Maandag 09 April 2018
Hou aan,God het jou!
Hou aan, God het jou!
Galasiërs 6:9-10
9Kom ons hou aan om goed te doen. Dit is presies wat die Here wil hê. Dan sal ons op die regte tyd ons oes van Hom ontvang. 10Terwyl ons nog tyd oor het, moet ons elke geleentheid benut om goed te doen aan almal wat op ons pad kom, maar veral aan ons broers en susters in die Here. Hulle is ons bloedfamilie.
Dit gebeur met almal, dalk kry jy ‘n slegte punt vir ‘n toets waarvoor jy baie hard geswot het… dalk kry jy net geen dank vir die manier wat jy uithelp by die huis nie. Dis moeilik om aan te hou goed doen as ons nie die beloning daarvan raaksien nie.
Wanneer was die laaste keer wat jy net gevoel het jy wou net opgee? Sien niemand die goeie dinge raak wat jy doen nie? Paulus help ons om te verstaan dat selfs wanneer dit moeilik gaan moet ons steeds aanhou, want die beloning sal op die regte tyd kom.
Partykeer gaan die beloning nie noodwendig kom as prys of dank nie, maar om goed te doen bou dalk ons karakter, en dit maak ons mense wat aan die brand is vir Jesus.
Hou aan, God het jou!
Gebed: Here God, ek voel baie kere dat die goeie dinge wat ek doen niks help nie. Help my om te verstaan dat U my lief het en agter my staan sodat ek kan volhard.
Uitdaging: Probeer weer vandag om ʼn goeie ding te doen waarop jy onlangs opgegee het.
Teken in op:
Plaas opmerkings (Atom)
Johnny, die sak pakker
Johnny, die sak pakker by die kettingwinkel, het pas 'n kursus by die kerk bygewoon waarin hulle aangemoedig is om 'n verskil in die...
-
Jy is baie meer werd as wat jy vir jouself in die spieël vertel Jeremia 1:4-6 4Die Here het vir my gesê: 5“Ek ken jou van altyd af. Van vo...
-
DINK JY MEER VAN JOUSELF AS WAT JY MOET? Nadat jy in Graad 8 amptelik in die hoërskool is, voel die senior leerlinge in jou skool dalk dat j...
-
Ek belowe 'n blikkie Coke sal nooit weer net 'n blikkie Coke wees ná hierdie boodskap nie. Ek wens ons grootmense, ek ingesluit, kon...
Geen opmerkings nie:
Plaas 'n opmerking