie, maar die woord van God, soos die uitwerking daarvan op julle wat glo, bewys

Paulus se besorgdheid vir die gelowiges het dié van slegs ʼn leraar oortref. Hulle geestelike welsyn en groei het hy op sy hart gedra

 2 Kor. 11:28-29 Behalwe dit alles was daar nog die daaglikse bekommernisse, die besorgdheid oor al die gemeentes. As iemand swak is, voel ek of ek self ook swak is; as iemand in sonde val, voel ek of ek self ook deur ʼn vuur gaan.
2 Kor. 2:4 Ja, met groot bekommernis en beklemming van hart, en onder baie trane, het ek aan julle geskrywe. Dit was nie om julle hartseer te maak nie, maar om julle te laat besef dat ek julle baie lief het.
2 Kor. 12:15 Ek sou graag alles wil gee vir julle lewe, ja, ook myself.
Kol. 1:28-29 ...sodat ons elke mens tot geestelike volwassenheid in Christus kan bring. Daarvoor span ek my ook in en beywer ek my met die krag wat Hy gee en wat kragtig in my werk.
2 Tim. 2:10  Daarom verdra ek alles ter wille van die uitverkorenes.
Die dissipelmaker behoort as doelwit te hê om die dissipel, of vakleerling, te help om volwasse, vrugbaar en funksioneel te word, en om geestelik te vermenigvuldig. Die dissipelmaker se voordele is onderskik

ʼn Dissipelmaker is ʼn voorbeeld, opreg en deursigtig, vir die dissipel. Die dissipel volg die dissipelmaker ná in oortuigings en ywer.

1 Kor. 4:15-16 (Paulus aan die Korintiërs) want al sou julle ook duisende leermeesters in Christus hê, baie vaders het julle nie. Deur die verkondiging van die evangelie is ek in Christus Jesus julle vader. 16Daarom spoor ek julle aan: Volg my voorbeeld! 
1 Kor. 11:1 Volg my voorbeeld, soos ek die voorbeeld van Christus volg.
Fil 3:17 (Paulus aan die Filippense) Wees my navolgers, broers, en let op die mense wat lewe volgens die voorbeeld wat ons vir julle stel.
Fil 4:9 En wat julle van my geleer en ontvang het, en gehoor en gesien het, dit moet julle doen. En God wat vrede gee, sal by julle wees.
1 Tes 1:6-7 (Paulus aan die Tessaloniërs)
2 Tes 3:7-9 En julle het ons voorbeeld gevolg en volgelinge van die Here geword. In baie moeilike omstandighede het julle die woord aangeneem met 'n blydskap wat van die Heilige Gees kom. 7So het julle 'n voorbeeld geword vir al die gelowiges in Masedonië en in Agaje.
Heb. 13:7 Dink aan julle voorgangers wat die woord van God aan julle verkondig het. Let op hulle lewenswandel tot die einde toe, en volg die voorbeeld van geloof wat hulle gestel het.
1 Tim 4:12 (Paulus aan Timothies) .... maar wees jy vir die gelowiges 'n voorbeeld in woord en gedrag, in liefde, geloof en reinheid.
2 Tim 3:10-11 Maar jy het my nagevolg in leer, lewenswandel en lewensdoel, in geloof, geduld, liefde en volharding, ....
Titus 2:7-8 In alles moet jy self vir hulle 'n voorbeeld stel van goeie werk, suiwerheid in die leer, waardigheid in gedrag, 8gesonde en onaanvegbare prediking. Dan sal elke teenstander in die verleentheid kom dat hy niks slegs van ons sal kan sê nie.
Luk 6:40 (Jesus het gesê) n Leerling (vakleerling) is nie hoër as sy leermeester nie, maar iemand wat volleerd is, sal aan sy leermeester gelyk wees.

