WIE IS JY?
'n Baie welgestelde vrou het haar motor geparkeer voor n groot winkel. Dis was ysig koud en sy het so oomblikkie stil gesit in die snoesige warmte van haar voertuig voor sy uitklim om n paar inkopies te doen. Die onderste winkel van die sentrum was 'n Koffie winkel wat allerhande heerlike eetgoed verkoop het. Die reuk van vars gebak het swaar in die lug gehang. Voor die venster van die winkel het 'n klein maer seuntjie gestaan met sy neusie vas teen die venster gedruk, besig om al die heerlike eetgoed te bekyk.
Die vrou het hom dopgehou en gesien dat ten spyte van die ysige weer is die voetjies kaal, en die broekie is gelap maar net langs die lapwerk is dit deur geskif. Die hempie is dun gewas en die truitjie het duidelik alreeds jare se diens agter die rug.
Sy voel hoe haar hart in haar binneste ruk en sy klim uit en stap na die seuntjie toe. "Boetman, waar is jou skoene" vra sy. ''Tannie ek het nie skoene nie''. Sy neem hom aan die hand en stap een van die groot winkels binne en koop vir hom 'n volledige stel lekker warm klere, en 'n paar dik kouse en lekker warm skoene.
Na haar inkope neem sy hom weer aan die hand en stap die koffie winkel binne en bestel vir hom iets warms om te eet en drink. Hy het gesmul met die eetlus van 'n kind wat nie gewoond is aan sulke lekkernye nie. Toe hy klaar is kyk hy vir haar en vra ewe onskuldig: ''Tannie, wie is jy? Is jy God se vrou?''
''Nee,'' antwoord sy hom, ''ek is nie God se vrou nie maar ek is een van Sy kinders''.
''Ja,'' sê hy '' ek het geweet julle moet familie wees''.
Dinsdag 10 April 2018
WIE IS JY?
Teken in op:
Plaas opmerkings (Atom)
Johnny, die sak pakker
Johnny, die sak pakker by die kettingwinkel, het pas 'n kursus by die kerk bygewoon waarin hulle aangemoedig is om 'n verskil in die...

-
JOU CHRISTELIKE LEWENSBESKOUING AS BEELDDRAER VAN GOD As jy sê dat jy ‘nChristelike lewensbeskouing huldig, beteken dit dat jy alles beskou ...
-
GISTER IS VERBY EN MÔRE BESTAAN NOG NIE; MOENIE TE VEEL TYD DAAR SPANDEER NIE, DIT IS 'N MENSGEMAAKTE WÊRELD WAT NET IN JOU DENKE BESTAA...
-
Ek het grootgeword met die indruk dat die kerk teen alles is wat lekker is. Die kerk is téén sonde (jip, sonde kan lekker wees!), téén alle...
Geen opmerkings nie:
Plaas 'n opmerking