Woensdag 06 Junie 2018

Prioritiseer jou lewe

Prioritiseer jou lewe

Matteus 19:16-26

24…Dit is makliker vir ‘n kameel om deur die oog van ‘n naald te kom as vir ‘n ryke om in die koninkryk van God te kom.” 25 Toe die dissipels dit hoor, het dit hulle geweldig ontstel, en hulle het gesê: “Wie kan dan gered word?” 26 Jesus het reguit na hulle gekyk en gesê: “Vir mense is dit onmoontlik, maar vir God is alles moontlik.”

Het jy geweet dat Suid-Afrika bekend is vir ekstreme ongelykheid i.t.v inkomstes? Dit is een van die grootste ongelykhede in die wêreld! 10% van die hele bevolking verdien tussen 55%-60% van die totaal hier. Dit beteken minder as 10% van mense het meer as helfte van Suid-Afrika se geld. Sjoe! Dis rowwe wiskunde, daai.

Die verhaal van die ryk jong man is ‘n uitdagende een. Die ryk jong man is iemand wat al die gebooie mooi gevolg het, maar hy het steeds nie gevoel asof hy ‘n regte gelowige is nie. Dis hoekom hy vir Jesus gevra het wat hy nog kan doen om seker te maak hy kom in die hemel. Jesus het vir hom gesê hy moet teruggaan huis toe en al sy besittings verkoop en die geld vir die armes gee, en Hom kom volg.

Dit het die ryk jong man baie onstel want hy was baie lief vir sy besittings. Maar het Jesus bedoel dat dit sleg is om besittings te hê? Nee! Jesus wou vir hom uitwys dat sy prioriteite verkeerd is; hy is liewer vir sy besittings as vir God. Daar is niks wat jy ooit kan doen om in die hemel te kom nie – al wat daar is, is om vir God lief te hê. Rêrig lief te hê.

Prioritiseer jou lewe!

Gebed: Here, dankie dat u vir my lief is. Dankie dat al U wat U vereis, liefde is. Help my om my lewe so te prioritiseer dat my liefde vir U altyd eerste kom en die res van my lewe vorm gee.

Uitdaging: Maak ʼn lys van al die dinge wat vir jou die belangrikste is. Herrangskik daardie lys sodat God eerste kom, en kyk hoe jou lys dan moet verander sodat dit waarlik wys dat jy vir God lief is.

Geen opmerkings nie:

Plaas 'n opmerking

Johnny, die sak pakker

Johnny, die sak pakker by die kettingwinkel, het pas 'n kursus by die kerk bygewoon waarin hulle aangemoedig is om 'n verskil in die...