 ʼn Pasgebore kind verg ʼn ekstra hoeveelheid individuele aandag. Soos wat ʼn kind groter word, kan leiding toenemend in ʼn groep plaasvind. Aangesien elke kind egter uniek is, is beide persoonlike en groepsaandag noodsaaklik op die pad na volwassenheid

Wanneer ʼn pasgebore baba van die hospitaal af huis toe gebring word, sit jy hom nie net neer en sê: “Welkom in ons gesin, Jannie, maak jouself tuis, die handdoeke is in die gang kas, die spens is hier en die blikoopmaker is in hierdie laai. Geen gehuil na 10 in die aand nie, asseblief. Indien jy enige vrae het, vra gerus enigeen in die gesin, hulle sal jou graag help”
Jy mag dalk lag en sê dis belaglik, maar dit is wat gewoonlik met nuwe Christene gebeur. Iemand kom tot bekering en hy begin gereeld dienste bywoon, maar kry nooit enige persoonlike aandag nie. Ons belê 18 jaar van ons lewens om ʼn kind groot te maak, maar bestee nie eers 6 maande om ʼn nuwe gelowige te help om sy voete te vind in die nuwe geestelike omgewing waarin hy hom bevind nie. Gevolglik is daar baie mense wat vir jare Christene is, maar nie veel gegroei het nie.  Hebreërs 5:12 verwys na hierdie verskynsel. Nuwe gelowiges het dus iemand nodig om hulle rigting te gee in die groeiproses.
(Uittreksel uit  http://bible.org/seriespage/stewardship-god’s-truth-through-discipleship)
“Totdat andere leer om direk die lewe van die Here Jesus te ontvang, sal hulle deur jou van Sy lewe moet trek. Jy sal letterlik hulle bron van voorsiening moet wees totdat hulle leer om hulle voedingskrag van God te kry.”
(Uittreksel uit: My Utmost for His Highest by Oswald Chambers
Let op wat Paulus verklaar in 1 Tess. 2:7 Ons was liefdevol en sag teenoor julle soos ʼn ma wat haar kinders vertroetel. Ander vertalings verwys hier na ʼn sogende moeder.
Sommige glo dat nuwe Christene nie spesiale individuele aandag nodig het nie. Indien die Heilige Gees nie vir Paulus gelei het om die idee van ʼn versorgende moeder te gebruik nie, kon daardie argument dalk geld. Ons moet egter eerlik vra, hoe lank na geboorte het ʼn baba sy moeder se versorging nodig? Soos Oswald Chambers dit tereg uitdruk, kry ʼn baba sy voeding direk van sy moeder, totdat dit gespeen word.
Paulus het erken dat elke gelowige uniek is en individuele aandag nodig het
 Handl. 20:31 Wees waaksaam. Onthou dat ek elkeen van julle drie jaar lank onderrig het, aanhoudend, dag en nag, baie keer met trane.
Kol. 1:28-29 Hóm verkondig ons, deurdat ons alle mense met alle moontlike wysheid onderrig en leer, sodat ons elke mens tot geestelike volwassenheid in Christus kan bring. Daarvoor span ek my ook in en beywer ek my met die krag wat Hy my gee en wat kragtig in my werk.
1 Tess. 2:11-12 Net so weet julle ook hoe ons elkeen van julle behandel het: soos ʼn pa sy kinders het ons elkeen van julle bemoedig en aangespoor... 
Jesus het ons die opdrag gegee om ‘dissipels’ te maak, nie net ‘bekeerlinge’ nie. In die Christengemeenskap is daar baie onvolwasse ‘bekeerlinge’ maar baie min ‘dissipels’. (Sien ook Les 2-4)

Bybelse waarheid is ʼn onontbeerlike onderdeel van Bybelse dissipelskap


A. ʼn Christen kan nie geestelik volwasse wees sonder Bybelse begrip nie. Maar ʼn Christen kan baie Bybelse kennis hê en nog steeds geestelik onvolwasse wees!

1 Kor. 8:1-2  Kennis maak verwaand, maar liefde bou op . As iemand meen hy het kennis van iets, het hy nog nie die kennis wat ʼn mens behoort te hê nie.
Efes. 4:11-16  ...om die gelowiges toe te rus vir hulle diens, en vir die opbou van die liggaam van Christus. So sal ons uiteindelik almal kom tot die werklikheid eenheid in ons geloof en in ons kennis van die Seun van God. Dan sal ons, Sy kerk, soos ʼn volgroeide mens wees, so volmaak en volwasse soos Christus. Dan sal ons nie meer kinders wees nie.
Kol. 1:28-29 ...deurdat ons alle mense met alle moontlike wysheid onderrig en leer, sodat ons elke mens tot geestelike volwassenheid in Christus kan bring.
1 Tess. 2:13 Ons dank God dan ook gedurig daarvoor dat julle die boodskap van God wat julle van ons gehoor het, ontvang en aangeneem het in die oortuiging dat dit nie mensewoorde is nie, maar die woorde van God.

B. Daar is inherente probleme met die algemene aanvaarde siening dat, om Bybelse kennis aan te bied, gelykstaande is aan dissipelskap en dat ander komponente opsioneel is. Indien die ander onderdele nie genoegsame aandag kry in die voedingsproses nie, sal die betrokke Christen moeilik groei tot geestelik produktiewe volwassenheid.

a. Indien Bybelkennis die alleen sleutel tot geestelikheid was, behoort ons tans die mees geestelike geslag van Christene in die geskiedenis te hê. Christen boekwinkels is vol van elke denkbare Bybelse onderwerp.
b. Om te beweer dat Bybelkennis die enigste sleutel tot geestelikheid is, is gelykstaande daaraan om te beweer dat voedsel die enigste behoefte van ʼn kind is. Voedsel is natuurlik noodsaaklik, maar sou dit korrek wees om vir potensiële ouers te sê dat liefde, toewyding, vertroeteling, persoonlike aandag en voorbeeld opsioneel is in die grootmaak van kinders? Is die proses van die fisiese grootmaak van ʼn kind nie ʼn voorbeeld van hoe ʼn geestelike kind grootgemaak moet word nie? Kom ons vra onsself af hoe ʼn fisiese baba sou vaar indien hy aan homself oorgelaat sou word op dieselfde manier as wat geestelike babas aan hulleself oorgelaat word.
c. Die meeste Christene sou saamstem dat, terwyl die Heilige Gees ongelowiges na Homself toe trek, Hy iewers in die hele geboorteproses Christene gebruik. Hoe kan dieselfde Christene dan tot die gevolgtrekking kom dat hulle betrokkenheid in die nuwe baba Christen se ontwikkeling beperk is tot geestelike kos wat op die tafel gesit word? Moet die Heilige Gees nou verder alleen werk in die ander areas waar die nuwe gelowige hulp nodig het om te groei?
Om lief te wees om te onderrig is goed, maar dit is beter om hulle lief te hê wat jy onderrig
Om die Bybel te ken is goed, maar dit is beter om die Een te ken en te verstaan wat deur die Bybel geopenbaar word!
 (Jer. 9:23-24; John 17:3)

Die doel van Persoonlike Dissipelskap (Geestelike Ouerskap)

Om ʼn gelowige te help deur die oorgang vanaf die gewoonte om daagliks in selfgenoegsaamheid te leef, na die gewoonte om in afhanklikheid van God te leef.
Met ander woorde: “Vertrou op die Here met jou hele hart en moenie op jou eie insigte staatmaak nie. Ken Hom in alles wat jy doen en Hy sal jou die regte pad laat loop.” (Spreuke 3:5&6)
Verteenwoordig die ‘ongeredde’ tydperk (geestelik dood vir God) in ʼn persoon se lewe, van fisiese tot geestelike geboorte. Gedurende hierdie tydperk word selfgenoegsaamheid ʼn daaglikse gewoonte, ʼn lewenswyse
Verteenwoordig die ‘evangelisasie’ stadium, wat uiteindelik lei tot die gebeurtenis van Redding en Saligheid, wanneer die persoon van geestelike dood tot lewe in Christus beweeg.

Verteenwoordig die ‘geestelike ouerskap’ tydperk, daardie belangrike tyd van vorming wanneer ʼn nuwe gelowige deur ʼn geestelike ouer gevoed en gedissipel behoort te word, met die eerste treetjies van hoe om in afhanklikheid van die Heilige Gees te leef.
Verteenwoordig die proses van heiligmaking. Alreeds deur die dissipelskap proses, het die gelowige nou ʼn goeie begrip van die meester-dienskneg verhouding en die noodsaaklikheid om die Heilige Gees te volg, en om voort te gaan om deur Hom gelei en verander te word. 

VERWAGTE RESULTATE VAN DISSIPELSKAP:
◊ GEESTELIKE VOLWASSENHEID
◊ GEESTELIKE VRUGBAARHEID
◊ GEESTELIKE REPRODUKSIE

FISIESE & GEESTELIKE VERMENIGVULDIGING

MENSLIKE GESLAG
 Genesis 1:26-28
:26 Toe het God gesê: ”Kom ons maak die mens as ons verteenwoordiger, ons beeld, sodat hy kan heers oor die vis in die see, die voëls in die lug, die mak diere, die wilde diere en al die diere wat op die aarde kruip”
:27 God het die mens geskep as Sy verteenwoordiger, as beeld van God het Hy die mens geskep, man en vrou het Hy hulle geskep
:28 Toe het God hulle geseën en vir hulle gesê: “Wees vrugbaar, word baie, bewoon die aarde en bewerk dit. Heers oor die vis in die see en die voëls in die lug, oor al die diere van die aarde, ook oor die diere wat op die aarde kruip.”

 
 

 
Medici beweer dat 90% van normale, gesonde egpare fisies kinders behoort voort te bring.
Ons het gewoonlik simpatie met egpare wat nie kinders kan kry nie, want dit word as normaal beskou om kinders te hê.
 
Struikelblokke om fisies te reproduseer:  
1.    Fisiese onvolwassenheid
2.    Fisiese gesondheidsprobleme
3.    Gebrek aan fisiese intimiteit
GEESTELIKE GESLAG
 Matteus 28:18-20
Jesus kom toe nader en sê vir hulle: “Aan My is alle mag gegee in die hemel en op die aarde. Gaan dan na al die nasies toe en maak die mense My dissipels: doop hulle in die Naam van die Vader en die Seun en die Heilige Gees, en leer hulle om alles te onderhou wat Ek julle beveel het. En onthou: Ek is by julle al die dae tot die voleinding van die wêreld.
1 Kor. 15:45-46
:45 ...die eerste mens Adam het ʼn lewende wese geword. Die laaste Adam (Jesus) het die lewendmakende Gees geword.
46 Die geestelike kom nie eerste nie, maar die natuurlike, en daarna die geestelike.
 
    
 
Behoort ons nie te verwag dat die meerderheid van normale, gesonde Christene geestelike kinders behoort voort te bring nie?
Het ons simpatie met die Christen wat nie geestelike reproduseer nie? Waarom nie?
 
Struikelblokke om geestelik te reproduseer:  
1.    Geestelike onvolwassenheid
2.    Geestelike gesondheidsprobleme
3.    Gebrek aan geestelike intimiteit

Herdefiniëring van Dissipelskap

Die meeste kerkleiers sal met my saamstem dat die Liggaam van Christus nie die impak op die wêreld het wat ons graag wil hê nie. Daar is veelvuldige redes wat voorgestel kan word waarom die Kerk nie gesonder is nie. Ek sal graag die enkele grootste rede wil aanvoor vir die geestelike swakheid wat oorheersend in die Liggaam van Christus is, en ʼn oplossing aanbied om die neiging om te keer.
Paulus verklaar in Kolossense 1:28-29: Hóm verkondig ons deurdat ons alle mense met alle moontlike wysheid onderrig en leer, sodat ons elke mens tot geestelike volwassenheid in Christus kan bring. Daarvoor span ek my ook in en beywer ek my met die krag wat Hy gee en wat kragtig in my werk.
Dit was Paulus se passie om elke gelowige te help om die geestelike volwassenheid te bereik wat God beplan het. Indien dit God se bedoeling is dat gelowiges geestelik moet groei, dan moet ons onsself afvra: Waarom is soveel gelowiges onvolwasse?
By ʼn seminaar hoor ek die volgende verklaring: Die sisteem wat in plek is, is perfek ontwerp vir die resultate wat behaal word. Ek wil graag beweer dat die Kerk afgedwaal het van God se model vir geestelike groei. Kom ons kyk na ʼn tipiese kerkmodel vir geestelike groei, en wat kan daaraan verander word.
Die tipiese kerk is suksesvol om wat ons noem Korporatiewe of Gemeenskaplike Dissipelskap te voorsienDit is ʼn noodsaaklike element vir gesonde persoonlike geestelike groei, sowel as vir gesonde kerkgroei.
Nietemin, glo ons dat daar ʼn verdere element is wat noodsaaklik is vir normale, gesonde geestelike groei, waarna ons verwys as Persoonlike Dissipelskap. Die volgende diagram dui aan hoe ʼn gebalanseerde benadering sal lyk, waar dit beide Gemeenskaplike en Persoonlike Dissipelskap insluit.
Kerkleiers ken alreeds Gemeenskaplike of Korporatiewe Dissipelskap, dus kyk ons na die Persoonlike Dissipelskap Model. Ons verwys ook daarna as Geestelike Ouerskap. Ons lei die term af van I Tessalonisense 2:6-12.

Die vier onderdele van Geestelike Ouerskap

 Besonderhede van die Gebalanseerde Dissipelskap Benadering.
Oorsig: Waar ook al gelowiges vergader, behoortGebalanseerde Dissipelskap toegepas te word. Met ander woorde, beide Gemeenskaplike  en Persoonlikedissipelskap is nodig vir geestelike groei. Die twee soorte dissipelskap het elkeen sy eie unieke rol en hulle komplimenteer en vul mekaar aan.
Probleem: Baie kerke neig na Gemeenskaplike Dissipelskap wat dikwels voorkom asof dit meer doeltreffend mag wees. Persoonlike Dissipelskap verg meer tyd, energie en finansies. Ons glo egter dat dit meer doeltreffend is om ʼn nuwe gelowige se groei te bespoedig. Baie kerkleiers sou graag meer individuele aandag aan elke nuwe gelowige wou gee, maar dit is gewoonlik onprakties as gevolg van hulle veelvuldige ander verantwoordelikhede en gebrek aan genoeg tyd.
Oplossing: Die oplossing vir kerkleiers lê daarin, om getroue gelowiges in die kerkliggaam op te lei, wat op hulle beurt ʼn geestelike ouer kan wees vir nuwe gelowiges. Ons is bewus daarvan dat die meeste kerkleiers bystand nodig het om dissipelmakers op te lei en een van die doelstellings van hierdie kursus is om juis dissipelskapmateriaal vir opleiding te voorsien.
In sovele kerke beteken dissipelskap die aanbieding van Bybelwaarhede. Gevolglik reken die meeste leiers dat hulle verantwoordelikheid daaruit bestaan om Bybelwaarhede te verkondig en dat dit die verantwoordelikheid van elke gelowige is om die Heilige Gees toe te laat om hierdie waarhede in hulle eie lewens toe te pas. Aangesien die meeste nuwe gelowiges ongewoond daaraan is om die stem van die Heilige Gees te onderskei, het hulle iemand nodig om hulle persoonlik te help om te verstaan hoe om met die Heilige Gees saam te werk in hulle persoonlike geestelike ontwikkeling.
In baie kerke word die gedagte oorgedra dat, om God se Woord korrek oor te dra, dit nodig is om Bybelskool- of Kweekskoolopleiding te gee. Die Here het sekere Bybelskool of Kweekskoolopleiding beslis gebruik om baie leiers op te lei, maar is dit realisties om van die gewone Christen te verwag om sulke opleiding te ondergaan? Veroorsaak hierdie gedagte nie dat baie gelowiges hulleself as ongekwalifiseerd beskou nie?
In Efesiërs 4:11-16 sê Paulus...herders en leraars. Sy doel daarmee was om die gelowiges toe te rus vir hulle diens en vir die opbou van die liggaam van Christus...Elkeen van hulle vervul sy funksie, en so bou die liggaam homself op in liefde.
Behoort dit nie die doel van die leiers te wee om toe te sien dat persoonlike dissipelskap en gemeenskaplike dissipelskap eerder die rigsnoer as die uitsondering is nie? Behoort ons nie te verwag dat elke gelowige in die proses van dissipelskap te wees of in die lewens van ander gelowiges aktief betrokke te wees as dissipelmaker nie?
Gemeenskaplike Dissipelskap: Die korporatiewe deel van hierdie model bestaan uit Onderrig in die Woord, Bybelstudie, Prediking, Seminare en Opleiding, Kleingroepe, wat dikwels gelei word deur ʼn gelowige wat die gawe van onderrig het. Bybelskool of Kweekskoolopleiding sal help, maar is nie noodsaaklik nie.
Persoonlike Dissipelskap: Volgens die persoonlike deel van hierdie model, is die gawe van onderrig nie ʼn voorvereiste vir persoonlike geestelike ouerskap nie. Hoeveel paartjies sou kinders hê indien hulle sou wag totdat hulle “gekwalifiseerd” voel?
DIE VIER SAMESTELLENDE DELE VAN DIE PERSOONLIKE MODEL: (Verwys na Les 2-2 vir verdere besonderhede)

  • Die Woord van God. Onderrig in die Woord is ʼn noodsaaklike afdeling van beide die Gemeenskaplike as die Persoonlike deel van dissipelskap. God wil eerder sien dat die Bybel beskou word as ʼn verklaring van Sy karakter, as ʼn blote akademiese handboek. Die Bybel is ʼn manier waarop mense Hom kan leer ken.
En dit is die ewige lewe: dat hulle U ken, die enigste ware God, en Jesus Christus, wat deur U gestuur is. (Johannes 17:3)
Die leiding van die Heilige Gees is altyd in ooreenstemming met Sy Woord.
  • Toewyding. Dit het te doen met die harts-ingesteldheid van die dissipelmaker of geestelike ouer teenoor die geestelike welstand en ontwikkeling van die dissipel. Hierdie is ʼn toewyding wat verby die aanbieding van die Woord strek. Die Bybelse gedagte van ʼn dissipel is eerder dié van ʼn vakleerling as ʼn student.
  • Voorbeeld. Hopelik sal die dissipel (vakleerling) dieselfde passie as die dissipelmaker vertoon. Die dissipelmaker is ʼn voorbeeld vir die dissipel op maniere wat verder strek as die van ʼn onderwyser en sy student. Hoe leer ʼn mens geduld, getrouheid of ywer? Hierdie karaktertrekke word eerder gesien as gehoor.
  • Individuele Aandag. Ons wil nie vir ʼn dissipel op ʼn akademiese manier punt nommer 1,2,3,4,5 leer nie. Die dissipelmaker behoort beskikbaar te wees vir die Heilige Gees, sodat hy as instrument gebruik kan word om die nuwe gelowige te ontwikkel en die besondere behoeftes van die dissipel aan te spreek. Die materiaal van ʼn Werktuig vir Persoonlike Dissipelskap is ontwerp sodat stimulerende vrae en gesprekvoering kan plaasvind, wat geestelike groei in beide die dissipelmaker as die dissipel sal teweegbring. Elke dissipelmaker sal unieke en persoonlike ervarings hê waaraan die Heilige Gees hom sal herinner vir gebruik in die dissipelmakingsproses.
Die volgende diagram stel voor wat ons glo hoe die lewe van ʼn Christen behoort te lyk wat geestelik vinnig groei.
‘n Bybelse Tydlyn van ‘n Christen se lewe
 Stel die onbekeerde tydperk in ‘n persoon se lewe voor (geestelike dood), vanaf fisiese geboorte tot geestelike geboorte. Gedurende hierdie tydperk word dit ʼn alledaagse lewensgewoonte om op self staat te maak.
Verteenwoordig die ‘Evangelisasie’ stadium, wat die hoogtepunt bereik in die gebeurtenis van redding, wanneer die persoon oorstap vanaf geestelike dood na geestelik lewend vir God.

Verteenwoordig die ‘Geestelike Ouerskap’ stadium. Dit is die kritiese vormende tydperk waarin die Christen deur ʼn dissipelmaker deur die eerste treetjies geneem moet word sodat hy kan leer om toenemend in afhanklikheid van die Heilige Gees te lewe.
Verteenwoordig die proses van ‘Heiligmaking’. Nadat die gelowige persoonlike dissipelskap deurloop het, het die dissipel nou ʼn insig in die Meester-dienskneg verhouding en die noodsaaklikheid om die Heilige Gees se leiding te volg, sodat hy deurlopend gelei en verander  word deur die Gees.
DIE VERWAGTE GEVOLGE VAN DISSIPELSKAP IS:
GEESTELIKE VOLWASSENHEID
GEESTELIKE VRUGBAARHEID
GEESTELIKE REPRODUKSIE
DIE MATE VAN SUKSES WORD AANGEDUI WANNEER DIE GELOWIGE WAT DISSIPELSKAP DEURLOOP HET, ‘n WERKENDE DISSIPELMAKER WORD

Johnny, die sak pakker

Johnny, die sak pakker by die kettingwinkel, het pas 'n kursus by die kerk bygewoon waarin hulle aangemoedig is om 'n verskil in die...